Skrifture
Alma 34


Hoofstuk 34

Amulek getuig dat die woord in Christus tot heil is—Tensy ’n versoening gedoen word, moet die ganse mensdom omkom—Die hele wet van Moses dui op die offerande van die Seun van God—Die ewige plan van verlossing word gebaseer op geloof en bekering—Bid vir stoflike en geestelike seëninge—Hierdie lewe is die tyd vir die mens om voor te berei om God te ontmoet—Werk jou heil uit met vrees voor God. Ongeveer 74 v.C.

1 En nou het dit gebeur dat nadat Alma hierdie woorde met hulle gespreek het, het hy op die grond gaan sit, en Amulek het opgestaan en hulle begin leer, en gesê:

2 My broers, ek dink dat dit onmoontlik is dat julle onkundig sal wees van die dinge wat gespreek is aangaande die koms van Christus, wat deur ons geleer word dat Hy die Seun van God is; ja, ek weet dat hierdie dinge oorvloedig aan julle geleer is voor julle afval van ons.

3 En omdat julle wou hê dat my geliefde broer aan julle moet bekend maak wat julle moet doen, vanweë julle verdrukkinge; en hy het ietwat met julle gespreek om julle gedagtes voor te berei; ja, en hy het julle vermaan tot geloof en geduld—

4 Ja, en wel dat julle soveel geloof moet hê om die woord te plant in julle harte, sodat julle die goedheid daarvan kan beproef.

5 En ons het gesien dat die groot vraag wat in julle gedagtes is, is of die woord in die Seun van God is, en of daar geen Christus sal wees nie.

6 En julle het ook gesien dat my broer aan julle bewys het, in baie gevalle, dat die woord in Christus tot heil is.

7 My broer het ook die woorde van Zenos aangehaal, dat verlossing kom deur die Seun van God, en ook die woorde van Zenok; en ook het hy verwys na Moses, om te bewys dat hierdie dinge waar is.

8 En nou, kyk, ek sal aan julle getuig uit my eie dat hierdie dinge waar is. Kyk, ek sê vir julle, dat ek weet dat Christus onder die kinders van mense sal kom, om die oortredings van sy volk op Hom te neem, en dat Hy versoening vir die sondes van die wêreld sal doen; want die Here God het dit gespreek.

9 Want dit is noodsaaklik dat ’n versoening gedoen moet word; want volgens die groot plan van die Ewige God moet daar ’n versoening gedoen word, of anders moet die hele mensdom onvermydelik omkom; ja, almal is verhard ja, almal is gevalle en is verlore, en moet omkom tensy dit is deur die versoening wat noodsaaklik is om gedoen te word.

10 Want dit is noodsaaklik dat daar ’n groot en laaste offerande sal wees; ja, nie ’n offerande van ’n mens nie, nóg van ’n dier, nóg van enige soort voël; want dit sal nie ’n menslike offerande wees nie; maar dit moet ’n oneindige en ewige offerande wees.

11 Nou is daar geen mens wat sy eie bloed kan offer wat sal versoen vir die sondes van ’n ander nie. Nou, as ’n man moord pleeg, kyk, sal ons wet, wat regverdig is, die lewe neem van sy broer? Ek sê vir julle, Nee.

12 Maar die wet vereis die lewe van hom wat moord gepleeg het; daarom kan daar niks minder wees as ’n oneindige versoening wat voldoende sal wees vir die sondes van die wêreld nie.

13 Daarom, dit is noodsaaklik dat daar ’n groot en laaste offerande moet wees; en dan sal daar wees, of dit is raadsaam dat daar ’n einde moet wees aan die vergieting van bloed; dan sal die wet van Moses vervul word, ja, dit sal alles vervul word, elke jota en tittel, en niks sal verbygegaan het nie.

14 En kyk, dit is die hele betekenis van die wet, elke gedeelte wat sal dui op daardie groot en laaste offerande; en dat daardie groot en laaste offerande die Seun van God sal wees, ja, oneindig en ewig.

15 En so sal Hy heil bring aan al diegene wat in sy Naam sal glo; en dit is die doel van hierdie laaste offerande, om innerlike ontferming teweeg te bring wat geregtigheid oorweldig, en die middel aan mense bring waardeur hulle geloof mag hê tot bekering.

16 En sodoende kan barmhartigheid die eise van geregtigheid bevredig, en hulle omhels in die arms van veiligheid, terwyl hy wat geen geloof beoefen tot bekering nie, blootgestel word aan die hele wet van die eise van geregtigheid; daarom word slegs vir hom wat geloof het tot bekering die groot en ewige plan van verlossing teweeggebring.

17 Daarom mag God aan julle gun, my broers, dat julle mag begin om jul geloof te beoefen tot bekering, dat julle begin om sy heilige Naam aan te roep, sodat Hy julle barmhartig mag wees;

18 Ja, roep tot Hom om barmhartigheid; want Hy is magtig om te red.

19 Ja, verootmoedig julself, en volhard in gebed tot Hom.

20 Roep tot Hom wanneer julle in julle landerye is, ja, oor al julle kuddes.

21 Roep tot Hom in julle huise, ja, oor julle hele huishouding, beide soggens, smiddags en saans.

22 Ja, roep tot Hom teen die mag van julle vyande.

23 Ja, roep tot Hom teen die duiwel, wat ’n vyand is van alle regverdigheid.

24 Roep tot Hom oor die oeste van julle landerye, sodat julle voorspoedig mag wees in hulle.

25 Roep oor die kuddes in julle lande dat hulle mag vermeerder.

26 Maar dit is nie al nie; julle moet julle siele uitstort in jul binnekamers, en julle geheime plekke, en in julle wildernis.

