Skrifture
3 Nefi 28


Hoofstuk 28

Nege van die twaalf dissipels begeer en word ’n erfenis belowe in Christus se koninkryk wanneer hulle sterwe—Die Drie Nefiete begeer en word mag gegee oor die dood ten einde op die aarde te bly totdat Jesus weer kom—Hulle word getransformeer en sien dinge wat hulle nie mag uiter nie en hulle dien nou onder die mense. Ongeveer 34–35 n.C.

1 En dit het gebeur toe Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy met sy dissipels gespreek, een vir een, en vir hulle gesê: Wat is dit wat julle van My begeer, nadat Ek na die Vader gegaan het?

2 En hulle het almal gespreek, behalwe drie, en gesê: Ons begeer dat nadat ons geleef het tot die jare van die mens, dat ons bediening, waartoe U ons geroep het, ’n einde mag hê, sodat ons spoedig mag kom na U in u koninkryk.

3 En Hy het aan hulle gesê: Geseënd is julle omdat julle hierdie ding van My begeer het; daarom, nadat julle twee en sewentig jaar oud geword het, sal julle na My in my koninkryk kom; en met My sal julle arus vind.

4 En nadat Hy met hulle gespreek het, het Hy Homself na die drie gedraai, en aan hulle gesê: Wat wil julle hê dat Ek vir julle moet doen, wanneer Ek na die Vader gegaan het?

5 En hulle was bedroef in hulle harte, want hulle durf nie die ding spreek met Hom wat hulle begeer het nie.

6 En Hy het aan hulle gesê: Kyk, Ek aken julle gedagtes, en julle het die ding begeer wat bJohannes, my geliefde, wat by My was in my bediening, voordat Ek opgehef is deur die Jode, begeer het van My.

7 Daarom, meer geseënd is julle, want julle sal anooit die bdood smaak nie; maar julle sal lewe om al die handelinge te sien van die Vader met die kinders van mense, totdat alle dinge vervul sal word volgens die wil van die Vader, wanneer Ek sal kom in my heerlikheid met die cmagte van die hemel.

8 En julle sal nooit die pyne van die dood ervaar nie; maar wanneer Ek in my heerlikheid sal kom, sal julle verander word binne ’n oogwink van asterflikheid na bonsterflikheid; en dan sal julle geseënd wees in die koninkryk van my Vader.

9 En verder, julle sal nie pyn hê terwyl julle in die vlees sal woon nie, nóg droefheid, behalwe vir die sondes van die wêreld; en dit alles sal Ek doen vanweë die ding wat julle begeer het van My, want julle het begeer dat julle die siele van mense na My mag abring, terwyl die wêreld sal bestaan.

10 En om hierdie rede sal julle avolheid van vreugde hê; en julle sal in die koninkryk van my Vader sit; ja, julle vreugde sal vol wees, net soos die Vader vir My volheid van vreugde gegee het; en julle sal wees net soos Ek is, en Ek is net soos die Vader; en die Vader en Ek is been;

11 En die aHeilige Gees lewer getuienis van die Vader en My; en die Vader gee die Heilige Gees aan die kinders van mense, vanweë My.

12 En dit het gebeur dat nadat Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy elkeen van hulle aangeraak met sy vinger behalwe die drie wat sou bly, en toe het Hy weggegaan.

13 En kyk, die hemele is geopen, en hulle is aweggevoer na die hemel, en het onuitspreeklike dinge gesien en gehoor.

14 En dit is hulle averbied dat hulle sou uiter; nóg is aan hulle die mag gegee dat hulle die dinge kon uiter wat hulle gesien en gehoor het;

15 En of hulle in die liggaam was of buite die liggaam, kon hulle nie sê nie; want dit het gelyk vir hulle soos ’n atransfigurasie van hulle, dat hulle verander is van hierdie liggaam van vlees na ’n onsterflike toestand, sodat hulle die dinge van God kon aanskou.

16 Maar dit het gebeur dat hulle weer gedien het op die aangesig van die aarde; nogtans het hulle nie gespreek oor die dinge wat hulle gehoor en gesien het nie, vanweë die bevel wat hulle in die hemel gegee is.

17 En nou, of hulle sterflik of onsterflik was, vanaf die dag van hulle transfigurasie, weet ek nie;

18 Maar dít weet ek, volgens die verslag wat gegee is—hulle het uitgegaan op die aangesig van die land, en al die mense gedien, en soveel met die kerk verenig as wat in hulle prediking wou glo; deur hulle te doop, en soveel as wat gedoop is, het die Heilige Gees ontvang.

19 En hulle is in die gevangenis gewerp deur hulle wat nie aan die kerk behoort het nie. En die agevangenisse kon hulle nie hou nie, want hulle is in twee geskeur.

