Studiehulp
5. Die Missouri, Illinois en Iowa Area van die VSA


5. Die Missouri, Illinois en Iowa Area van die VSA

Beeld
Kerkgeskiedeniskaart 5

N

Winter Quarters

Council Bluffs (Kanesville)

Pisgaberg

Iowa

Platte-rivier

Nauvoo

Garden Grove

Ramus

Montrose

Indiaanse Grondgebied

Missouri-rivier

Grand-rivier

Carthage

Chariton-rivier

Springfield

Quincy

Adam-ondi-Ahman

Mississippi-rivier

Illinois

Gallatin

Shoal-spruit

Hawn se Meule

Fishing-rivier

Far West

DeWitt

Missouri

Liberty

Richmond

McIlwaine se Draai

Fort Leavenworth

Independence

Missouri-rivier

St. Louis

Jackson-distrik

Kilometer

0 50 100 150 200

A B C D E F G H

1 2 3 4

1

2

3

4

5

6

7

8

9

  1. Independence Geïdentifiseer as die middelpunt van Sion (sien L&V 57:3). ’n Tempelterrein is op 3 Augustus 1831 toegewy. Die Heiliges is uit die Jackson-distrik in 1833 verdryf.

  2. Fishing-rivier Joseph Smith en Sion se Kamp het in 1834 van Kirtland, Ohio na Missouri gereis om die Jackson-distrik se Heiliges se grond aan hulle terug te besorg. L&V 105 is op die oewer van hierdie rivier geopenbaar.

  3. Far West Hierdie was die grootste Mormoonse nedersetting in Missouri. ’n Terrein vir ’n tempel is by hierdie ligging toegewy (sien L&V 115). Die Kworum van die Twaalf Apostels het hier op 8 Julie 1838 ’n oproep van die Here ontvang om sendings te dien in die Britse Eilande (sien L&V 118).

  4. Adam-ondi-Ahman Die Here het hierdie plek in opper Missouri geïdentifiseer as die plek waar ’n groot byeenkoms in die toekoms gaan plaasvind wannneer Jesus Christus sal kom om Adam en sy regverdige nageslag te ontmoet (sien L&V 78:15; 107:53–57; 116).

  5. Liberty-gevangenis Joseph Smith en andere is hier onregverdiglik gevange gehou vanaf Desember 1838 tot April 1839. Te midde van moeilike tye vir die Kerk, het Joseph die Here aangeroep om leiding en L&V 121–123 ontvang.

  6. Nauvoo Geleë aan die Mississippi-rivier was die versamelplek vir die Heiliges van 1839 tot en met 1846. Hier is ’n tempel gebou en ordinansies soos doop vir die dode, die begiftiging, en die verseëling van paartjies het begin. Hier is die Verligtingsvereniging in 1842 georganiseer. Openbarings ontvang sluit in L&V 124–129.

  7. Carthage Hier het die Profeet Joseph Smith en sy broer Hyrum as martelaars gesterf op 27 Junie 1844 (sien L&V 135).

  8. Winter Quarters Die grootste tydelike nedersetting van die Heiliges (1846–1848) onderweg na die Salt Lake-vallei. Die Kamp van Israel was georganiseer vir die weswaartse reis (sien L&V 136).

  9. Council Bluffs (Kanesville) Die Eerste Presidensie is hier op 27 Desember 1847 onderskraag met Brigham Young as President.