Studiehulp
JSV, Lukas 24


JSV, Lukas 24:2–4. Vergelyk Lukas 24:2–5

Die vroue sien twee engele by Jesus se grafkelder.

2 En hulle het die steen weggerol van die grafkelder gevind, en twee engele wat daarby staan in blink klere.

3 En hulle het die grafkelder binnegegaan, en toe hulle nie die liggaam van die Here Jesus gevind het nie, was hulle baie verbaas daaroor;

4 En was bevrees, en het hulle gesigte neergebuig na die aarde toe. Maar kyk, die engele het vir hulle gesê, Waarom soek julle die lewende onder die dooies?