Skrifture
3 Nefi 19


Hoofstuk 19

Die twaalf dissipels dien die volk en bid om die Heilige Gees—Die dissipels word gedoop en ontvang die Heilige Gees en die bediening van engele—Jesus bid en gebruik woorde wat nie geskrywe kan word nie—Hy getuig van die uitermate groot geloof van hierdie Nefiete. Ongeveer 34 n.C.

1 En nou het dit gebeur dat nadat Jesus opgevaar het in die hemel, het die skare uiteengegaan en elke man het sy vrou en sy kinders geneem en het na sy eie huis teruggekeer.

2 En dit is onmiddellik ver en wyd onder die volk bekendgemaak, voordat dit nog donker was, dat die skare Jesus gesien het, en dat Hy hulle gedien het, en dat Hy ook Homself die volgende dag aan die skare sou toon.

3 Ja, en wel deur die hele nag is dit ver en wyd bekend gemaak aangaande Jesus; en in so ’n mate het hulle aan die volk uitgestuur met die gevolg dat daar baie was, ja, ’n uitermate groot getal, het uitermate hard gewerk daardie hele nag sodat hulle die volgende dag op die plek mag wees waar Jesus Homself aan die skare sou toon.

4 En dit het gebeur dat die volgende dag, toe die skare bymekaargekom het, kyk, Nefi en sy broer wat hy opgewek het uit die dood, wie se naam Timótheüs was, en ook sy seun, wie se naam Jonas was, en ook Mathoni, en Mathoniha, sy broer, en Kumen, en Kumenonhi, en Jeremia, en Semnon, en Jonas, en Sedekía, en Jesaja—nou hierdie was die name van die dissipels wat Jesus gekies het—en dit het gebeur dat hulle uitgegaan en in die midde van die skare gaan staan het.

5 En kyk, die skare was so groot met die gevolg dat hulle hul in twaalf groepe laat verdeel het.

6 En die twaalf het die skare onderrig; en kyk, hulle het die skare laat neerkniel op die aangesig van die aarde, en laat bid tot die Vader in die Naam van Jesus.

7 En die dissipels het ook gebid tot die Vader in die Naam van Jesus. En dit het gebeur dat hulle opgestaan het en die volk gedien het.

8 En toe hulle daardie selfde woorde bedien het wat Jesus gespreek het—sonder afwyking van die woorde wat Jesus gespreek het—kyk, het hulle weer gekniel en gebid tot die Vader in die Naam van Jesus.

9 En hulle het gebid om dit wat hulle die meeste begeer het; en hulle het begeer dat die aHeilige Gees aan hulle gegee moes word.

10 En nadat hulle so gebid het, het hulle afgegaan na die waterkant, en die skare het hulle gevolg.

11 En dit het gebeur dat Nefi afgegaan het ain die water in en gedoop is.

12 En hy het opgekom uit die water en het begin om te doop. En hy het al diegene gedoop wat deur Jesus gekies is.

13 En dit het gebeur nadat hulle almal agedoop is en opgekom het uit die water, het die Heilige Gees op hulle geval, en hulle is gevul met die bHeilige Gees en met vuur.

14 En kyk, hulle is aomring soos met vuur; en dit het neergedaal van die hemel, en die skare het dit gesien, en het getuienis gelewer; en engele het neergedaal uit die hemel en hulle gedien.

15 En dit het gebeur dat terwyl die engele die dissipels gedien het, kyk, het Jesus gekom en gestaan in hul midde en hulle gedien.

16 En dit het gebeur dat Hy met die skare gespreek het, en hulle gebied het dat hulle weer moes neerkniel op die aarde, en ook dat sy dissipels moes neerkniel op die aarde.

