Skrifture
Moroni 4


Hoofstuk 4

Hoe ouderlinge en priesters die nagmaalsbrood bedien, word uiteengesit. Ongeveer 401–421 n.C.

1 Die wyse waarop hulle ouderlinge en priesters die vlees en bloed van Christus aan die kerk bedien; en hulle het dit bedien volgens die gebooie van Christus; daarom weet ons dat dié wyse juis is; en die ouderling of priester het dit bedien—

2 En hulle het neergekniel saam met die kerk, en gebid tot die Vader in die Naam van Christus, en gesê:

3 O God, die Ewige Vader, ons vra U in die naam van u Seun, Jesus Christus, om hierdie brood te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan gebruik; dat hulle mag eet ter gedagtenis aan die liggaam van u Seun, en getuig voor U, o God, die Ewige Vader, dat hulle gewillig is om op hulle die naam van u Seun te neem, en Hom altyd te onthou en sy gebooie te onderhou wat Hy hulle gegee het, sodat hulle altyd sy Gees mag hê om met hulle te wees. Amen.