Studiehulp
13. Mansion-huis in Nauvoo


13. Mansion-huis in Nauvoo

Beeld
foto 13

Joseph Smith Jr. en sy gesin het in die Mansion-huis in Nauvoo ingetrek in Augustus 1843. Later is ’n vleuel aan die oostekant van die hoofstruktuur bygevoeg vir ’n totaal van 22 kamers. Beginnende in Januarie 1844 het Ebenezer Robinson die huis as ’n hotel bestuur en die Profeet het ses kamers gebruik vir sy gesin. Die huis het gedien as ’n sosiale sentrum in die Nauvoo-gemeenskap. Belangrike hoogwaardigheidsbekleërs is hier deur die Profeet ontvang.

Betekenisvolle Gebeure: Op 27 Junie 1844 is die Profeet Joseph en sy Broer Hyrum geskiet en gedood in Carthage, Illinois, en hul liggame is na hierdie huis gebring om in staatsie te lê voor die begrafnis. Hulle is in ’n klein familiebegraafplaas begrawe net oorkant Main-straat, wes van die ou houthuis waarin Joseph gewoon het toe hy die eerste keer na Nauvoo gekom het. Emma Smith het in die Mansion-huis gewoon tot 1871. Toe het sy verhuis na die Nauvoo-huis waar sy in 1879 oorlede is.