Skrifture
3 Nefi 4


Hoofstuk 4

Die Nefitiese leërs verslaan die Gadianton-rowers—Giddianhi word gedood, en sy opvolger, Zemnariha, word gehang—Die Nefiete loof die Here vir hulle oorwinnings. Ongeveer 19–22 n.C.

1 En dit het gebeur dat in die laaste gedeelte van die agtiende jaar het daardie leërs van rowers hul voorberei vir die stryd, en het begin om af te kom en om skielik uit die heuwels te kom, en uit die berge, en die wildernis, en hulle vestings, en hulle geheime plekke, en het begin om besit te neem van die lande, beide wat in die land suid en wat in die land noord was, en het begin om besit te neem van al die lande wat averlaat is deur die Nefiete, en die stede wat verlate gelaat is.

2 Maar kyk, daar was geen wilde diere nóg wild in daardie lande wat verlaat is deur die Nefiete, en daar was geen wild vir die rowers nie, behalwe in die wildernis.

3 En die rowers kon nie bestaan nie, behalwe in die wildernis weens gebrek aan voedsel; want die Nefiete het hulle lande verlate gelaat, en het hul kleinvee en hul grootvee en al hul besittings bymekaargemaak, en hulle was in een groep.

4 Daarom, daar was geen kans vir die rowers om te plunder en om voedsel te bekom nie, behalwe om openlik op te kom in die stryd teen die Nefiete; en die Nefiete wat in een groep was, en omdat hulle so ’n groot getal gehad het, en vir hulself voorrade opgegaar het, en perde en beeste, en kleinvee van alle soorte, sodat hulle mag bestaan vir ’n tydperk van sewe jaar, in welke tyd hulle gehoop het om die rowers te vernietig vanaf die aangesig van die land; en so het die agtiende jaar verbygegaan.

5 En dit het gebeur dat in die negentiende jaar het Giddianhi gevind dat dit noodsaaklik was dat hy moes optrek in die stryd teen die Nefiete, want daar was geen manier dat hulle kon bestaan nie, behalwe deur te plunder en te roof en te moor.

6 En hulle het nie gedurf om hulle te versprei oor die aangesig van die land, in soverre dat hulle graan kon kweek nie, uit vrees dat die Nefiete op hulle sou afkom en hulle doodmaak; daarom het Giddianhi aan sy leërs bevel gegee dat hulle in hierdie jaar moes optrek in die stryd teen die Nefiete.

7 En dit het gebeur dat hulle opgekom het in die stryd; en dit was in die sesde maand; en kyk, groot en vreeslik was die dag toe hulle opgekom het in die stryd; en hulle was omgord volgens die wyse van rowers; en hulle het ’n lamsvel om hulle lendene gedra, en hulle was gekleur met bloed, en hulle koppe was geskeer, en hulle het helms op hulle gehad; en groot en vreeslik was die voorkoms van die leërs van Giddianhi, vanweë hul wapenrusting en omdat hulle gekleur was met bloed.

8 En dit het gebeur dat die leërs van die Nefiete, toe hulle die voorkoms van Giddianhi se leërs sien, het hulle almal neergeval op die aarde, en hulle gepleit laat opgaan na die Here hulle God, dat Hy hulle sou spaar en hulle verlos uit die hande van hulle vyande.

9 En dit het gebeur dat toe die leërs van Giddianhi dit sien, het hulle begin roep met ’n harde stem, vanweë hulle vreugde, want hulle het veronderstel dat die Nefiete neergeval het uit vrees, vanweë die verskrikking van hulle leërs.

10 Maar in hierdie ding was hulle teleurgestel, want die Nefiete het hulle nie gevrees nie; maar hulle het hul God agevrees en het Hom gesmeek om beskerming; daarom, toe die leërs van Giddianhi op hulle afstorm, was hulle voorbereid om hulle te ontmoet; ja, in die sterkte van die Here het hulle hul ontvang.

11 En die stryd het ’n aanvang geneem in hierdie die sesde maand; en groot en vreeslik was die stryd daarvan, ja, groot en vreeslik was die slagting daarvan, in soverre dat daar nooit so ’n groot slagting onder al die volk van Lehi bekend was vandat hy Jerusalem verlaat het nie.

12 En nieteenstaande die adreigemente en die ede wat Giddianhi gemaak het, kyk, die Nefiete het hulle oorwin, in soverre dat hulle teruggeval het van voor hulle.

13 En dit het gebeur dat aGidgiddoni bevel gegee het dat sy leërs hulle moes agternasit so ver as die grense van die wildernis, en dat hulle niemand moes spaar wat in hulle hande sou val langs die pad nie; en so het hulle hul agternagesit en gedood, tot by die grense van die wildernis, en wel totdat hulle die bevel uitgevoer het van Gidgiddoni.

