Skrifture
Alma 60


Hoofstuk 60

Moroni kla teenoor Pahoran aangaande die regering se verwaarlosing van die leërs—Die Here laat die regverdiges toe om gedood te word—Die Nefiete moet al hulle krag en middele gebruik om hulleself te verlos van hul vyande—Moroni dreig om teen die regering te veg tensy hulp aan sy leërs voorsien word. Ongeveer 62 v.C.

1 En dit het gebeur dat hy weer aan die goewerneur van die land geskryf het, wat Pahoran was, en dit is die woorde wat hy geskryf, en gesê het: Kyk, ek rig my brief aan Pahoran, in die stad Zarahemla, wat die ahoofregter en die goewerneur is oor die land, en ook aan al diegene wat gekies is deur hierdie volk om te regeer en die sake van hierdie oorlog te beheer en te bestuur.

2 Want kyk, ek het ietwat te sê vir hulle by wyse van veroordeling; want kyk, julle weet self dat julle aangestel is om manne bymekaar te maak, en om hulle te bewapen met swaarde, en met sabels, en met allerlei wapens van oorlog van elke soort, en uit te stuur teen die Lamaniete, in welke dele hulle ook al in ons land mag binnekom.

3 En nou, kyk, ek sê vir julle dat ek, en ook my manne, en ook Helaman en sy manne, uitermate groot lyding verduur het; ja, en wel honger, dors, en uitputting, en allerlei verdrukkinge van elke soort.

4 Maar kyk, as dit al was wat ons gely het sou ons nie murmureer nie nóg kla.

5 Maar kyk, groot was die slagting onder ons volk, ja, duisende het geval deur die swaard, terwyl dit anders mag gewees het as julle voldoende versterkings en bystand en krag verleen het aan ons leërs. Ja, groot was julle versuim teenoor ons.

6 En nou, kyk, ons begeer om te weet wat die rede is vir hierdie uitermate groot versuim; ja, ons begeer om te weet wat die rede is van julle onbedagsame toestand.

7 Kan julle dink om op julle trone te sit in ’n toestand van onbedagsame versuftheid, terwyl julle vyande die werk van die dood versprei rondom julle? Ja, terwyl hulle duisende van julle broers vermoor—

8 Ja, naamlik hulle wat opgesien het na julle om beskerming, ja, het julle in ’n posisie geplaas dat julle hulle mag bygestaan het, ja, julle mag leërs na hulle gestuur het om hulle te versterk, en het duisende van hulle gered om deur die swaard te val.

9 Maar kyk, dit is nie al nie—julle het jul voorrade weerhou van hulle, in soverre dat baie geveg en hulle lewens weggebloei het vanweë hul groot begeertes wat hulle gehad het vir die welsyn van hierdie volk; ja, en dit het hulle gedoen toe hulle op die punt was om te avergaan van honger, vanweë julle uitermate groot verwaarlosing van hulle.

10 En nou, my geliefde broers—want julle behoort geliefd te wees; ja, julle behoort julleself meer getrou te beywer het vir die welsyn en die vryheid van hierdie volk; maar kyk, julle het hulle verwaarloos in soverre dat die bloed van duisende op julle hoofde sal kom om wraak; ja, want aan God was al hulle krete bekend, en al hulle lyding—

11 Kyk, kon julle veronderstel dat julle op jul trone kon sit, en vanweë die buitengewone goedheid van God hoef julle niks te doen nie, en Hy sou julle verlos? Kyk, as julle dit gedink het, het julle dit tevergeefs gedink.

12 aVeronderstel julle dat, omdat soveel van julle broers gedood is dat dit as gevolg van hulle boosheid is? Ek sê vir julle, dat as julle dit gedink het, het julle tevergeefs gedink; want ek sê vir julle, daar is baie wat geval het deur die swaard; en kyk, dit is tot julle veroordeling;

13 Want die Here laat die aregverdiges toe om gedood te word sodat sy geregtigheid en oordeel oor die bose mag kom; daarom moet julle nie dink dat die regverdiges verlore is omdat hulle gedood word nie; maar kyk, hulle gaan die rus van die Here hulle God binne.

14 En nou kyk, ek sê vir julle, ek vrees uitermate dat die oordele van God oor hierdie volk sal kom, vanweë hulle uitermate traagheid, ja, en wel die traagheid van ons regering, en hulle uitermate groot verwaarlosing van hulle broers, ja, teenoor diegene wat gedood is.

15 Want as dit nie was vir die aboosheid wat eers by ons hoofde begin het nie, kon ons ons vyande weerstaan het dat hulle geen mag oor ons kon verkry het nie.

16 Ja, as dit nie was vir die aoorlog wat uitgebreek het onder onsself nie; ja, was dit nie vir hierdie bkoningsmanne, wat soveel bloedvergieting veroorsaak het onder ons nie; ja, in die tyd toe ons geveg het onder mekaar, as ons ons krag verenig het soos ons voorheen gedoen het; ja, as dit nie was vir die begeerte vir mag en gesag wat daardie koningsmanne oor ons gehad het nie; as hulle trou was aan die saak van ons vryheid, en met ons verenig het, en uitgegaan het teen ons vyande, in plaas van hul swaarde op te geneem het teen ons, wat die oorsaak was van soveel bloedvergieting onder onsself; ja, as ons uitgegaan het teen hulle in die sterkte van die Here, sou ons ons vyande verdryf het, want dit sou gedoen gewees het, volgens die vervulling van sy woord.