17 En dit het gebeur dat toe hulle almal neergekniel het op die aarde, het Hy sy dissipels gebied dat hulle moes bid.

18 En kyk, hulle het begin om te bid; en hulle het gebid tot Jesus, en Hom hulle Here en hulle God genoem.

19 En dit het gebeur dat Jesus weggegaan het uit hulle midde, ’n entjie van hulle af gegaan het en homself neergebuig het op die aarde, en Hy het gesê:

20 Vader, Ek dank U dat U die Heilige Gees gegee het aan diegene wat Ek gekies het; en dit is vanweë hulle geloof in My dat Ek hulle gekies het uit die wêreld.

21 Vader, Ek bid U dat U die Heilige Gees sal gee aan al diegene wat in hulle woorde sal glo.

22 Vader, U het hulle die Heilige Gees gegee omdat hulle in My glo; en U sien dat hulle in My glo omdat U hulle hoor, en hulle bid tot My; en hulle bid tot My omdat Ek met hulle is.

23 En nou Vader, Ek bid tot U vir hulle, en ook vir al diegene wat in hulle woorde sal glo, sodat hulle in My mag glo, sodat Ek in hulle mag wees asoos U, Vader, in My is, sodat ons been mag wees.

24 En dit het gebeur dat nadat Jesus so gebid het tot die Vader, het Hy na sy dissipels gekom, en kyk, hulle het nog aangehou, sonder ophou, om te bid tot Hom; en hulle het nie abaie woorde gebruik nie, want dit is gegee aan hulle wat hulle moes bbid, en hulle was gevul met begeerte.

25 En dit het gebeur dat Jesus hulle geseën het terwyl hulle tot Hom gebid het; en sy gelaat het vir hulle geglimlag, en die lig van sy agelaat het geskyn op hulle, en kyk, hulle was so bwit soos die gelaat en ook die kleding van Jesus; en kyk die witheid daarvan het al die witheid oortref, ja, waarlik kon daar niks op aarde wees so wit as die witheid daarvan nie.

26 En Jesus het aan hulle gesê: Bid sonder ophou; en hulle het nie opgehou om te bid nie.

27 En Hy het weer van hulle af weggedraai, en ’n entjie weggegaan en Homself neergebuig op die aarde; en Hy het weer gebid tot die Vader, en gesê:

28 Vader, Ek dank U dat U diegene agereinig het wat Ek gekies het, vanweë hulle geloof, en Ek bid vir hulle, en ook vir hulle wat sal glo in hulle woorde, sodat hulle gereinig mag word in My, deur geloof in hulle woorde, net soos hulle gereinig word in My.

29 Vader, Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir diegene wat U My gegee het auit die wêreld, vanweë hulle geloof, dat hulle gereinig mag word in My, dat Ek in hulle mag wees soos U, Vader, in My is, dat ons een mag wees, dat Ek verheerlik mag word in hulle.

30 En toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy weer na sy dissipels gekom; en kyk, hulle het standvastig gebid, sonder ophou, tot Hom; en Hy het weer vir hulle geglimlag; en kyk hulle was awit, net soos Jesus.

31 En dit het gebeur dat Hy weer ’n entjie weggegaan het en gebid het tot die Vader;

32 En tong kan nie die woorde spreek wat Hy gebid het nie, nóg kan ageskryf word deur die mens die woorde wat Hy gebid het.

33 En die skare het gehoor en getuienis gelewer; en hulle harte was oop en hulle het in hul harte die woorde begryp wat Hy gebid het.

34 Nogtans, so groot en wonderbaarlik was die woorde wat Hy gebid het, dat hulle nie geskrywe kan word nie, nóg kan hulle ageuiter word deur die mens.

35 En dit het gebeur dat toe Jesus ’n einde gemaak het om te bid, het Hy weer na die dissipels gekom, en aan hulle gesê: Sulke groot ageloof het Ek nooit gesien onder al die Jode nie; daarom kon Ek nie aan hulle sulke groot wonderwerke toon nie, vanweë hulle bongeloof.

36 Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand van hulle wat sulke groot dinge gesien het as wat julle gesien het nie; nóg het hulle sulke groot dinge gehoor as wat julle gehoor het.