Studiehulp
JSV, Matthéüs 16


JSV, Matthéüs 16:25–29. Vergelyk Matthéüs 16:24–26

Jesus verduidelik wat dit beteken “om jou kruis op te neem”: om alle goddeloosheid en elke wêreldse lus te versaak en om sy gebooie te onderhou.

25 Toe sê Jesus vir sy dissipels, Indien enigeen agter My wil aankom, laat hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

26 En nou, vir ’n mens om sy kruis op te neem, is om homself van alle goddeloosheid te weerhou, en elke wêreldse lus, en My gebooie te onderhou.

27 Verbreek nie my gebooie om julle lewens te red nie; want elkeen wat sy lewe wil red in hierdie wêreld sal dit verloor in die wêreld wat kom.

28 En wie ook al sy lewe in hierdie wêreld sal verloor, om my ontwil, sal dit vind in die wêreld wat kom.

29 Daarom, versaak die wêreld, en red julle siele; want wat baat dit ’n mens, indien hy die hele wêreld win en sy eie siel verloor? Of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy siel?