Studiehulp
JSV, 2 Thessalonicense 2


JST, 2 Thessalonicense 2:2–3, 7–9. Vergelyk 2 Thessalonicense 2:2–9

Satan sal die afval of wegvalling veroorsaak voor die Here terugkeer.

2 Dat julle nie spoedig verstandelik geskud word nie, of deur ’n brief verontrus word nie, tensy julle dit van ons ontvang; nóg deur gees, nóg deur woord, asof die dag van Christus op hande is.

3 Laat niemand julle op enige wyse bedrieg nie; want daar sal eers ’n afval kom, en daardie man van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf;

7 Want die verborgenheid van ongeregtigheid is alreeds aan die werk, en dit is hý wat nou werk, en Christus laat hom toe om te werk, totdat die tyd vervul is dat hy uit die weg geneem sal word.

8 En dan sal daardie bose een geopenbaar word, vir wie die Here sal verteer met die gees van sy mond, en sal met die helderheid van sy koms vernietig.

9 Ja, die Here, naamlik Jesus Christus, wie se koms nie is tot ná daar ’n afval gekom het nie, deur die werking van Satan met alle mag, en tekens en leuenagtige wonders,