Studiehulp
4. Kirtland, Ohio, 1830–1838


4. Kirtland, Ohio, 1830–1838

Beeld
Kerkgeskiedeniskaart 4

N

Morley-plaas

Oostelike tak Chagrin-rivier

na Willoughby

na Mentor

Saagmeule

Markell-weg

Koringmeul

Liggings van Dope

Whitney-huis

na Painesville

Whitney-winkel

Leerlooiery

Johnson-herberg

Skool

Cowdery-straat

Potasbrandery

Stoney-stroom

Joseph Smith Jr.-huis

Joseph Smith Jr. Algemene Handelaar

na Chardon

Begraafplaas

Whitney-straat

Drukkery

Kirtland-tempel

Sidney Rigdon-huis

Bank

Chillicothe-weg

Joseph-straat

Hyrum Smith-huis

Meter

0 150 300

A B C D

1 2 3 4

1

2

3

4

5

6

7

  1. Newel K. Whitney-huis Joseph en Emma het hier vir ’n aantal weke gewoon nadat hulle na Kirtland getrek het in 1831. Joseph het verskeie openbarings hier ontvang.

  2. Isaac Morley-plaas Joseph en Emma Smith het hier gewoon van Maart tot September 1831. Die eerste hoëpriesters is hier geordineer. Joseph het gewerk aan die Joseph Smith-vertaling van die Bybel (JSV).

  3. Newel K. Whitney-winkel Die Eerste Presidensie van die Kerk is hier die sleutels van die koninkryk gegee. Die Skool van die Profete het hier vergader gedurende die winter van 1833. Die JSV het hier voltooiing genader in 1833. Joseph en Emma het hier gewoon van 1832 tot 1833. Joseph het baie openbarings hier ontvang.

  4. Johnson-herberg Die herberg het die eerste drukkery in Kirtland bevat. The Evening and the Morning Star is hier gedruk na die vernietiging van die drukpers in die Jackson-distrik, Missouri. Die Twaalf Apostels het hiervandaan vertrek op 4 Mei 1835 op hulle eerste sendings.

  5. Joseph Smith Jr.-huis Joseph en Emma het hier gewoon van laat 1833 tot vroeg 1838. Vertaling van die boek van Abraham is voltooi, en Joseph het verskeie openbarings hier ontvang.

  6. Drukkery Die Lectures on Faith is in hierdie gebou gelewer. Die Twaalf Apostels en die Eerste Kworum van die Sewentig is hier geroep en geordineer. Die Leer en Verbonde (1e uitgawe), die Boek van Mormon (2e uitgawe), The Evening and the Morning Star, Latter Day Saints’ Messenger and Advocate, en die eerste uitgawes van Elders’ Journal is hier gedruk.

  7. Kirtland-tempel Hierdie tempel was die eerste in hierdie tydvak. Jesus Christus het verskyn en die tempel aanvaar. Moses, Elías en Elía het verskyn en sekere priesterskapsleutels herstel (sien L&V 110). Die Skool van die Profete het ook hier vergader. Openbarings is hier ontvang: L&V 109–110; 137.

    Kirtland Op 17 Augustus 1835 is die Leer en Verbonde aanvaar as skriftuur. Openbarings wat in Kirtland ontvang is, sluit in L&V 41–50; 52–56; 63–64; 72; 78; 84–98; 101–104; 106–110; 112; 134; en 137. Afdeling 104 dui sekere eiendomme aan om as rentmeesterskap aan Kerklede gegee te word wat deelneem aan die verenigde orde (sien verse 19–46).