27 Ja, en as julle nie roep tot die Here nie, laat julle harte vol wees, uitgestrek in gebed tot Hom gedurigdeur vir julle welsyn, en ook vir die welsyn van diegene wat om julle is.

28 En nou kyk, my geliefde broers, ek sê vir julle, moenie veronderstel dat dit al is nie; want nadat julle al hierdie dinge gedoen het, as julle die behoeftiges wegstuur, en die naaktes, en die krankes en die verdruktes nie besoek nie, en nie van julle besittings deel nie, as julle het, aan diegene wat dit nodig het nie—ek sê vir julle, as julle geen van hierdie dinge doen nie, kyk, dan is julle gebed tevergeefs, en baat julle niks nie, en julle is soos huigelaars wat die geloof verloën.

29 Daarom, as julle nie onthou om naasteliefde te bewys nie, is julle soos droes, wat die smelters uitwerp, (aangesien dit van geen waarde is nie), en word vertrap onder die voete van mense.

30 En nou, my broers, ek wil hê dat, nadat julle soveel getuienisse ontvang het, aangesien die heilige skrifture getuig van hierdie dinge, dat julle na vore moet kom en vrugte tot bekering voortbring.

31 Ja, ek wil hê dat julle na vore moet kom en julle harte nie langer verhard nie; want kyk, nou is die tyd en dag van julle heil; en daarom, as julle sal bekeer en nie julle harte verhard nie, sal die groot plan van verlossing onmiddellik op julle toegepas word.

32 Want kyk, hierdie lewe is die tyd vir mense om voor te berei om God te ontmoet; ja kyk, die dag van hierdie lewe is die dag vir mense om hulle arbeid te verrig.

33 En nou, soos ek tevore aan julle gesê het, aangesien julle soveel getuienisse gehad het, daarom smeek ek julle dat julle nie die dag van julle bekering uitstel tot die einde nie; want na hierdie dag van lewe, wat aan ons gegee word om voor te berei vir die ewigheid, kyk, as ons nie ons tyd beter benut terwyl in hierdie lewe nie, dan kom die nag van duisternis waarin daar geen arbeid verrig kan word nie.

34 Julle kan nie sê, wanneer julle tot daardie verskriklike krisis gebring word, dat ek sal bekeer, dat ek sal terugkeer na my God nie. Nee, julle kan dit nie sê nie; want daardie selfde gees wat julle liggame beheer op die tyd wanneer julle hierdie lewe uitgaan, daardie selfde gees sal mag hê om julle liggame te beheer in daardie ewige wêreld.

35 Want kyk, as julle die dag van julle bekering uitgestel het tot die dood toe, kyk, het julle onderhewig geword aan die gees van die duiwel, en hy seël julle as syne; daarom, die Gees van die Here het van julle onttrek, en het geen plek in julle nie, en die duiwel het alle mag oor julle; en dit is die uiteindelike toestand van die bose.

36 En dit weet ek, omdat die Here gesê het dat Hy nie in onheilige tempels woon nie, maar Hy woon in die harte van die regverdiges; ja, en Hy het ook gesê dat die regverdiges in sy koninkryk sal sit, om nie meer uit te gaan nie; maar hulle kleding sal wit gemaak word deur die bloed van die Lam.

37 En nou, my geliefde broers, ek wil hê dat julle hierdie dinge moet onthou, en dat julle jul heil moet uitwerk met vrees voor God, en dat julle nie meer die koms van Christus moet loën nie;

38 Dat julle nie langer stry teen die Heilige Gees nie, maar dat julle dit ontvang, en vir julle die Naam van Christus aanneem; dat julle jul verootmoedig tot in die stof, en God aanbid, in watter plek julle ook al mag wees, in gees en in waarheid; en dat julle daagliks in danksegging lewe, vir die baie barmhartighede en seëninge wat Hy aan julle skenk.

39 Ja, en ek vermaan julle ook, my broers, dat julle gedurigdeur waaksaam in die gebed is, sodat julle nie weggelei mag word deur die versoekinge van die duiwel nie, dat hy julle nie mag oorweldig nie, sodat julle nie sy onderdane mag word op die laaste dag nie; want kyk, hy beloon julle geen goeie ding nie.

40 En nou, my geliefde broers, ek wil julle vermaan om geduld te hê, en dat julle allerlei verdrukkinge verdra; dat julle nie diegene beledig wat julle uitwerp vanweë julle uitermatige armoede nie, sodat julle nie sondaars word soos hulle nie;

41 Maar dat julle geduld moet hê, en daardie verdrukkinge verdra, met ’n vaste vertroue dat julle eendag van al jul verdrukkinge sal rus.