Skrifture
Alma 11


Hoofstuk 11

Die Nefitiese geldstelsel word uiteengesit—Amulek twis met Zeesrom—Christus sal nie mense red in hulle sondes nie—Slegs diegene wat die koninkryk van die hemel beërwe is gered—Alle mense sal herrys in onsterflikheid—Daar is geen dood na die Opstanding nie. Ongeveer 82 v.C.

1 Nou was dit in die wet van Mosia dat elke man wat ’n regter van die wet was, of diegene wat as regters aangestel is, lone sou ontvang volgens die tyd wat hulle gearbei het om diegene te oordeel wat voor hulle gebring is om geoordeel te word.

2 Nou as ’n man ’n ander geskuld het, en hy wou nie dit betaal wat hy geskuld het nie, is hy aangekla by ’n regter; en die regter het gesag uitgeoefen, en het amptenare uitgestuur sodat die man voor hom gebring moes word; en hy het die man geoordeel volgens die wet en die bewyse wat teen hom gebring is, en sodoende was die man verplig om te betaal dit wat hy geskuld het, of anders moes hy gestroop of uitgewerp word onder die volk as ’n dief en ’n rower.

3 En die regter het sy loon ontvang volgens sy tyd—’n senien van goud vir ’n dag, of ’n senum van silwer wat gelyk is aan ’n senien van goud; en is volgens die wet wat gegee is.

4 Nou is dit die name van die verskillende stukke van hulle goud, en van hulle silwer, volgens hulle waarde. En die name is gegee deur die Nefiete, want hulle het nie gereken volgens die wyse van die Jode wat by Jerusalem was nie; ook het hulle nie gemeet volgens die wyse van die Jode nie; maar hulle het hul waardebepaling en hul mate gewysig volgens die oordeel en die omstandighede van die volk, in elke geslag, tot die heerskappy van die regters, en hulle is adaargestel deur koning Mosia.

5 Nou die berekening is as volg—’n senien van goud, ’n seon van goud, ’n sjum van goud, en ’n limna van goud.

6 ’n Senum van silwer, ’n amnor van silwer, ’n esrom van silwer, en ’n onti van silwer.

7 ’n Senum van silwer was gelyk aan ’n senien van goud, en enigeen vir ’n maat gars, en ook vir ’n maat van elke soort van graan.

8 Nou, die hoeveelheid van ’n seon van goud was tweekeer die waarde van ’n senien.

9 En ’n sjum van goud was tweekeer die waarde van ’n seon.

10 En ’n limna van goud was die waarde van hulle almal.

11 En ’n amnor van silwer was gelyk aan twee senums.

12 En ’n esrom van silwer was gelyk aan vier senums.

13 En ’n onti was gelyk aan hulle almal.

14 Nou, dit is die waarde van die kleiner munte van hulle geldstelsel—

15 ’n Sjiblon is die helfte van ’n senum; daarom, ’n sjiblon vir ’n halwe maat van gars.

16 En ’n sjiblum is die helfte van ’n sjiblon.

17 En ’n lea is die helfte van ’n sjiblum.

18 Nou, dit is hulle waarde, volgens hulle geldstelsel.

19 Nou is ’n antion van goud gelyk aan drie sjiblons.

20 Nou, dit was vir die uitsluitlike doel om gewin te verkry, want hulle het hul lone ontvang volgens hul werk, daarom, hulle het die volk opgestook tot oproere, en alle soorte steurnisse en boosheid, sodat hulle meer werk mag kry, sodat hulle ageld mag kry volgens die sake wat voor hulle gebring is; daarom het hulle die volk opgestook teen Alma en Amulek.

21 En hierdie Zeesrom het Amulek begin uitvra, en gesê: Sal jy my ’n paar vrae beantwoord wat ek jou sal vra? Nou was Zeesrom ’n man wat kundig was in die aplanne van die duiwel, sodat hy dit wat goed was mag vernietig; daarom het hy aan Amulek gesê: Sal jy die vrae beantwoord wat ek aan jou sal stel?

22 En Amulek het aan hom gesê: Ja, as dit is volgens die aGees van die Here, wat in my is; want ek sal niks sê wat teenstrydig is met die Gees van die Here nie. En Zeesrom het aan hom gesê: Kyk, hier is ses onties van silwer, en al hierdie sal ek jou gee as jy die bestaan sal ontken van ’n Opperwese.

23 Nou het Amulek gesê: O jou akind van die hel, hoekom bversoek jy my? Weet jy dat die regverdiges nie toegee aan enige sulke versoekings nie?

24 Glo jy dat daar geen God is nie? Ek sê vir jou, Nee, jy weet daar is ’n God, maar jy is liewer vir daardie agewin as vir Hom.

