Studiehulp
8. John Johnson-huis


8. John Johnson-huis

Beeld
foto 8

Die huis van John en Alice Johnson was geleë in Hiram, Ohio. Hierdie kamer is op die tweede verdieping.

Betekenisvolle Gebeure: Die Profeet Joseph Smith en sy vrou, Emma, het in hierdie huis gewoon. Joseph en Sidney Rigdon het op 16 Februarie 1832 die wonderbaarlike visioen van die drie grade van heerlikheid ontvang in die teenwoordigheid van verskeie ander mense (L&V 76). Die Profeet Joseph Smith het ook aan die Joseph Smith-vertaling van die Bybel (JSV) in hierdie huis gewerk. Gedurende die nag van 24 Maart 1832, terwyl Joseph en Emma daar woonagtig was, het ’n bende afvalliges en anti-Mormone Joseph en Sidney erg geslaan en geteer en veer.