Skrifture
Alma 9


Die woorde van Alma, en ook die woorde van Amulek, wat verkondig is aan die volk wat in die land Ammoniha was. En hulle is ook in die gevangenis gewerp, en verlos deur die wonderbaarlike krag van God wat in hulle was, volgens die verslag van Alma.

Dit behels hoofstukke 9 tot 14.

Hoofstuk 9

Alma beveel die volk van Ammoniha om te bekeer—Die Here sal barmhartig wees teenoor die Lamaniete in die laaste dae—As die Nefiete die lig verwerp, sal hulle vernietig word deur die Lamaniete—Die Seun van God sal spoedig kom—Hy sal diegene verlos wat bekeer, gedoop word, en geloof het in sy naam. Ongeveer 82 v.C.

1 En verder, ek, Alma, omdat ek beveel is deur God dat ek Amulek moes neem en uitgaan en weer vir die mense preek, of, die mense wat in die stad Ammoniha was, dit het gebeur dat toe ek begin om vir hulle te preek, het hulle begin om met my te stry, en gesê:

2 Wie is jy? Veronderstel jy dat ons die getuienis van aeen man sal glo, al sou hy vir ons preek dat die aarde sal verbygaan?

3 Nou het hulle nie die woorde verstaan wat hulle gespreek het nie; want hulle het nie geweet dat die aarde sou verbygaan nie.

4 En hulle het ook gesê: Ons sal nie jou woorde glo as jy sou profeteer dat hierdie groot stad vernietig sou word in aeen dag nie.

5 Nou het hulle nie geweet dat God sulke wonderlike werke kon doen nie, want hulle was ’n hardvogtige en ’n hardnekkige volk.

6 En hulle het gesê: aWie is God, wat bnie meer gesag stuur as een man onder die volk, om aan hulle die waarheid te verkondig van sulke groot en wonderbaarlike dinge nie?

7 En hulle het na vore gekom om die hande op my te lê; maar kyk, hulle het nie. En ek het moediglik gestaan om aan hulle te verkondig, ja, ek het moedig getuig aan hulle, en gesê:

8 Kyk, o julle goddelose en wederstrewige ageslag, hoe het julle die oorlewering van julle vaders vergeet; ja, hoe gou het julle die gebooie van God vergeet!

9 Onthou julle nie dat ons vader, Lehi, uit Jerusalem gebring is deur die ahand van God nie? Onthou julle nie dat hulle almal deur Hom gelei is deur die wildernis nie?

10 En het julle so gou vergeet hoeveel keer Hy ons vaders verlos het uit die hande van hulle vyande, en hulle bewaar het van vernietiging, en wel deur die hande van hulle eie broers?

11 Ja, en as dit nie was vir sy ongeëwenaarde krag, en sy barmhartigheid, en sy lankmoedigheid teenoor ons nie, sou ons onvermydelik afgesny gewees het van die aangesig van die aarde lank voor hierdie tydperk, en miskien toegewys word tot ’n toestand van aeindelose ellende en wee.

12 Kyk, nou sê ek aan julle dat Hy julle gebied om te bekeer; en tensy julle bekeer, kan julle geensins die koninkryk van God beërwe nie. Maar kyk, dit is nie al nie—Hy het julle gebied om te bekeer, of Hy sal julle heeltemal avernietig vanaf die aangesig van die aarde; ja, Hy sal julle besoek in sy toorn, en in sy bvurige toorn sal Hy nie wegdraai nie.

13 Kyk, onthou julle nie die woorde wat Hy met Lehi gespreek het nie, en gesê het dat: aIn soverre julle my gebooie sal onderhou, sal julle in die land voorspoedig wees? En verder word gesê dat: In soverre julle nie my gebooie wil onderhou nie, sal julle afgesny word van die teenwoordigheid van die Here.

14 Nou wil ek hê julle moet onthou, dat in soverre die Lamaniete nie die gebooie van God onderhou het nie, is hulle aafgesny van die teenwoordigheid van die Here. Nou sien ons dat die woord van die Here bewaarheid is aangaande hierdie ding, en dat die Lamaniete van sy teenwoordigheid afgesny is, vanaf die begin van hulle oortredinge in die land.

15 Nogtans sê ek aan julle, dat dit vir hulle adraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir julle, as julle in julle sondes bly, ja, en selfs draagliker vir hulle in hierdie lewe as vir julle, tensy julle bekeer.

16 Want daar is baie beloftes wat aan die Lamaniete aaangebied word; want dit is vanweë die boorleweringe van hulle vaders wat veroorsaak het dat hulle in hul toestand van conkunde gebly het; daarom sal die Here barmhartig wees teenoor hulle en hulle voortbestaan in die land dverleng.

17 En op een of ander tydstip sal hulle daartoe agebring word om te glo in sy woord, en om te weet van die onjuistheid van die oorleweringe van hulle vaders; en baie van hulle sal gered word, want die Here sal barmhartig wees teenoor almal wat sy Naam baanroep.