20 En hulle is neergewerp in die aarde; maar hulle het die aarde getref met die woord van God, in soverre dat deur sy akrag hulle uitgelewer is uit die dieptes van die aarde; en daarom kon hulle nie putte grawe genoegsaam om hulle te hou nie.

21 En driekeer is hulle gewerp in ’n avuuroond en is nie beseer nie.

22 En tweekeer is hulle gewerp in ’n akuil van wilde diere; en kyk hulle het gespeel met die diere soos ’n kind met ’n sogende lammetjie, en is nie beseer nie.

23 En dit het gebeur dat hulle so uitgegaan het onder die hele volk van Nefi, en het die aevangelie van Christus gepredik aan al die mense op die aangesig van die land; en hulle is bekeer tot die Here, en is verenig met die kerk van Christus, en so is die mense geseën van bdaardie geslag, volgens die woord van Jesus.

24 En nou ek, Mormon, maak ’n einde daaraan om te spreek aangaande hierdie dinge vir ’n tydperk.

25 Kyk, ek was op die punt om die name aneer te skryf van diegene wat nooit die dood sou smaak nie, maar die Here het dit verbied; daarom skryf ek hulle nie, want hulle is verborge van die wêreld.

26 Maar kyk, ek het hulle gesien, en hulle het my gedien.

27 En kyk hulle sal onder die nie-Jode wees, en die nie-Jode sal hulle nie ken nie.

28 Hulle sal ook onder die Jode wees, en die Jode sal hulle nie ken nie.

29 En dit sal gebeur, wanneer die Here dit goeddink in sy wysheid dat hulle al die averstrooide stamme van Israel sal dien, en alle nasies, stamme, tale en volke, en uit hulle baie siele sal bring tot Jesus, sodat hulle begeerte vervul mag word, en ook vanweë die oortuigende krag van God wat in hulle is.

30 En hulle is soos die aengele van God, en as hulle sal bid tot die Vader in die Naam van Jesus, kan hulle hulleself toon aan watter mens hulle dit ook al goed ag.

31 Daarom, groot en wonderbaarlike werke sal verrig word deur hulle, voor die agroot en toekomstige dag wanneer alle mense sekerlik moet staan voor die regterstoel van Christus;

32 Ja, selfs onder die nie-Jode sal daar ’n agroot en wonderbaarlike werk verrig word deur hulle, voor daardie oordeelsdag.

33 En as julle al die skrifture gehad het wat ’n kroniek gee van al die wonderbaarlike werke van Christus, sou julle, volgens die woorde van Christus, weet dat hierdie dinge sekerlik moet kom.

34 En wee hom wat anie sal ag slaan op die woorde van Jesus nie, en ook hulle wat Hy gekies het en gestuur het onder hulle; want wie ook al nie die woorde van Jesus ontvang nie en die woorde van bhulle wat Hy gestuur het, ontvang Hom nie; en daarom sal Hy hulle nie ontvang op die laaste dag nie;

35 En dit sou beter wees vir hulle as hulle nie gebore was nie. Want veronderstel julle dat julle ontslae kan raak van die geregtigheid van ’n beledigde God, wat avertrap is onder die voete van mense, dat heil daardeur mag kom?

36 En nou kyk, soos ek gespreek het aangaande diegene wat die Here gekies het, ja, naamlik drie wat opgeneem is in die hemele, dat ek nie geweet het of hulle gereinig is van sterflikheid tot onsterflikheid nie—

37 Maar kyk, vandat ek geskrywe het, het ek navraag gedoen by die Here, en Hy het dit geopenbaar aan my dat daar noodwendig ’n verandering bewerkstellig moet word in hulle liggame, of anders is dit noodwendig dat hulle die dood moet smaak;

38 Daarom, sodat hulle nie die dood mag smaak nie, is daar ’n averandering bewerkstellig in hulle liggame, sodat hulle nie pyn of droefheid mag verduur nie, behalwe vir die sondes van die wêreld.

39 Nou, hierdie verandering was nie gelyk aan dit wat sal plaasvind op die laaste dag nie; maar daar was ’n verandering in hulle bewerkstellig, in soverre dat Satan geen mag kon hê oor hulle nie, dat hy hulle nie kon aversoek nie, en hulle is bgeheilig in die vlees, dat hulle cheilig was, en dat die magte van die aarde hulle nie kon hou nie.

40 En in hierdie toestand sou hulle bly tot die oordeelsdag van Christus; en op daardie dag sou hulle ’n groter verandering ontvang, en om ontvang te word in die koninkryk van die Vader om nie meer uit te gaan nie, maar om met God vir ewig in die hemele te woon.