Studiehulp
JSV, Galásiërs 3


JSV, Galásiërs 3:19–20. Vergelyk Galásiërs 3:19–20

Moses is die middelaar van die eerste verbond of die wet. Jesus Christus is die middelaar van die nuwe verbond.

19 Daarom dan, is die wet bygevoeg as gevolg van oortredings, tot die saad sou kom aan wie die belofte gemaak is in die wet wat aan Moses gegee is, wat deur die hand van engele geordineer is om ’n middelaar te wees van hierdie eerste verbond (die wet).

20 Nou was hierdie middelaar nie ’n middelaar van die nuwe verbond nie; maar daar is één middelaar van die nuwe verbond, wat Christus is, soos dit geskryf is in die wet betreffende die beloftes wat aan Abraham en sy saad gemaak is. Nou, Christus is die Middelaar van die lewe; want dit is die belofte wat God aan Abraham gemaak het.