Skrifture
Moroni 8


Hoofstuk 8

Die doop van klein kindertjies is ’n bose gruwel—Klein kindertjies is lewend in Christus vanweë die Versoening—Geloof, bekering, sagmoedigheid en nederigheid van hart, ontvangs van die Heilige Gees, en volharding tot die einde toe, lei na heil. Ongeveer 401–421 n.C.

1 ’n Brief van my avader Mormon, geskryf aan my, Moroni; en dit is geskryf aan my kort na my roeping tot die bediening. En op hierdie wyse het hy aan my geskryf, en gesê:

2 My geliefde seun, Moroni, ek jubel uitermate dat jou Here Jesus Christus aan jou gedink het, en jou geroep het tot sy bediening, en tot sy heilige werk.

3 Ek dink gedurig aan jou in my gebede, en ek bid gedurig tot God die Vader in die Naam van sy Heilige Kind, Jesus, dat Hy, deur sy eindelose agoedheid en bgenade, jou sal bewaar deur die volharding van geloof in sy Naam tot die einde toe.

4 En nou, my seun, ek spreek met jou aangaande dit wat my uitermate bedroef; want dit bedroef my dat daar atwiste sal ontstaan onder julle.

5 Want, as ek die waarheid geleer het, was daar twiste onder julle aangaande die doop van julle klein kindertjies.

6 En nou, my seun, ek wil hê dat julle ywerig moet werk, dat hierdie groot fout uitgewis moet word onder julle; want om hierdie rede het ek hierdie brief geskrywe.

7 Want onmiddellik nadat ek hierdie dinge van julle geleer het, het ek by die Here verneem aangaande die saak. En die awoord van die Here het tot my gekom deur die mag van die Heilige Gees, en gesê:

8 Slaan ag op die woorde van Christus, julle Verlosser, julle Here en jul God. Kyk, Ek het in die wêreld ingekom, nie om die regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering; die agesondes benodig geen geneesheer nie, maar hulle wat siek is; daarom, klein bkindertjies is crein, want hulle is nie in staat om dsonde te pleeg nie; daarom word die vloek van eAdam weggeneem van hulle in My, dat dit geen mag het oor hulle nie; en die wet van die fbesnydenis is weggedoen in My.

9 En volgens hierdie wyse het die Heilige Gees die woord van God aan my geopenbaar; daarom, my geliefde seun, ek weet dat dit ’n ernstige bespotting voor God is dat julle klein kindertjies sou doop.

10 Kyk, ek sê vir julle dat julle hierdie ding sal leer—bekering en doop aan diegene wat atoerekenbaar en in staat is om sonde te pleeg; ja, leer ouers dat hulle moet bekeer en gedoop word, en hulleself verootmoedig soos hulle klein bkindertjies, en hulle sal almal gered word saam met hulle klein kindertjies.

11 En hulle klein akindertjies het geen bekering nodig nie, nóg die doop. Kyk, die doop is tot bekering ter vervulling van die gebooie tot die bvergifnis van sondes.

12 Maar klein akindertjies is lewend in Christus, vanaf die grondlegging van die wêreld; as dit nie so is nie, is God ’n partydige God, en ook ’n veranderlike God, en ’n baannemer van persone; want hoeveel klein kindertjies het gesterwe sonder die doop!

13 Daarom, as klein kindertjies nie gered kon word sonder die doop nie, moes diesulkes gegaan het na ’n eindelose hel.

14 Kyk, ek sê vir julle, dat hy wat veronderstel dat klein kindertjies die doop nodig het, is in die gal van bitterheid en in die bande van ongeregtigheid, want hy het nóg ageloof, hoop, nóg naasteliefde; daarom, as hy afgesny sou word met dit in sy gedagtes, moet hy afgaan na die hel.

15 Want vreeslik is die ongeregtigheid om te veronderstel dat God een kind red vanweë die doop, en dat die ander moet vergaan omdat hy nie gedoop is nie.

16 Wee hulle wat die weë van die Here sal verdraai volgens hierdie wyse, want hulle sal vergaan tensy hulle bekeer. Kyk, ek spreek met vrymoedigheid, omdat ek agesag het van God; en ek vrees nie wat die mens kan doen nie; want volmaakte bliefde cdryf alle vrees uit.

17 En ek is vervul met anaasteliefde, wat ewigdurende liefde is; daarom, alle kinders is vir my dieselfde; daarom, ek is lief vir klein bkindertjies met ’n volmaakte liefde; en hulle is almal dieselfde en deelgenote aan heil.

18 Want ek weet dat God nie ’n partydige God is nie, nóg ’n veranderlike Wese; maar Hy is aonveranderlik van balle ewigheid tot alle ewigheid.

19 Klein akindertjies kan nie bekeer nie; daarom, dit is vreeslike boosheid om die suiwere barmhartighede van God aan hulle te weier, want hulle is almal lewend in Hom vanweë sy bbarmhartigheid.

20 En hy wat sê dat klein kindertjies die doop nodig het, loën die barmhartighede van Christus, en ag die aversoening van Hom en die krag van sy verlossing as nietig.

21 Wee diesulkes, want hulle is in gevaar van die dood, ahel, en ’n beindelose pyniging. Ek spreek dit met vrymoedigheid; God het my gebied. Luister na hulle en slaan ag, of hulle staan teen julle by die cregterstoel van Christus.

22 Want kyk, alle klein kindertjies is alewend in Christus, en ook hulle wat sonder die bwet is. Want die krag van cverlossing kom oor hulle almal wat geen wet het nie; daarom, hy wat nie veroordeel is nie, of hy wat onder geen veroordeling staan nie, kan nie bekeer nie; en vir diesulkes baat die doop niks—

23 Maar dit is ’n bespotting voor God, en loën die barmhartighede van Christus, en die krag van sy Heilige Gees, en plaas vertroue in adooie werke.

24 Kyk, my seun, hierdie ding behoort nie te wees nie; want abekering is vir hulle wat onder veroordeling staan en onder die vloek van ’n gebroke wet.

25 En die eerstevrugte van abekering is die bdoop; en die doop kom deur geloof ter vervulling van die gebooie; en die vervulling van die gebooie bring cvergifnis van sondes;

26 En die vergifnis van sondes bring asagmoedigheid, en nederigheid van hart; en vanweë die sagmoedigheid en nederigheid van hart kom die besoeking van die bHeilige Gees, welke cVertrooster vervul met dhoop en volmaakte eliefde, welke liefde volhard deur fywer in die ggebed, totdat die einde sal kom, wanneer al die hheiliges by God sal woon.

27 Kyk, my seun, ek sal weer vir jou skryf as ek nie gou teen die Lamaniete optrek nie. Kyk, die ahoogmoed van hierdie nasie, of die volk van die Nefiete, het geblyk hulle ondergang te wees, tensy hulle sou bekeer.

28 Bid vir hulle, my seun, dat bekering tot hulle mag kom. Maar kyk, ek vrees dat die Gees opgehou het om met hulle te awerk; en in hierdie deel van die land soek hulle ook om alle mag en gesag wat van God af kom omver te werp; en hulle bloën die Heilige Gees.

29 En nadat hulle so ’n groot kennis verwerp het, my seun, moet hulle gou vergaan, ter vervulling van die profesieë wat gespreek is deur die profete, sowel as die woorde van ons Saligmaker self.

30 Vaarwel, my seun, totdat ek weer vir jou sal skrywe, of jou weer sal ontmoet. Amen.