Skrifture
Alma 16


Hoofstuk 16

Die Lamaniete vernietig die volk van Ammoniha—Zoram lei die Nefiete na oorwinning oor die Lamaniete—Alma en Amulek en baie ander verkondig die woord—Hulle leer dat ná sy Opstanding sal Christus verskyn aan die Nefiete. Ongeveer 81–77 v.C.

1 En dit het gebeur in die elfde jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi, op die vyfde dag van die tweede maand, nadat daar baie vrede in die land Zarahemla was, nadat daar geen oorloë nóg twiste vir ’n sekere aantal jare was, en wel tot die vyfde dag van die tweede maand in die elfde jaar, is daar ’n geroep gehoor van oorlog dwarsdeur die land.

2 Want kyk, die leërs van die Lamaniete het ingekom van die kant van die wildernis af, tot in die grense van die land, en wel tot in die stad Ammoniha, en het begin om die volk te dood en die stad te verwoes.

3 En nou het dit gebeur, voordat die Nefiete ’n voldoende mag op die been kon kry om hulle te verdryf uit die land, het hulle die mense vernietig wat in die stad Ammoniha was, en ook sommiges rondom die grense van Noag, en ander gevange geneem die wildernis in.

4 Nou, dit het gebeur dat die Nefiete begerig was om diegene terug te kry wat gevange weggevoer is die wildernis in.

5 Daarom, hy wat aangestel was as hoofkaptein oor die leërs van die Nefiete, (en sy naam was Zoram, en hy het twee seuns gehad, Lehi en Agab)—nou Zoram en sy twee seuns, wetende dat Alma hoëpriester was oor die kerk, en omdat hulle gehoor het dat hy die gees van profesie gehad het, daarom het hulle na hom gegaan en van hom begeer om te weet of die Here wou hê dat hulle die wildernis moes ingaan op soek na hulle broers wat gevange geneem is deur die Lamaniete.

6 En dit het gebeur dat Alma vir die Here gevra het aangaande die saak. En Alma het teruggekeer en aan hulle gesê: Kyk, die Lamaniete sal die Sidon-rivier oorsteek in die suidelike wildernis, ver hoër anderkant die grense van die land Manti. En kyk, daar sal jy hulle ontmoet, aan die oostekant van die Sidon-rivier, en daar sal die Here jou broers aan jou oorgee wat gevange geneem is deur die Lamaniete.

7 En dit het gebeur dat Zoram en sy seuns die Sidon-rivier oorgesteek het, met hulle leërs, en wegmarsjeer het anderkant die grense van Manti in die suidelike wildernis, wat aan die oostekant van die Sidon-rivier was.

8 En hulle het afgekom op die leërs van die Lamaniete, en die Lamaniete is verstrooi en die wildernis ingejaag; en hulle het hulle broers geneem wat gevange geneem is deur die Lamaniete, en daar was nie een siel van hulle wat verlore gegaan het wat gevange geneem is nie. En hulle is gebring deur hulle broers om hulle eie landerye te besit.

9 En so het die elfde jaar van die regters geëindig; nadat die Lamaniete uit die land verdryf is, en die volk van Ammoniha vernietig is; ja, elke lewende siel van die Ammonihahiete is vernietig, en ook hulle groot stad, wat hulle gesê het God dit nie kon vernietig nie, vanweë sy grootheid.

10 Maar kyk, in een dag is dit verlate gelaat; en die lyke is vermink deur die honde en wilde diere van die wildernis.

11 Nogtans, na baie dae is hulle dooie liggame opgehoop op die aangesig van die aarde, en is hulle bedek met ’n dun bedekking. En nou, so groot was die stank daarvan dat die volk vir baie jare nie ingegaan het om die land Ammoniha te besit nie. En dit is genoem Verlatenheid van Nehors; want hulle was van die geloof van Nehor, wat gedood is; en hulle landerye het verlate gebly.

12 En die Lamaniete het nie weer kom oorlog maak teen die Nefiete tot die veertiende jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi nie. En dus vir drie jaar lank het die volk van Nefi voortdurende vrede in die hele land gehad.

13 En Alma en Amulek het uitgegaan om bekering te preek tot die volk in hulle tempels, en in hul heiligdomme, en ook in hulle sinagoges, wat gebou is volgens die wyse van die Jode.

14 En soveel as wat hulle woorde wou aanhoor, aan hulle het hul die woord van God meegedeel, sonder inagneming van persoon, voortdurend.

15 En so het Alma en Amulek uitgegaan, en ook veel meer wat gekies was vir die werk om die woord te preek dwarsdeur die hele land. En die vestiging van die kerk het algemeen geword dwarsdeur die land, in die hele streek rondom, onder die hele volk van die Nefiete.

16 En daar was geen ongelykheid onder hulle nie; die Here het sy Gees uitgestort op die hele aangesig van die land om die gemoed van die kinders van mense voor te berei, of om hulle harte voor te berei om die woord te ontvang wat onder hulle geleer sou word ten tyde van sy koms—

17 Sodat hulle nie verhard mag wees teen die woord nie, sodat hulle nie ongelowig mag wees nie, en aangaan tot vernietiging toe nie, maar sodat hulle die woord met vreugde mag ontvang, en soos ’n tak geënt word op die ware wingerdstok, sodat hulle die rus mag binnegaan van die Here hulle God.

18 Nou, daardie priesters wat uitgegaan het onder die volk, het gepredik teen alle leuens, en bedrog en afguns en onenigheid, en kwaadwilligheid en beledigings, en diefstal, roof, plunder, moord, egbreuk pleeg, en alle soorte wellustigheid, en uitgeroep dat hierdie dinge nie so behoort te wees nie—

19 En hulle het die dinge verkondig wat binnekort moes kom; ja, en hulle het die koms van die Seun van God verkondig, sy lyding en dood, en ook die opstanding van die dode.

20 En baie van die mense het navraag gedoen aangaande die plek waar die Seun van God sou kom; en hulle is geleer dat Hy aan hulle sou verskyn na sy opstanding; en dit het die volk aangehoor met groot vreugde en blydskap.

21 En nou, nadat die kerk gevestig is dwarsdeur die hele land—nadat die oorwinning oor die duiwel behaal is, en die woord van God in sy suiwerheid dwarsdeur die hele land gepredik is, en die Here sy seëninge op die volk uitgestort het—so het die veertiende jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi geëindig.