Studiehulp
JSV, Lukas 6


JSV, Lukas 6:29–30. Vergelyk Lukas 6:29–30

Jesus leer dat dit beter is om vervolging te verduur as om teen ’n vyand te stry.

29 En aan hom wat jou op die wang slaan, bied ook die ander aan, of, met ander woorde, dit is beter om die ander aan te bied as om weer uit te vaar. En aan hom wat jou bo-kleed neem, verbied hom nie om ook jou onderkleed te neem nie.

30 Want dit is beter dat jy jou vyand toelaat om hierdie dinge te neem, as om met hom te stry. Voorwaar Ek sê vir julle, Julle hemelse Vader wat in die geheim sien, sal daardie bose een onder oordeel bring.