Studiehulp
18. Salt Lake-tempel


18. Salt Lake-tempel

Beeld
foto 18

Die Salt Lake-tempel, gesien vanaf die noordooste. ’n Paar dae nadat die eerste pioniergeselskap van Heiliges van die Laaste Dae die Salt Lake-vallei binnegegaan het, het President Brigham Young die grond met sy wandelstaf geslaan en verklaar: “Hier sal ons die tempel van ons God bou.” Grond is op 14 Februarie 1853 gebreek. Op 6 April 1853 is die hoekstene gelê. Die tempel is 40 jaar later voltooi en toegewy op 6 April 1893. Die Eerste Presidensie en die Kworum van die Twaalf Apostels kom elke week hier bymekaar om te beraadslaag en die leiding van die Here te wete te kom vir die bediening en uitbou van die koninkryk van God.

Betekenisvolle Gebeure: Die Here het aan die Presidente van die Kerk en ander Algemene Gesagsdraers hier ’n uitstorting van die gees van openbaring gegee, insluitende Amptelike Verklaring 2. Meer onlangs het die Eerste Presidensie en die Raad van die Twaalf Apostels “The Family: A Proclamation to the World” (Die Familie: ’n Proklamasie aan die Wêreld) eenparig goedgekeur en gepubliseer. Tempelordinansies wat vir die lewendes en die dode uitgevoer word, het die lewens van miljoene geseën.