Skrifture
Alma 33


Hoofstuk 33

Zenos het geleer dat mense moet bid en aanbid in alle plekke, en dat oordele weggekeer word vanweë die Seun—Zenok het geleer dat barmhartigheid verleen word vanweë die Seun—Moses het in die wildernis ’n voorafskaduwing opgehef van die Seun van God. Ongeveer 74 v.C.

1 Nou, nadat Alma hierdie woorde gespreek het, het hulle uitgestuur na hom en was begerig om te weet of hulle moes glo in aeen God, sodat hulle hierdie vrug kon verkry waarvan hy gespreek het, of hoe hulle die bsaad moes plant, of die woord waarvan hy gespreek het, wat hy gesê het geplant moes word in hulle harte; of op watter wyse hulle moes begin om hul geloof te beoefen.

2 En Alma het aan hulle gesê: Kyk, julle het gesê dat julle nie julle God kon aaanbid nie omdat julle uitgewerp is uit julle sinagoges. Maar kyk, ek sê vir julle, as julle veronderstel dat julle God nie kan aanbid nie, dwaal julle grootliks, en julle behoort die bskrifture te ondersoek; as julle veronderstel dat hulle vir julle dit geleer het, verstaan julle hulle nie.

3 Onthou julle dat julle gelees het wat aZenos, die profeet van ouds, gesê het aangaande gebed of baanbidding?

4 Want hy het gesê: U is barmhartig, o God, want U het my gebed gehoor, en selfs toe ek in die wildernis was; ja, U was barmhartig toe ek gebid het vir diegene wat my avyande was, en U het hulle na my toe gekeer.

5 Ja, o God, en U was barmhartig jeens my toe ek tot U geroep het in my alandery; toe ek tot U geroep het in my gebed, en U het my gehoor.

6 En verder, o God, toe ek teruggekeer het na my huis, het U my gehoor in my gebed.

7 En toe ek na my abinnekamer gegaan het, o Here, en tot U gebid het, het U my gehoor.

8 Ja, U is barmhartig jeens u kinders wanneer hulle roep tot U, om deur U gehoor te word en nie deur mense nie, en U sal hulle hoor.

9 Ja, o God, U was barmhartig jeens my, en het my geroep gehoor te midde van u gemeentes.

10 Ja, en U het my ook gehoor toe ek auitgewerp was en verag is deur my vyande; ja, U het my geroep gehoor, en was kwaad vir my vyande, en U het hulle besoek in u toorn met spoedige vernietiging.

11 En U het my gehoor vanweë my verdrukkinge en my opregtheid; en dit is vanweë u Seun dat U so barmhartig was jeens my, daarom sal ek tot U roep in al my verdrukkinge, want in U is my vreugde; want U het u oordele afgewend van my af, vanweë u Seun.

12 En nou het Alma aan hulle gesê: Glo julle daardie askrifture wat geskryf is deur hulle van ouds?

13 Kyk, as julle glo, moet julle glo wat aZenos gesê het; want kyk, hy het gesê: U het u oordele afgewend vanweë u Seun.

14 Nou kyk, my broers, ek wil vra of julle die skrifture gelees het? As julle het, hoe kan julle nie in die Seun van God glo nie?

15 Want dit is anie geskryf dat bZenos alleen gespreek het van hierdie dinge nie, maar Zenok het ook gespreek van hierdie dinge—

16 Want kyk, hy het gesê: U is vertoornd, o Here, met hierdie volk, omdat hulle nie u barmhartighede wil begryp wat U toebedeel het aan hulle vanweë u Seun nie.

17 En nou, my broers, julle sien dat ’n tweede profeet van ouds getuig het van die Seun van God, en omdat die volk nie sy woorde wou verstaan nie, het hulle hom agestenig tot die dood toe.

18 Maar kyk, dit is nie al nie; hierdie is nie die enigstes wat gespreek het aangaande die Seun van God nie.

19 Kyk, van Hom is gespreek deur aMoses; ja, en kyk ’n bvoorafskaduwing is in die wildernis copgehef, sodat wie ook al wat daarna kyk, mag lewe. En baie het gekyk en gelewe.

20 Maar min het die betekenis van daardie dinge verstaan, en dit vanweë die hardheid van hulle harte. Maar daar was baie wat só verhard was dat hulle nie wou kyk nie, daarom het hulle omgekom. Nou, die rede waarom hulle nie wou kyk nie, is omdat hulle nie geglo het dat dit hulle sou agenees nie.

21 O my broers, as julle genees kon word deur bloot met julle oë rond te kyk sodat julle genees mag word, sou julle nie gou kyk nie, of sou julle eerder julle harte verhard in ongeloof, en traag wees dat julle nie met julle oë sal rondkyk nie, sodat julle mag omkom?

22 As dit so is, sal ellende oor julle kom; maar as dit nie so is nie, kyk dan rond met julle oë en abegin om te glo in die Seun van God, dat Hy sal kom om sy volk te verlos, en dat Hy sal ly en sterwe, om bversoening te doen vir hulle sondes; en dat Hy weer sal copstaan uit die dood, wat die dopstanding sal teweegbring dat alle mense voor Hom sal staan om geoordeel te word op die laaste en oordeelsdag, volgens hulle ewerke.

23 En nou, my broers, ek wil hê dat julle hierdie woord in julle harte sal aplant, en wanneer dit begin om te swel, versorg dit net so deur julle geloof. En kyk, dit sal ’n boom word, wat bopskiet in julle tot die ewigdurende lewe. En dan mag God aan julle gun dat julle claste lig mag wees, deur die vreugde van sy Seun. En inderdaad kan julle dit alles doen as julle wil. Amen.