Skrifture
3 Nefi 7


Hoofstuk 7

Die hoofregter word vermoor, die regering word vernietig, en die volk verdeel in stamme—Jakob, ’n Antichris, word koning van ’n geheime organisasie—Nefi preek bekering en geloof in Christus—Engele dien hom daagliks, en hy wek sy broer op uit die dood—Baie bekeer en word gedoop. Ongeveer 30–33 n.C.

1 Nou kyk, ek sal aan julle toon dat hulle nie ’n koning oor die land gevestig het nie; maar in hierdie selfde jaar, ja, die dertigste jaar, het hulle op die regterstoel vernietig, ja, het hulle die hoofregter van die land vermoor.

2 En die volk was verdeeld, een teen die ander; en hulle het afgeskei, een van die ander in stamme, elke man volgens sy familie en sy verwante en vriende; en so het hulle die regering van die land vernietig.

3 En elke stam het ’n hoof of ’n leier aangestel oor hulle; en so het hulle stamme geword en leiers van stamme.

4 Nou kyk, daar was geen man onder hulle nie of hy het baie familie gehad en baie verwante en vriende; daarom het hulle stamme uitermate groot geword.

5 Nou, dit alles is gedoen, en daar was geen oorlog tot dusver onder hulle nie; en al hierdie ongeregtigheid het oor die volk gekom omdat hulle hulself aoorgegee het aan die mag van Satan.

6 En die verordeninge van die regering is vernietig, vanweë die ageheime organisasie van die vriende en verwante van diegene wat die profete vermoor het.

7 En hulle het ’n groot twis in die land veroorsaak, in soverre dat die meer regverdige deel van die volk byna almal boos geword het; ja, daar was maar min regverdige mense onder hulle.

8 En so, ses jaar het nie verbygegaan vandat die grootste gedeelte van die volk hulle weggedraai het van hul regverdigheid nie, soos ’n hond na sy abraaksel, of soos die sog na haar gerol in die modder nie.

9 Nou hierdie geheime organisasie, wat sulke groot ongeregtigheid oor die volk gebring het, het hulleself bymekaar gemaak, en het aan hulle hoof ’n man geplaas wat hulle Jakob genoem het;

10 En hulle het hom hul koning genoem; daarom het hy koning geword oor hierdie goddelose bende; en hy was een van die vernaamstes wat sy stem verhef het teen die profete wat getuig het van Jesus.

11 En dit het gebeur dat hulle nie so sterk in getal was as die stamme van die volk wat saam verenig was nie, behalwe dat dit hul leiers was wat hulle wette vasgestel het, elkeen volgens sy stam; nogtans was hulle vyande; nieteenstaande hulle nie ’n regverdige volk was nie, tog was hulle verenig in die haat van diegene wat ’n verbond gesluit het om die regering te vernietig.

12 Daarom, Jakob, omdat hy gesien het dat hulle vyande talryker was as hulle, omdat hy die koning was van die bende, daarom het hy sy volk beveel dat hulle moes vlug na die noordelikste deel van die land, en daar vir hulleself ’n akoninkryk opbou, totdat afvalliges by hulle aangesluit het (want hy het hulle gevlei dat daar baie afvalliges sou wees) en hulle voldoende sterk word om te veg teen die stamme van die volk; en hulle het so gemaak.

13 En so vinnig was hulle opmars dat dit nie gestuit kon word totdat hulle weggegaan het buite die bereik van die volk nie. En so het die dertigste jaar geëindig; en so was die sake van die volk van Nefi.

14 En dit het gebeur in die een en dertigste jaar dat hulle verdeel was in stamme, elke man volgens sy familie, verwante en vriende; nogtans het hulle tot ’n ooreenkoms gekom dat hulle nie oorlog sou voer die een teen die ander nie; maar hulle was nie verenig met betrekking tot hulle wette nie, en hulle wyse van regering, want hulle is vasgestel volgens die denke van diegene wat hulle hoofde en hulle leiers was. Maar hulle het baie streng wette vasgestel dat een stam nie sou oortree teen ’n ander nie, in soverre dat hulle tot ’n sekere mate vrede gehad het in die land; nogtans, hulle harte was weggedraai van die Here hulle God, en hulle het die profete gestenig en het hulle uitgewerp onder hulle.

15 En dit het gebeur dat aNefi—omdat hy besoek is deur engele en ook die stem van die Here, daarom, omdat hy engele gesien het, en omdat hy ooggetuie was, en omdat mag aan hom gegee is sodat hy mag weet aangaande die bediening van Christus, en ook omdat hy ooggetuie was van hulle spoedige terugkeer van regverdigheid na hulle boosheid en gruwels;

16 Daarom, omdat hy bedroef was oor die hardheid van hulle harte en die blindheid van hulle verstand—het hy uitgegaan onder hulle in daardie selfde jaar, en het begin om te getuig, onverskrokke, bekering en vergifnis van sondes deur geloof in die Here Jesus Christus.

17 En hy het baie dinge vir hulle geleer; en alles daarvan kan nie geskryf word nie, en ’n gedeelte daarvan sou nie voldoen nie, daarom word hulle nie geskrywe in hierdie boek nie. En Nefi het geleer met akrag en met groot gesag.

18 En dit het gebeur dat hulle toornig was op hom, naamlik omdat hy groter mag gehad het as hulle, want dit was anie moontlik dat hulle sy woorde nie kon glo nie, want so groot was sy geloof in die Here Jesus Christus, dat engele hom daagliks bedien het.

19 En in die naam van Jesus het hy duiwels uitgewerp en aonreine geeste; en selfs sy broer het hy opgewek uit die dode, nadat hy gestenig en gedood is deur die volk.

20 En die volk het dit gesien, en was getuie daarvan, en was toornig op hom vanweë sy mag; en hy het ook abaie meer wonderwerke voor die oë van die volk gedoen in die naam van Jesus.

21 En dit het gebeur dat die een en dertigste jaar verbygegaan het, en daar was net ’n paar wat bekeer is tot die Here; maar soveel as wat bekeer is, het waarlik te kenne gegee aan die volk dat hulle besoek was deur die krag en Gees van God, wat in Jesus Christus was, in wie hulle geglo het.

22 En soveel as wat duiwels uit hulle uitgewerp gehad het, en genees is van hulle siektes en hulle krankhede, het waarlik aan die volk verklaar dat hulle beïnvloed is deur die Gees van God, en genees is; en hulle het ook tekens getoon, en het sommige wonderwerke gedoen onder die volk.

23 So het die twee en dertigste jaar ook verbygegaan. En Nefi het tot die volk geroep aan die begin van die drie en dertigste jaar; en hy het aan hulle bekering en vergifnis van sondes gepreek.

24 Nou wil ek hê dat julle ook moet onthou, dat daar niemand was wat tot bekering gebring is wat nie met water agedoop is nie.

25 Daarom, daar is manne deur Nefi geordineer tot hierdie bediening, sodat al diesulkes wat na hulle sou kom, gedoop moes word met water, en dit as ’n getuienis en ’n betuiging voor God, en aan die volk, dat hulle bekeer het en ’n avergifnis ontvang het van hulle sondes.

26 En daar was baie aan die begin van hierdie jaar wat gedoop is tot bekering; en so het die grootste gedeelte van die jaar verbygegaan.