25 En nou het jy vir my gelieg voor God. Jy het aan my gesê—Kyk hierdie ses onties, wat van groot waarde is, sal ek vir jou gee—toe jy dit in jou hart gehad het om hulle van my terug te hou; en dit was slegs jou begeerte dat ek die ware en lewende God moes loën, sodat jy rede mag hê om my te vernietig. En nou kyk, vir hierdie groot sonde sal jy jou loon kry.

26 En Zeesrom het aan hom gesê: Jy sê daar is ’n ware en lewende God?

27 En Amulek het gesê: Ja, daar is ’n ware en lewende God.

28 Nou het Zeesrom gesê: Is daar meer as een God?

29 En hy het geantwoord, Nee.

30 Nou het Zeesrom weer aan hom gesê: Hoe weet jy hierdie dinge?

31 En hy het gesê: ’n aEngel het hulle aan my bekend gemaak.

32 En Zeesrom het weer gesê: Wie is Hy wat sal kom? Is dit die Seun van God?

33 En hy het aan hom gesê, Ja.

34 En Zeesrom het weer gesê: Sal Hy sy volk red ain hulle sondes? En Amulek het geantwoord en aan hom gesê: Ek sê vir jou Hy sal nie, want dit is onmoontlik vir Hom om sy woord te loën.

35 Nou het Zeesrom aan die volk gesê: Sien dat julle hierdie dinge onthou; want hy het gesê dat daar slegs een God is, tog sê hy dat die Seun van God sal kom, maar Hy sal nie sy volk red nie—asof hy gesag het om God te beveel.

36 Nou het Amulek weer aan hom gesê: Kyk, jy het gelieg, want jy sê ek het gespreek asof ek gesag gehad het om God te beveel, omdat ek gesê het dat Hy sy volk nie in hulle sondes sal red nie.

37 En ek sê vir julle weer dat Hy hulle nie in hulle asondes kan red nie; want ek kan sy woord nie loën nie, en Hy het gesê dat bgeen onrein ding die ckoninkryk van die hemel kan beërwe nie; daarom, hoe kan julle gered word, tensy julle die koninkryk van die hemel beërwe? Daarom, julle kan nie in julle sondes gered word nie.

38 Nou sê Zeesrom weer aan hom: Is die Seun van God die ware Ewige Vader?

39 En Amulek het aan hom gesê: Ja, Hy is die ware aEwige Vader van die hemel en die aarde, en balle dinge wat in hulle is; Hy is die begin en die einde, die eerste en die laaste;

40 En Hy sal in die awêreld kom om sy volk te bverlos; en Hy sal die oortredings van diegene wat glo in sy Naam op Hom cneem; en hierdie is hulle wat die ewige lewe sal hê, en heil kom na niemand anders nie.

41 Daarom bly die bose asof daar ageen verlossing bewerkstellig is nie, behalwe vir losmaking van die bande van die dood; want kyk, die dag kom dat balmal sal opstaan uit die dood en voor God staan, en cgeoordeel word volgens hulle werke.

42 Nou, daar is ’n dood wat ’n tydelike dood genoem word; en die dood van Christus sal die abande van hierdie tydelike dood losmaak, sodat almal opgewek sal word uit hierdie tydelike dood.

43 Die gees en die liggaam sal weer aherenig word in sy volmaakte vorm; beide ledemate en gewrig sal tot hulle natuurlike gestalte herstel word, net soos ons nou is op hierdie tydstip; en ons sal gebring word om te staan voor God, en weet net soos ons nou weet, en ’n heldere bherinnering hê van al ons cskuld.

44 Nou, hierdie herstelling sal tot almal kom, beide oud en jonk, beide gevangene en vrymanne, beide man en vrou, beide die bose en die regverdiges; en selfs sal daar nie soveel as ’n haar van hulle hoofde verlore gaan nie; maar elke ding sal aherstel word tot sy volmaakte gestalte, soos dit nou is, of in die liggaam, en sal gebring en gestel word voor die regbank van Christus die Seun, en God die bVader, en die Heilige Gees, wat ceen Ewige God is, om dgeoordeel te word volgens hulle werke, of hulle goed en of hulle boos is.

45 Nou, kyk, ek het met julle gespreek aangaande die dood van die sterflike liggaam, en ook aangaande die aopstanding van die sterflike liggaam. Ek sê vir julle dat hierdie sterflike liggaam bopgewek word tot ’n consterflike liggaam, dit is, uit die dood, en wel van die eerste dood tot die lewe, sodat hulle nie meer kan dsterwe nie; hulle geeste verenig met hulle liggame, om nooit geskei te word nie; sodoende word die geheel egeestelik en onsterflik, sodat hulle nie meer verderwing kan sien nie.

46 Nou, toe Amulek hierdie woorde voltooi het, het die volk weer begin om verbaas te wees, en ook Zeesrom het begin om te bewe. En so het die woorde van Amulek geëindig, of dit is al wat ek geskrywe het.