Studiehulp
JSV, Lukas 24


JSV, Lukas 24:2–4. Vergelyk Lukas 24:2–5

Die vroue sien twee engele by Jesus se grafkelder.

En hulle het die steen weggerol van die grafkelder gevind, en twee engele wat daarby staan in blink klere.

En hulle het die grafkelder binnegegaan, en toe hulle nie die liggaam van die Here Jesus gevind het nie, was hulle baie verbaas daaroor;

En was bevrees, en het hulle gesigte neergebuig na die aarde toe. Maar kyk, die engele het vir hulle gesê, Waarom soek julle die lewende onder die dooies?