14 En dit het gebeur dat Giddianhi, wat gestaan en veg het met onverskrokkenheid, is agternagesit terwyl hy vlug; en omdat hy afgemat was weens sy vele gevegte, is hy ingehaal en doodgemaak. En so was die einde van Giddianhi die rower.

15 En dit het gebeur dat die leërs van die Nefiete weer teruggetrek het na hulle plek van veiligheid. En dit het gebeur dat hierdie negentiende jaar verbygegaan het, en die rowers het nie weer gekom om te veg nie; nóg het hulle weer gekom in die twintigste jaar.

16 En in die een en twintigste jaar het hulle nie tot die stryd opgekom nie, maar hulle het opgekom van alle kante om die volk van Nefi rondom te beleër; want hulle het veronderstel dat as hulle die volk van Nefi sou afsny van hulle lande, en hulle sou inperk aan elke kant, en as hulle hul sou afsny van al hulle buite aktiwiteite, dat hulle hulself kon laat oorgee volgens hulle wense.

17 Nou het hulle vir hulself ’n ander leier aangestel, wie se naam Zemnariha was; daarom was dit Zemnariha wat hierdie beleg laat plaasvind het.

18 Maar kyk, dit was ’n voordeel vir die Nefiete; want dit was onmoontlik vir die rowers om die beleg lank genoeg vol te hou om enige uitwerking te hê op die Nefiete, vanweë hul baie voorrade wat hulle opgeberg het,

19 En vanweë die skaarsheid aan voorrade onder die rowers; want kyk, hulle het niks gehad nie behalwe vleis vir hulle bestaan, welke vleis hulle bekom het in die wildernis;

20 En dit het gebeur dat die awild skaars begin word het in die wildernis, in soverre dat die rowers op die punt was om om te kom van honger.

21 En die Nefiete het aanhoudend bedags en snags gemarsjeer, en hulle leërs aangeval, en hulle gedood by duisende en by tienduisende.

22 En so het dit die begeerte geword van die volk van Zemnariha om te onttrek van hulle voorneme, vanweë die groot vernietiging wat bedags en snags oor hulle gekom het.

23 En dit het gebeur dat Zemnariha bevel gegee het aan sy volk dat hulle hulself moes onttrek van die beleg, en na die verste dele van die land noordwaarts marsjeer.

24 En nou, Gidgiddoni omdat hy bewus was van hulle voorneme, en omdat hy geweet het van hulle swakheid vanweë die gebrek aan voedsel, en die groot slagting wat gemaak is onder hulle, daarom het hy sy leërs uitgestuur gedurende die nag, en het die weg van hulle terugtog afgesny, en het sy leërs in die weg van hulle terugtog geplaas.

25 En dit het hulle gedoen gedurende die nag, en het op hulle opmars verby die rowers gegaan, sodat die volgende dag, toe die rowers hulle opmars begin het, is hulle ontmoet deur die leërs van die Nefiete beide op hulle front en op hulle agterhoede.

26 En die rowers wat aan die suide was, is ook afgesny in hulle plekke van terugtog. En al hierdie dinge is gedoen op bevel van Gidgiddoni.

27 En daar was baie duisende wat hulle oorgegee het as gevangenes aan die Nefiete, en die res van hulle is gedood.

28 En hulle leier, Zemnariha, is geneem en opgehang aan ’n boom, ja, en wel aan die top daarvan totdat hy dood was. En toe hulle hom gehang het totdat hy dood was, het hulle die boom neergevel tot teen die aarde, en het uitgeroep met ’n luide stem, en gesê:

29 Mag die Here sy volk bewaar in regverdigheid en in heiligheid van hart, dat hulle neergevel mag word tot op die aarde almal wat sal soek om hulle te dood vanweë mag en geheime organisasies, net soos hierdie man tot die grond neergevel is.

30 En hulle het gejubel en weer uitgeroep met een stem, en gesê: Mag die aGod van Abraham, en die God van Isak, en die God van Jakob, hierdie volk beskerm in regverdigheid, solank as hulle die Naam van hulle God vir beskerming sal baanroep.

31 En dit het gebeur dat hulle almal saam begin sing het, en hulle God ageloof het vir die groot ding wat Hy vir hulle gedoen het, deur hulle te bewaar om in die hande van hulle vyande te val.

32 Ja, hulle het uitgeroep: aHosanna aan die Allerhoogste God. En hulle het uitgeroep: Prys die Naam van die Here God bAlmagtig, die Allerhoogste God.

33 En hulle harte het uitgeswel van vreugde, tot die uitstorting van vele trane, vanweë die groot goedheid van God om hulle te verlos uit die hande van hulle vyande; en hulle het geweet dit was vanweë hulle bekering en hulle ootmoed dat hulle verlos was van ’n ewigdurende vernietiging.