18 Maar kyk, ek sê vir julle dat as julle volhard in julle boosheid, dat julle dae nie verleng sal word in die land nie, want die aLamaniete sal afgestuur word op julle; en as julle nie bekeer nie sal hulle kom in ’n tyd wanneer julle nie daarvan weet nie, en julle sal besoek word met balgehele vernietiging; en dit sal wees volgens die vurige ctoorn van die Here.

19 Want Hy sal julle nie toelaat dat julle in jul ongeregtighede lewe om sy volk te vernietig nie. Ek sê vir julle, Nee; hy sal eerder toelaat dat die Lamaniete sy hele volk mag avernietig wat genoem word die volk van Nefi, as dit moontlik was dat hulle kon bverval in sondes en oortredinge, nadat soveel lig en soveel kennis aan hulle gegee is deur die Here hulle God;

20 Ja, en nadat hulle so ’n hoogsbegunstigde volk van die Here was, ja, nadat hulle begunstig is bo elke ander nasie, stam, taal of volk; nadat alle dinge aan hulle abekend gemaak is, volgens hulle begeertes, en hulle geloof, en gebede, betreffende dit wat was en wat is, en wat moet kom;

21 Nadat hulle besoek is deur die Gees van God; nadat hulle met engele gespreek het, nadat die stem van die Here met hulle gespreek het; nadat hulle die gees van profesie gehad het, en die gees van openbaring, en ook baie gawes, die gawe om in tonge te spreek, en die gawe van prediking, en die gawe van die Heilige Gees, en die gawe van avertaling;

22 Ja, en nadat hulle abevry is deur God uit die land Jerusalem, deur die hand van die Here; nadat hulle gered is van hongersnood, en van siekte, en van allerhande krankhede van alle soorte; en nadat hulle sterk geword het in oorlogvoering, sodat hulle nie vernietig mag word nie; nadat hulle keer op keer gebring is uit bslawerny, en nadat hulle behou en bewaar is tot nou toe; en hulle was voorspoedig gemaak totdat hulle ryk is aan allerhande dinge—

23 En nou kyk, ek sê vir julle, dat as hierdie volk, wat soveel seëninge ontvang het uit die hand van die Here, sou oortree teen die lig en die kennis wat hulle het, ek sê vir julle dat as dit die geval is, dat as hulle in oortreding verval, sou dit baie adraagliker vir die Lamaniete wees as vir hulle.

24 Want kyk, die abeloftes van die Here word aan die Lamaniete aangebied, maar hulle is nie aan julle as julle oortree nie; want het die Here nie duidelik belowe en onwrikbaar beveel dat as julle teen Hom rebelleer dat julle heeltemal uitgeroei sal word vanaf die aangesig van die aarde nie?

25 En nou om hierdie rede, dat julle nie vernietig mag word nie, het die Here sy engel gestuur om baie van sy volk te besoek, en aan hulle verklaar dat hulle moet uitgaan en kragtig moet uitroep tot hierdie volk, en gesê: aBekeer julle, want die koninkryk van die hemel is byna op hande;

26 En anie baie dae vanaf hierdie tyd nie sal die Seun van God in sy heerlikheid kom, en sy heerlikheid sal wees die heerlikheid van die bEniggebore van die Vader, vol van cgenade, billikheid en waarheid, vol van geduld, dbarmhartigheid en lankmoedigheid, gou om te eluister na die geroep van sy volk en om hulle gebede te verhoor.

27 En kyk, Hy kom om diegene te averlos wat bgedoop sal word tot bekering, deur geloof in sy Naam.

28 Daarom, berei julle die weg van die Here, want die tyd is op hande dat alle mense ’n beloning sal maai vir hulle awerke, volgens dit wat hulle was—as hulle regverdig was, sal hulle die heil van hulle siele bmaai, volgens die krag en die bevryding van Jesus Christus; en as hulle boos was, sal hulle die cverdoemenis maai van hulle siele, volgens die krag en die slawerny van die duiwel.

29 Nou, kyk, dit is die stem van die engel, wat tot die volk uitroep.

30 En nou, my ageliefde broers, want julle is my broers, en julle behoort geliefd te wees, en julle behoort die werke voort te bring wat by bekering pas, aangesien julle harte tot ’n hoë mate verhard is teen die woord van God, en aangesien julle ’n bverlore en ’n gevalle volk is.

31 Nou het dit gebeur dat toe ek, Alma, hierdie woorde gespreek het, kyk, die volk was vertoornd met my omdat ek aan hulle gesê het dat hulle hard van hart en ’n ahardnekkige volk was.

32 En ook omdat ek aan hulle gesê het dat hulle ’n verlore en gevalle volk was, was hulle vir my kwaad, en het gesoek om hul hande op my te lê, sodat hulle my in die gevangenis kon werp.

33 Maar dit het gebeur dat die Here hulle nie toegelaat het dat hulle my moes neem op daardie tydstip en my in die gevangenis werp nie.

34 En dit het gebeur dat Amulek uitgegaan en gaan staan het, en ook vir hulle begin preek het. En nou is die awoorde van Amulek nie almal geskrywe nie, nogtans is ’n gedeelte van sy woorde geskrywe in hierdie boek.