Skrifture
3 Nefi 23


Hoofstuk 23

Jesus keur die woorde van Jesaja goed—Hy gebied die volk om die profete te ondersoek—Die woorde van Samuel die Lamaniet aangaande die Opstanding word tot hulle kronieke bygevoeg. Ongeveer 34 n.C.

1 En nou, kyk, Ek sê vir julle, dat julle hierdie dinge behoort te aondersoek. Ja, ’n gebod gee Ek aan julle dat julle hierdie dinge ywerig ondersoek; want groot is die woorde van bJesaja.

2 Want waarlik hy het gespreek rakende alle dinge aangaande my volk wat van die huis van Israel is; daarom is dit noodsaaklik dat hy ook met die nie-Jode moet spreek.

3 En alle dinge wat hy gespreek het, was gewees en asal wees, en wel volgens die woorde wat hy gespreek het.

4 Daarom, slaan ag op my woorde; skryf die dinge wat Ek julle vertel het; en volgens die tyd en die wil van die Vader sal hulle uitgaan na die nie-Jode.

5 En wie ook al sal ag slaan op my woorde en bekeer en gedoop word, hulle sal gered word. Ondersoek die aprofete, want baie is daar wat getuig van hierdie dinge.

6 En nou het dit gebeur dat toe Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy weer aan hulle gesê, nadat Hy al die skrifture uitgelê het aan hulle wat hulle ontvang het, het Hy aan hulle gesê: Kyk, ander skrifture wil Ek hê dat julle moet skryf, wat julle nie het nie.

7 En dit het gebeur dat Hy aan Nefi gesê het: Bring die kroniek uit wat jy bygehou het.

8 En toe Nefi die kronieke uitgebring het, en hulle neergelê het voor Hom, het Hy sy oë na hulle laat kyk, en gesê:

9 Voorwaar Ek sê vir julle, Ek het my dienskneg aSamuel, die Lamaniet, gebied dat hy moes getuig aan hierdie volk, dat op die dag dat die Vader sy naam sou verheerlik in My dat daar bbaie cheiliges was wat sou dopstaan uit die dood, en sou verskyn aan baie, en hulle moes dien. En Hy het aan hulle gesê: Was dit nie so nie?

10 En sy dissipels het Hom geantwoord en gesê: Ja, Here, Samuel het geprofeteer volgens u woorde, en hulle is almal vervul.

11 En Jesus het aan hulle gesê: Hoe is dit dat julle nie hierdie ding neergeskryf het nie, dat baie heiliges opgestaan en aan baie verskyn en hulle gedien het nie?

12 En dit het gebeur dat Nefi onthou het dat hierdie ding nie geskrywe was nie.

13 En dit het gebeur dat Jesus gebied het dat dit geskrywe moes word; daarom is dit geskrywe volgens wat Hy gebied het.

14 En nou dit het gebeur dat toe Jesus al die skrifture auitgelê het in een, wat hulle geskryf het, het Hy hulle gebied dat hulle die dinge moes onderrig wat Hy uitgelê het aan hulle.