Skrifture
Alma 6


Hoofstuk 6

Die Kerk in Zarahemla word gereinig en in orde gebring—Alma gaan na Gídeon om te preek. Ongeveer 83 v.C.

1 En nou, dit het gebeur dat nadat Alma ’n einde gemaak het om met die volk van die kerk te spreek, wat gevestig was in die stad Zarahemla, het hy priesters en aouderlinge bgeordineer, deur sy chande op te lê volgens die orde van God, om te presideer en te dwaak oor die kerk.

2 En dit het gebeur dat wie ook al nie aan die kerk behoort het nie wat bekeer het van hulle sondes, agedoop is tot bekering en opgeneem is in die kerk.

3 En dit het ook gebeur dat wie ook al behoort het aan die kerk wat nie abekeer het van hul boosheid en hulle voor God verootmoedig het nie—ek bedoel diegene wat verhef was in die bhoogmoed van hulle harte—hulle is verwerp, en hulle name is cuitgewis, sodat hulle name nie gereken was onder dié van die regverdiges nie.

4 En so het hulle begin om die orde te vestig van die kerk in die stad Zarahemla.

5 Nou wil ek hê dat julle moet verstaan dat die woord van God vry was aan almal, sodat niemand ontneem is van die voorreg om bymekaar te kom om die woord van God aan te hoor nie.

6 Nieteenstaande is die kinders van God beveel dat hulle dikwels bymekaar moes kom, en verenig in avas en kragtige gebed ten behoewe van die welsyn van die siele van diegene wat nie vir God geken het nie.

7 En nou, dit het gebeur dat toe Alma hierdie verordeninge gemaak het, het hy vertrek van hulle, ja, van die kerk wat in die stad Zarahemla was, en het oorgegaan na die oostekant van die Sidon-rivier, in die avallei van Gídeon, en daar was ’n stad gebou, wat die stad Gídeon genoem is, wat in die vallei was wat Gídeon genoem is, wat genoem is na die man wat bgedood is deur die hand van Nehor met die swaard.

8 En Alma het gegaan en begin om die woord van God te verkondig aan die kerk wat gevestig was in die vallei van Gídeon, volgens die openbaring van die waarheid van die woord wat gespreek is deur sy vaders, en volgens die gees van profesie wat in hom was, volgens die agetuienis van Jesus Christus, die Seun van God, wat sou kom om sy volk te verlos van hulle sonde, en die heilige orde waarvolgens hy geroep is. En so is dit geskryf. Amen.