Studiehulp
15. Nauvoo-tempel


15. Nauvoo-tempel

Beeld
foto 15

Die oorspronklike Nauvoo-tempel is van grys-wit kalksteen gebou. Die gebou was 39 meter lank en 27 meter breed. Die top van die toring was 48 meter bó grondvlak. Kerklede het groot opofferings gemaak om hierdie pragtige tempel te bou en die werk het in 1841 begin. Sommige het vir maande aan die gebou gearbei; andere het hulle geld opgeoffer. Alhoewel nie ten volle voltooid nie, was die tempel vol lede wat gekom het vir ordinansies gedurende hulle vlug na die Weste. Terwyl baie van die Heiliges Nauvoo verlaat het in die vroeë lente van 1846 onder gevaar van bende-geweld, het ’n spesiale span agtergebly om die tempel te voltooi. Op 30 April 1846 het Ouderlinge Orson Hyde en Wilford Woodruff van die Kworum van die Twaalf en ongeveer 20 ander hierdie huis van die Here toegewy. In September is daar van die tempel afstand gedoen toe die oorblywende Kerklede uit Nauvoo verdryf is; bendemagte het toe die heilige gebou ontheilig. Die binnekant is in Oktober 1848 deur vuur verwoes. Die herboude tempel (hier getoon), ’n getroue weergawe van die oorspronklike, is op 27–30 Junie 2002 deur President Gordon B. Hinckley toegewy.

Betekenisvolle Gebeure: Algemene Konferensie is gehou in die vergaderkamer van die tempel op 5 Oktober 1845. Begiftigingswerk het op 10 Desember 1845 begin en het voortgeduur tot 7 Februarie 1846. Meer as 5,500 Heiliges van die Laaste Dae het hulle begiftiging ontvang en baie dope vir die dode en verseëlings is uitgevoer.