Studiehulp
11. Far West-tempelterrein


11. Far West-tempelterrein

Beeld
foto 11

Die nedersetting in Far West, Missouri, het die tuiste vir 3,000 tot 5,000 Heiliges geword wat toevlug gesoek het van vervolging in die Jackson en Clay-distrikte. In 1838 het die Here die Heiliges gebied om ’n tempel hier te bou (sien L&V 115:7–8). Bende-vervolging het hulle verhoed om dit te doen. Op 31 Oktober van daardie jaar is die Profeet Joseph Smith en ander Kerkleiers gearresteer en, na ’n verhoor in Richmond, opgesluit in die Liberty-gevangenis. Gedurende die winter van 1838–1839 is die Heiliges van die Laaste Dae van Far West en ander plekke in Missouri verdryf en in Illinois hervestig.

Betekenisvolle Gebeure: ’n Tempelperseel is toegewy en die hoekstene is gelê. Verskeie openbarings wat in die Leer en Verbonde gepubliseer is, is ontvang (afdelings 113–115; 117–120). Joseph F. Smith, die sesde President van die Kerk, is op 13 November 1838 te Far West gebore. Far West het tydelik as die hoofkwartier van die Kerk onder die Profeet Joseph Smith gedien.