Skrifture
3 Nefi 13


Hoofstuk 13

Jesus leer die Nefiete die Onse Vader—Hulle moet skatte weglê in die hemel—Die twaalf dissipels in hulle bediening word gebied om nie bekommerd te wees oor stoflike dinge nie—Vergelyk Matthéüs 6. Ongeveer 34 n.C.

1 Voorwaar, voorwaar, Ek sê dat Ek wil dat julle aan die armes aaalmoese moet gee; maar pas op dat julle nie julle aalmoese voor die mense gee om gesien te word deur hulle nie; anders het julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.

2 Daarom, wanneer julle jul aalmoese gee, moenie ’n trompet blaas voor julle nie, soos die huigelaars sal gee in die sinagoges en op die strate, sodat hulle alof mag hê van die mense. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hulle beloning.

3 Maar wanneer julle aalmoese gee, laat julle linkerhand nie weet wat julle regterhand doen nie;

4 Sodat jul aalmoese in die geheim mag wees; en jul Vader, wat in die geheim sien, Hy sal julle openlik beloon.

5 En wanneer julle abid, moet julle nie doen soos die huigelaars nie, want hulle is lief om te bid, en staan in die sinagoges en op die hoeke van die strate, sodat hulle gesien mag word deur mense. Voorwaar, Ek sê vir julle, hulle het hulle beloning.

6 Maar julle, wanneer julle bid, gaan in jul binnekamer in, en wanneer julle jul deur gesluit het, bid tot jul Vader wat in die verborgenheid is, en jul Vader, wat in die geheim sien, sal julle openlik beloon.

7 Maar wanneer julle bid, gebruik nie ydele herhalings, soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle gehoor sal word vanweë hulle baie woorde.

8 Wees julle daarom nie soos hulle nie, want julle Vader aweet watter dinge julle nodig het nog voordat julle Hom vra.

9 Volgens hierdie awyse moet julle daarom bbid: Onse cVader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

10 Laat U wil geskied op aarde soos dit is in die hemel.

11 En vergeef ons ons skulde, soos ons ons skuldenaars vergewe.

12 En laat ons nie in versoeking agelei word nie, maar verlos ons van die bose.

13 Want aan U behoort die koninkryk, en die mag, en die heerlikheid, vir ewig. Amen.

14 Want, as julle mense hulle oortredings avergewe, sal julle Hemelse Vader ook julle vergewe;

15 Maar as julle nie mense hulle oortredings vergewe nie, nóg sal julle Vader julle oortredings vergewe.

16 Verder, wanneer julle avas, moenie wees soos die huigelaars, met ’n treurige gelaat nie, want hulle mismaak hulle gesigte sodat dit mag voorkom vir die mense dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hulle beloning.

17 Maar julle, wanneer julle vas, salf jul hoof, en was jul gesig;

18 Sodat julle nie vir mense voorkom dat julle vas nie, maar vir julle Vader, wat in die averborgenheid is; en jul Vader, wat in die geheim sien, sal julle openlik beloon.

19 Moenie vir julle skatte weglê op die aarde, waar mot en roes vernietig, en waar diewe inbreek en steel nie;

20 Maar lê vir julleself askatte weg in die hemel, waar nóg mot nóg roes vernietig, en waar diewe nie inbreek nie, nóg steel.

21 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

22 Die alig van die liggaam is die oog; daarom, as jul oog opreg is, sal julle hele liggaam vol lig wees.

23 Maar as julle oog boos is, sal julle hele liggaam vol donkerheid wees. As, daarom, die lig wat in julle is, duisternis is, hoe groot is daardie duisternis!

24 Geen mens kan twee meesters adien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê, óf anders sal hy die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie.

25 En nou het dit gebeur dat toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy na die twaalf gekyk wat Hy gekies het, en aan hulle gesê: Onthou die woorde wat Ek gespreek het. Want kyk, julle is diegene wat Ek gekies het om hierdie mense te adien. Daarom sê Ek aan julle, bbekommer julle nie oor julle lewe nie, wat julle sal eet, of wat julle sal drink nie; nóg oor julle liggaam, wat julle sal aantrek. Is die lewe nie meer as voedsel, en die liggaam as klere nie?

26 Kyk na die voëls van die lug, want hulle saai nie, nóg maai hulle nóg bring hulle bymekaar in skure; tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie beter as hulle nie?

27 Wie van julle, deur daaraan te dink kan een el voeg by sy lengte?

28 En waarom dink julle aan klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie, nóg spin hulle;

29 En tog sê Ek aan julle, dat selfs Salomo, in al sy heerlikheid, nie geklee was soos een van hierdie nie.

30 Daarom, as God die gras van die veld so klee, wat vandag is, en môre in ’n oond gewerp word, net so sal Hy julle klee, as julle nie kleingelowig is nie.

31 Daarom dink nie daaraan, en sê, Wat sal ons eet? of, Wat sal ons drink? of, Waarmee sal ons geklee word nie?

32 Want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

33 Maar soek julle eers die akoninkryk van God en sy regverdigheid, en al hierdie dinge sal tot julle bygevoeg word.

34 Dink julle daarom nie oor môre nie, want môre sal hom bekommer oor sy eie dinge. Genoegsaam is die dag aan sy eie boosheid.