Hoofstuk 48
Amalikia sweep die Lamaniete op teen die Nefiete—Moroni berei sy volk voor om die saak van die Christene te verdedig—Hy verheug hom in vryheid en onafhanklikheid en is ’n magtige man van God. Ongeveer 72 v.C.
1 En nou het dit gebeur dat, sodra Amalikia die koninkryk bekom het, het hy begin om die harte van die Lamaniete aan te vuur teen die volk van Nefi; ja, hy het manne aangestel om met die Lamaniete te spreek van hulle torings af, teen die Nefiete.
2 En so het hy hulle harte aangevuur teen die Nefiete, in soverre dat teen die einde van die negentiende jaar van die heerskappy van die regters, omdat hy sy planne tot dusver verwesenlik het, ja, en koning gemaak is oor die Lamaniete, het hy ook gesoek om te heers oor die hele land, ja, en al die mense wat in die land was, die Nefiete sowel as die Lamaniete.
3 Daarom het hy sy planne verwesenlik, want hy het die harte van die Lamaniete verhard en hulle verstand verblind, en hulle opgestook tot toorn, in soverre dat hy ’n talryke leërskare byeengebring het om in die stryd op te trek teen die Nefiete.
4 Want hy was vasberade, vanweë die grootte van die getal van sy volk, om die Nefiete te oorweldig en om hulle in slawerny te bring.
5 En dus het hy hoofkapteins aangestel van die Zoramiete, omdat hulle die beste vertroud was met die sterkte van die Nefiete, en hulle plekke van skuiling, en die swakste dele van hulle stede; daarom het hy hulle aangestel om hoofkapteins te wees oor sy leërs.
6 En dit het gebeur dat hulle hul kamp opgeneem, en voortbeweeg het na die land Zarahemla die wildernis in.
7 Nou het dit gebeur dat terwyl Amalikia aldus besig was om mag te verkry deur bedrog en lis, was Moroni aan die anderkant, besig om die gedagtes van die volk voor te berei om getrou te wees aan die Here hulle God.
8 Ja, hy was besig om die leërs van die Nefiete te versterk, en om klein vestings op te rig, of plekke van skuiling; deur walle van grond rondom op te werp om sy leërs te omring, en ook deur mure van klip te bou om hulle te omsluit, rondom hulle stede en die grense van hulle landerye; ja, oral rondom die land.
9 En in hulle swakste versterkings het hy die groter getal manskappe geplaas; en so het hy die land gefortifiseer en versterk wat deur die Nefiete besit is.
10 En so was hy besig om voor te berei om hulle vryheid te verdedig, hulle landerye, hulle vroue, en hulle kinders, en hulle vrede, en dat hulle vir die Here hulle God mag lewe, en dat hulle dít mag handhaaf wat deur hulle vyande die saak van die Christene genoem is.
11 En Moroni was ’n sterk en ’n magtige man; hy was ’n man van ’n volmaakte begrip; ja, ’n man wat nie behae geskep het in bloedvergieting nie; ’n man wie se siel hom verbly het in die vryheid en onafhanklikheid van sy land, en sy broers van knegskap en slawerny;
12 Ja, ’n man wie se hart geswel het met danksegging aan sy God, vir die vele voorregte en seëninge wat Hy aan sy mense geskenk het; ’n man wat uitermate gearbei het vir die welsyn en veiligheid van sy volk.
13 Ja, en hy was ’n man wat standvastig was in die geloof van Christus, en hy het met ’n eed gesweer om sy volk, sy regte, en sy land, en sy godsdiens te verdedig, en wel tot die verlies van sy bloed.
14 Nou is die Nefiete geleer om hulself te verdedig teen hulle vyande, en wel tot die vergieting van bloed as dit nodig was; ja, en hulle is ook geleer om nooit aanstoot te gee nie, ja, en om nooit die swaard op te hef nie behalwe as dit was teen ’n vyand, behalwe as dit was om hulle lewens te bewaar.
15 En dit was hulle geloof, dat deur so te doen sou God hulle voorspoedig maak in die land, of met ander woorde, as hulle getrou was in die onderhouding van die gebooie van God, dat Hy hulle voorspoedig sou maak in die land; ja, hulle waarsku om te vlug, of om voor te berei vir oorlog, ooreenkomstig hulle gevaar.
16 En ook, dat God dit aan hulle bekend sou maak waarheen hulle moes gaan om hulleself te verdedig teen hulle vyande, en deur dit so te doen, sou die Here hulle verlos; en dit was die geloof van Moroni, en sy hart het hom daarin verbly; nie in die vergieting van bloed nie maar om goed te doen, deur sy mense te bewaar; ja, deur die gebooie van God te onderhou, ja, en ongeregtigheid te weerstaan.
17 Ja, voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle, as alle mense gewees het, en was en altyd sou wees soos Moroni, kyk, al die magte van die hel sou geskud gewees het vir ewig; ja, die duiwel sou nooit mag hê oor die harte van die kinders van mense nie.
18 Kyk, hy was ’n man soos Ammon, die seun van Mosia, ja, en ook soos die ander seuns van Mosia, ja, en ook Alma en sy seuns, want hulle was almal manne van God.
19 Nou kyk, Helaman en sy broers was nie minder diensbaar aan die volk as Moroni nie; want hulle het die woord van God gepreek, en hulle het alle mense wat ook al wou ag slaan op hulle woorde gedoop tot bekering.
20 En so het hulle uitgegaan, en die volk het hulle verootmoedig vanweë hulle woorde, in soverre dat hulle hoog begunstig was deur die Here, en dus was hulle vry van oorloë en twiste onder hulleself, ja, en wel vir ’n tydperk van vier jaar.
21 Maar, soos ek gesê het, teen die einde van die negentiende jaar, ja, nieteenstaande hulle vrede onder mekaar, was hulle teësinnig verplig om teen hulle broers, die Lamaniete, te veg.
22 Ja, en kortom, hulle oorloë het nooit opgehou vir ’n tydperk van baie jare met die Lamaniete, nieteenstaande hulle groot teësinnigheid nie.
23 Nou, hulle was jammer om wapens op te neem teen die Lamaniete, omdat hulle nie behae geskep het in die vergieting van bloed nie; ja, en dit was nie al nie—hulle was jammer om die oorsaak te wees om sovele van hulle broers uit hierdie wêreld te stuur, in ’n ewige wêreld in, onvoorbereid om hulle God te ontmoet.
24 Nogtans, hulle kon nie toelaat om hulle lewens neer te lê nie, sodat hulle vroue en kinders uitgemoor word deur die barbaarse wreedheid van diegene wat eens hulle broers was, ja, en wat afgeval het van hul kerk, en hulle verlaat het, en gegaan het om hulle te vernietig deur aan te sluit by die Lamaniete nie.
25 Ja, hulle kon nie verdra dat hulle broers hulle moes verheug oor die bloed van die Nefiete nie, solank daar nog eniges was wat die gebooie van God sou onderhou, want die belofte van die Here was, as hulle sy gebooie sou onderhou, sou hulle voorspoedig wees in die land.