17 Maar kyk, nou kom die Lamaniete op ons af, en neem besit van ons lande, en hulle vermoor ons volk met die swaard, ja, ons vroue en ons kinders, en voer hulle ook weg as gevangenes, en laat hulle allerlei verdrukkinge ly, en dit vanweë die groot boosheid van diegene wat soek na mag en gesag, ja, en wel daardie koningsmanne.

18 Maar waarom moet ek veel sê aangaande hierdie saak? Want ons weet nie of julle self soek na gesag nie. Ons weet nie of julle nie dalk ook verraaiers van julle land is nie.

19 Of is dit dat julle ons verwaarloos het omdat julle in die hart van ons land is en julle omring is deur beskerming, dat julle nie kos na ons laat stuur nie, en ook manne om ons leërs te versterk nie?

20 Het julle die gebooie van die Here julle God vergeet? Ja, het julle die slawerny van ons vaders vergeet? Het julle die baie kere wat ons verlos is uit die hande van ons vyande vergeet?

21 Of veronderstel julle dat die Here ons nog steeds sal verlos, terwyl ons sit op ons trone, en nie gebruik maak van die middele wat die Here vir ons voorsien het nie?

22 Ja, sal julle in ledigheid sit terwyl julle omring word deur duisende van diegene, ja, en tienduisende, wat ook in ledigheid sit, terwyl daar duisende rondom op die grense van die land is wat val deur die swaard, ja, gewond en bloeiend.

23 Veronderstel julle dat God julle sal beskou as onskuldig terwyl julle stilsit en hierdie dinge aanskou? Kyk, ek sê vir julle, Nee. Nou wil ek hê dat julle moet onthou dat God gesê het dat die abinnekant van die vat eers gereinig sal word, en dan sal die buitekant ook gereinig word.

24 En nou, tensy julle bekeer van dit wat julle gedoen het, en begin om op te staan en te werk, en voedsel en manne aan ons te stuur, en ook aan Helaman, sodat hy daardie dele van ons land mag ondersteun wat hy herower het, en sodat ons ook die res van ons besittings kan terugwen in hierdie dele, kyk, dit sal raadsaam wees dat ons nie langer teen die Lamaniete veg totdat ons eers die binnekant van ons vat gereinig het nie, ja, en wel die groot hoof van ons regering.

25 En tensy julle my brief gun, en uitkom en aan my ’n ware agees van vryheid toon, en streef om ons leërs te versterk en te fortifiseer, en aan hulle voedsel vir hulle steun gun, kyk, ek sal ’n gedeelte van my vrymanne laat om hierdie deel van ons land te behou, en ek sal die sterkte en die seëninge van God op hulle laat, sodat geen ander mag teen hulle kan werk nie—

26 En dit vanweë hul uitnemende geloof, en hulle geduld in hul beproewinge—

27 En ek sal na julle kom, en as daar enigeen onder julle is wat ’n begeerte het vir vryheid, ja, as daar selfs ’n vonk van vryheid oorbly, kyk, ek sal rebellies onder julle opstook, totdat selfs diegene wat begeertes het om mag en gesag toe te eien, uitgewis sal wees.

28 Ja, kyk, ek vrees nie julle mag nóg julle gesag, maar dit is my aGod wat ek vrees; en dit is ooreenkomstig sy gebooie wat ek my swaard opneem om die saak van my land te verdedig, en dit is vanweë julle ongeregtigheid dat ons soveel verlies gely het.

29 Kyk dit is tyd, ja, die tyd is nou op hande, dat tensy julle julself haas ter verdediging van julle land, en julle kindertjies, hang die aswaard van geregtigheid oor julle; ja, en dit sal op julle val, en julle besoek en wel tot julle volkome vernietiging.

30 Kyk, ek wag op hulp van julle; en, tensy julle aan ons behoeftes voorsien, kyk, ek kom na julle, selfs in die land Zarahemla, en tref julle met die swaard, in soverre dat julle geen mag meer kan hê om die vooruitgang van hierdie volk te belemmer in die saak van ons vryheid nie.

31 Want kyk, die Here sal nie toelaat dat julle sal lewe en erger word in julle ongeregtighede ter vernietiging van sy regverdige volk nie.

32 Kyk, kan julle veronderstel dat die Here julle sal spaar en uitkom in oordeel teen die Lamaniete, terwyl dit die oorlewering van hul vaders is wat hul haat veroorsaak het, ja, en dit is vererger deur diegene wat van ons afvallig geword het, terwyl júlle ongeregtigheid is as gevolg van julle liefde vir roem en die ydele dinge van die wêreld?

33 Julle weet dat julle die wette van God oortree, en julle weet dat julle hulle onder jul voete vertrap. Kyk, die Here sê vir my: As diegene wat julle aangestel het as julle goewerneurs nie bekeer van hulle sondes en ongeregtighede nie, sal julle opgaan in die stryd teen hulle.

34 En nou kyk, ek, Moroni, word gedwing, volgens die verbond wat ek gesluit het om die gebooie van my God te onderhou; daarom wil ek hê dat julle moet gehoorsaam wees aan die woord van God, en spoedig vir my van julle voorrade en van julle manne stuur, en ook aan Helaman.

35 En kyk, as julle dit nie sal doen nie, kom ek spoedig na julle; want kyk, God sal nie toelaat dat ons moet omkom van die honger nie; daarom sal Hy vir ons van julle voedsel gee, al moet dit deur die swaard wees. Nou, sien dat julle die woord van God vervul.

36 Kyk, ek is Moroni, julle hoofkaptein. Ek asoek nie na mag nie, maar om dit te beëindig. Ek soek nie na die eer van die wêreld nie, maar vir die heerlikheid van my God, en die vryheid en welsyn van my land. En so sluit ek my brief af.