Skrifture
3 Nefi 14


Hoofstuk 14

Jesus gebied: Oordeel nie, vra vir God; pas op vir valse profete—Hy belowe heil aan diegene wat die wil van die Vader doen—Vergelyk Matthéüs 7. Ongeveer 34 n.C.

1 En nou het dit gebeur dat toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy weer na die skare gedraai, en het weer sy mond tot hulle geopen, en gesê: Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, aOordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

2 aWant met welke oordeel julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met welke maat julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

3 En waarom sien jy die splinter wat in jou broer se oog is, maar merk nie die balk wat in jou eie oog is nie?

4 Of hoe sal jy vir jou broer sê: Laat my die splinter uit jou oog trek—en kyk, ’n balk is in jou eie oog?

5 Jou huigelaar, haal eers die abalk uit jou eie oog; en dan sal jy duidelik sien om die splinter uit jou broer se oog te haal.

6 Gee nie dit wat aheilig is aan die honde nie, nóg werp julle jul pêrels voor die varke, sodat hulle hul nie vertrap onder hulle voete, en omdraai en julle verskeur nie.

7 aVra, en dit sal gegee word aan julle; soek, en julle sal vind; klop, en dit sal vir julle oopgemaak word.

8 Want elkeen wat vra, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal dit oopgemaak word.

9 Of watter mens is daar onder julle, wat, as sy seun brood vra, hom ’n klip sal gee?

10 Of as hy ’n vis vra, sal hy hom ’n slang gee?

11 As julle dan, wat boos is, weet hoe om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie dinge gee aan hulle wat Hom vra?

12 Daarom, alle dinge wat ook al julle wil hê dat mense aan julle moet doen, adoen julle net so aan hulle; want dit is die wet en die profete.

13 Gaan julle in deur die aeng poort; want wyd is die poort, en bbreed is die weg, wat lei na vernietiging, en baie is daar wat daar ingaan;

14 Want eng is die apoort, en bsmal is die weg, wat lei na die lewe, en daar is cmin wat dit vind.

15 Pas op vir avalse profete, wat na julle in skaapsklere kom, maar van binne is hulle roofsugtige wolwe.

16 Julle sal hulle ken aan hulle vrugte. Oes mense druiwe van dorings, of vye van distels?

17 Net so bring elke goeie boom goeie vrugte voort; maar ’n slegte boom bring slegte vrugte voort.

18 ’n Goeie boom kan nie slegte vrugte voortbring nie, nóg kan ’n slegte boom goeie vrugte voortbring.

19 Elke boom wat nie goeie vrugte avoortbring nie word afgekap, en in die vuur gewerp.

20 Daarom, aan hulle avrugte sal julle hulle ken.

21 Nie elkeen wat aan My sê, Here, Here, sal ingaan in die koninkryk van die hemel nie; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

22 Baie sal aan my a op daardie dag: Here, Here, het ons nie geprofeteer in u Naam, en in u Naam duiwels uitgewerp, en in u Naam baie wonderlike werke gedoen nie?

23 En dan sal Ek aan hulle verklaar: Ek het julle nooit ageken nie; bgaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

24 Daarom, wie ook al hierdie woorde van My hoor en hulle doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man, wat sy huis op ’n arots gebou het—

25 En die areën het geval, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai, en geslaan teen daardie huis; en dit het nie bgeval nie, want dit was gevestig op ’n rots.

26 En elkeen wat hierdie woorde van my hoor en hulle nie doen nie, sal vergelyk word met ’n dwase man, wat sy huis op die asand gebou het—

27 En die reën het geval, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai, en geslaan teen daardie huis; en dit het geval, en groot was die val daarvan.