Studiehulp
9. Kirtland-tempel


9. Kirtland-tempel

Beeld
foto 9

Die Kirtland-tempel is geleë in Kirtland, Ohio.

Betekenisvolle Gebeure: Die Kirtland-tempel was die eerste tempel wat in hierdie tydvak gebou is (L&V 88:119; 95). In hierdie tempel het Joseph Smith ’n visioen van die selestiale koninkryk gesien (L&V 137). Dit is op 27 Maart 1836 toegewy (L&V 109). Op 3 April 1836 het die Saligmaker verskyn en die tempel aanvaar as ’n plek waarin Hy sy Woord aan sy volk sou openbaar (L&V 110:1–10). Na hierdie verskyning het Joseph Smith en Oliver Cowdery besoeke van Moses, Elías, en Elía ontvang, wat almal sekere priesterskapsleutels en belangrike inligting gegee het (L&V 110:11–16). Hierdie tempel het die Heiliges vir sowat twee jaar gedien voor hulle uit Kirtland moes vlug vanweë vervolging.