Skrifture
3 Nefi 20


Hoofstuk 20

Jesus voorsien brood en wyn wonderbaarlik en bedien weer die nagmaal aan die volk—Die oorblyfsel van Jakob sal kom tot die kennis van die Here hulle God en sal die Amerikas beërwe—Jesus is die profeet soos Moses, en die Nefiete is kinders van die profete—Andere van die Here se volk sal versamel word na Jerusalem. Ongeveer 34 n.C.

1 En dit het gebeur dat Hy die skare gebied het dat hulle moes ophou om te bid, en ook sy dissipels. En Hy het hulle gebied dat hulle nie moes ophou om te abid in hulle harte nie.

2 En Hy het hulle gebied dat hulle moes opstaan en op hulle voete staan. En hulle het opgestaan en op hulle voete gestaan.

3 En dit het gebeur dat Hy weer brood gebreek het en dit geseën het, en gegee het aan die dissipels om te eet.

4 En toe hulle geëet het, het Hy hulle gebied dat hulle brood moes breek, en aan die skare gee.

5 En toe hulle aan die skare gegee het, het Hy hulle ook wyn gegee om te drink, en hulle gebied dat hulle aan die skare moes gee.

6 Nou, daar was geen abrood, nóg wyn, gebring deur die dissipels, nóg deur die skare;

7 Maar Hy het waarlik aan hulle brood agegee om te eet, en ook wyn om te drink.

8 En Hy het aan hulle gesê: Hy wat hierdie brood aeet, eet van my liggaam tot sy siel; en hy wat drink van hierdie wyn, drink van my bloed tot sy siel; en sy siel sal nooit honger nóg dors, maar sal gevul wees.

9 Nou, toe die skare almal geëet en gedrink het, kyk, is hulle vervul deur die Gees; en hulle het uitgeroep met een stem, en Jesus geloof, vir wie hulle beide gesien en gehoor het.

10 En dit het gebeur dat toe hulle almal Jesus geloof het, het Hy aan hulle gesê: Kyk, nou volbring Ek die gebod wat die Vader My gebied het aangaande hierdie volk, wat ’n oorblyfsel is van die huis van Israel.

11 Julle onthou dat Ek met julle gespreek het, en gesê het dat wanneer die awoorde van bJesaja vervul sou word—kyk, hulle is geskrywe, julle het hulle voor julle, daarom, ondersoek hulle—

12 En voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat wanneer hulle vervul sal word, dan is die vervulling van die averbond wat die Vader gesluit het met sy volk, o huis van Israel.

13 En dan sal die aoorblyfsels, wat ver en wyd bverstrooi sal wees op die aangesig van die aarde, cbymekaar gemaak word van die ooste en van die weste, en van die suide en van die noorde; en hulle sal gebring word tot die dkennis van die Here hulle God, wat hulle verlos het.

14 En die Vader het My gebied dat Ek aan julle hierdie aland moet gee, as julle erfenis.

15 En Ek sê vir julle, dat as die nie-Jode nie abekeer na die seëning wat hulle sal ontvang nie, nadat hulle my volk verstrooi het—

16 Dan sal julle, wat ’n oorblyfsel is van die huis van Jakob, uitgaan onder hulle; en julle sal in die midde wees van hulle wat baie sal wees; en julle sal onder hulle wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, en soos ’n jong aleeu onder die skaapkuddes, wat, as hy deurgaan, beide bvertrap en in stukke verskeur, en niemand kan verlos nie.

17 Julle hand sal opgelig wees teen julle teenstanders, en al julle vyande sal afgesny wees.

18 En Ek sal my volk abymekaarmaak soos ’n man sy gerwe bymekaarmaak op die vloer.

19 Want Ek sal my volk maak met wie die Vader ’n verbond gesluit het, ja, Ek sal julle ahoring yster maak, en Ek sal julle hoewe brons maak. En julle sal baie volke in stukke slaan; en Ek sal hulle wins toewy aan die Here, en hulle besittings aan die Here van die hele aarde. En kyk, Ek is Hy wat dit doen.

20 En dit sal gebeur, sê die Vader, dat die aswaard van my geregtigheid oor hulle sal hang op daardie dag; en tensy hulle bekeer, sal dit op hulle val, sê die Vader, ja, en wel op al die nasies van die nie-Jode.

21 En dit sal gebeur dat Ek my avolk sal vestig, o huis van Israel.

22 En kyk, hierdie volk sal Ek vestig in hierdie land, ter vervulling van die averbond wat Ek gesluit het met julle vader Jakob; en dit sal ’n bNuwe Jerusalem wees. En die magte van die hemel sal in die midde van hierdie volk wees; ja, waarlik, cEk sal in julle midde wees.

23 Kyk, Ek is Hy van wie Moses gespreek het, wat gesê het: ’n aProfeet sal die Here julle God vir julle uit julle broers verwek, net soos ek; Hom sal julle hoor in alle dinge wat Hy ook al met julle sal spreek. En dit sal gebeur dat elke siel wat nie daardie profeet sal hoor nie, afgesny sal word van onder die volk.

24 Voorwaar, Ek sê vir julle, ja, en aal die profete van Samuel en diegene wat daarna volg, soveel as wat gespreek het, het getuig van My.

25 En kyk, julle is die kinders van die profete; en julle is van die huis van Israel; en julle is van die averbond wat die Vader gesluit het met julle vaders, wat aan Abraham sê: En bin jou saad sal al die stamme van die aarde geseën word.

26 Die Vader het My opgewek, eerste vir julle, en het My gestuur om julle te seën deur elkeen van julle weg te adraai van sy ongeregtighede; en dit omdat julle die kinders van die verbond is—

27 En nadat julle geseën is, dan vervul die Vader die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, wat sê: aIn jou saad sal al die stamme van die aarde geseën word—tot die uitstorting van die Heilige Gees deur My op die bnie-Jode, welke seëning op die nie-Jode hulle magtig sal maak bo almal, tot die verstrooiing van my volk, o huis van Israel.

28 En hulle sal ’n agésel wees vir die volk van hierdie land. Nogtans, wanneer hulle die volheid van my evangelie sal ontvang het, dan, as hulle hul harte sal verhard teen My, sal Ek hulle ongeregtighede terugbring op hulle eie hoofde, sê die Vader.

29 En Ek sal die verbond aonthou wat Ek gesluit het met my volk; en Ek het met hulle ’n verbond gesluit dat Ek hulle sal bbymekaarmaak in my eie bepaalde tyd, dat Ek weer aan hulle die cland van hulle vaders as hulle erfdeel sal gee, wat die land dJerusalem is, wat die beloofde land is vir hulle vir ewig, sê die Vader.

30 En dit sal gebeur dat die tyd kom, wanneer die volheid van my evangelie gepredik sal word aan hulle;

31 En hulle sal in My aglo, dat Ek Jesus Christus is, die Seun van God, en sal bid tot die Vader in my Naam.

32 Dan sal hulle awagte hul stemme verhef, en met die stem tesame sal hulle sing; want hulle sal oog tot oog sien.

33 Dan sal die Vader hulle weer bymekaarmaak, en aan hulle Jerusalem gee as die land van hulle erfenis.

34 Dan sal hulle uitbreek in gejubel—aSing saam, julle verwoeste plekke van Jerusalem; want die Vader het sy volk vertroos, Hy het Jerusalem verlos.

35 Die Vader het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies; en al die eindes van die aarde sal die heil van die Vader sien; en die Vader en Ek is een.

36 En dan sal dit teweeggebring word wat geskrywe is: aOntwaak, ontwaak weer, en beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, die heilige stad, want voortaan sal daar nie meer in jou die onbesnedenes en die onreines kom nie.

37 Skud jouself los van die stof; staan op, gaan sit, o Jerusalem; maak jouself los van die bande van jou nek, o gevange dogter van Sion.

38 Want so sê die Here: Julle het julself verkoop vir niks, en julle sal verlos word sonder geld.

39 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat my volk my Naam sal ken; ja, op daardie dag sal hulle weet dat Ek Hy is wat spreek.

40 En dan sal hulle sê: aHoe lieflik op die berge is die voete van hom wat goeie tydings bring vir hulle, wat bvrede verkondig; wat goeie tydings van die goeie aan hulle bring, wat heil verkondig; wat sê vir Sion: Jou God heers!

41 En dan sal ’n geroep opgaan: aVertrek julle, vertrek julle, gaan julle uit daarvandaan, raak dit nie aan wat bonrein is nie; gaan julle uit haar midde uit, wees julle crein wat die heilige voorwerpe van die Here dra.

42 Want julle sal anie uitgaan met haas nie, nóg gaan deur te vlug; want die Here sal uitgaan voor julle, en die God van Israel sal julle agterhoede wees.

43 Kyk, my dienskneg sal wyslik optree; Hy sal verhewe wees en geëer en baie verhoog.

44 Net so baie was verstom oor U—sy gelaat was so misvorm, meer as enige mens, en sy liggaam meer as die seuns van mense—

45 So sal Hy baie nasies abesprinkel; die konings sal hulle monde toemaak vanweë Hom; want dit wat nie aan hulle vertel is nie, sal hulle sien; en dit wat hulle nie gehoor het nie, sal hulle begryp.

46 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal sekerlik kom, net soos die Vader My gebied het. Dan sal hierdie verbond wat die Vader gesluit het met sy volk vervul word; en dan sal aJerusalem weer bewoon word deur my volk, en dit sal die land wees van hulle erfenis.