Studiehulp
6. Standplaas van Peter Whitmer Snr. se Huis


6. Standplaas van Peter Whitmer Snr. se Huis

Beeld
foto 6

Hierdie houthuis verteenwoordig die oorspronklike Peter Whitmer Snr. huis te Fayette, New York.

Betekenisvolle Gebeure: Joseph Smith het die vertaling van die Boek van Mormon hier voltooi in laat Junie 1829. In die woud naby hierdie huis het die Drie Getuies die engel Moroni en die goue plate gesien. Hulle getuienis verskyn nou in alle kopieë van die Boek van Mormon. Op 6 April 1830 het ongeveer 60 mense by die huis van Peter Whitmer bymekaargekom om getuies te wees van die formele organisasie van die Kerk van Jesus Christus (L&V 20). Die eerste vergaderings en konferensies van die jong Kerk is daar gehou. Twintig van die openbarings wat die Leer en Verbonde vervat is, is in die huis van Peter Whitmer ontvang.