Studiehulp
9. Die Wêreld van die Ou Testament


9. Die Wêreld van die Ou Testament

Beeld
Bybelkaart 9

N

Kaukasus

Kaspiese See

Berg Árarat?

Swart See

Urartu

Horiete

Troje

Hetiete

Ur?

Haran (Paddan-Aram)

Assirië

Kárkemis

Mesopotamië

Ninevé

Eufraatrivier

Assur

Akkad

Vlakte van Dura

Susan (Susa)

Tigrisrivier

Babilon

Rhodus

Kittim (Ciprus)

Babel (Sínear)

Aram

Kaftor (Kreta)

Elam

Sidon

Fenisië

Damaskus

Babilonië

Tirus

Arabiese Woestyn

Ur?

See van Kinnéret (Galiléa)

Megíddo

Groot of Oppersee (Middellandse See)

Jerusalem (Salem)

Benede See (Persiese Golf)

Kanaän

Soutsee (Dooie See)

Berséba

Nyldelta

Gosen

Midian

Libiese Woestyn

On

Éseon-Geber

Egipte

Nyl

Berg Sinai? (Horeb)

Rooi See

Kilometer

0 100 200 300 400

A B C D E F G H

1 2 3 4

1

2

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

  1. Berg Árarat Die plek waar Noag se ark volgens oorlewering geland het (Gén. 8:4). Die presiese plek is nie bekend nie.

  2. Ur Eerste woonplek van Abraham, naby die mond van die Eufraat, waar hy amper die slagoffer van menslike offerande was, het die engel van Jehova gesien, en die Urim en Tummim ontvang (Gén. 11:28–12:1; Abr. 1; 3:1). (Let op ook ’n moontlike alternatiewe ligging van Ur in noordelike Mesopotamië).

  3. Babilon, