Seleksies vanuit die Joseph Smith-vertaling van die Bybel
Die volgende is geselekteerde gedeeltes van die Joseph Smith-vertaling van die King James-Bybel (JSV). Die Here het die Profeet Joseph Smith geïnspireer om waarhede tot die King James-Bybelteks te herstel wat verlore geraak het sedert die oorspronklike woorde geskryf is. Hierdie herstelde waarhede het leerstellings verhelder en skriftuurlike begrip verbeter.
Omdat die Here sekere waarhede aan Joseph geopenbaar het wat die oorspronklike outeurs opgeteken het, is die Joseph Smith-vertaling anders as enige ander Bybelvertaling in die wêreld. In hierdie sin word die woord vertaling in ’n breër en op ’n ander wyse as normaalweg gebruik, want Joseph se vertaling was meer openbaring as letterlike vertaling van een taal in ’n ander.
Joseph Smith se vertaling van die King James-Bybel word verbind met of word genoem in verskeie afdelings van die Leer en Verbonde (sien afdelings 37, 45, 73, 76, 77, 86, 91, en 132). Die boek van Moses en Joseph Smith—Matthéüs is ook uittreksels uit die Joseph Smith-vertaling.
Vir meer inligting oor die Joseph Smith-vertaling, sien “Joseph Smith-vertaling (JSV)” in die Gids tot die Skrifture.
Die volgende illustrasie is ’n voorbeeld van ’n seleksie uit die Joseph Smith-vertaling:
© 2018 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Source: 5/21