Studiehulp
5. Susquehanna-rivier


5. Susquehanna-rivier

Beeld
foto 5

Hierdie foto toon die Susquehanna-rivier in Harmony-woongebied, Pennsilvanië.

Betekenisvolle Gebeure: Joseph Smith Jr. het die eerste keer na Harmony gekom in 1825 om werk te soek. Hy en sy vader het hier naby geloseer in die huis van Isaac Hale, waar Joseph Emma Hale, sy toekomstige vrou, ontmoet het (JS—G 1:56–57). Joseph en Emma is op 18 Januarie 1827 getroud. Die Profeet het die goue plate op 22 September 1827 ontvang te Manchester, New York, en kort daarna het hy en Emma na Harmony verhuis waar hy begin het om die plate te vertaal. Gedurende die vertaling van die Boek van Mormon wou Joseph en Oliver Cowdery meer te wete kom aangaande die doop. Hulle het na ’n plek in die woud hier naby gestap om tot die Here te bid aangaande dié onderwerp. In antwoord op hierdie gebed het Johannes die Doper verskyn op 15 Mei 1829 (JS—G 1:66–74; L&V 13). Hy het die Aäroniese Priesterskap aan Joseph en Oliver toegeken. Hulle het toe na die rivier gegaan en mekaar gedoop vir die vergifnis van sondes. Joseph en Oliver is toe deur Johannes die Doper aangesê om mekaar tot die Aäroniese Priesterskap te ordineer. Kort daarna het Petrus, Jakobus en Johannes iewers tussen Harmony en Colesville verskyn en die Melgisédekse Priesterskap aan hulle toegeken (L&V 27:12–13; 128:20).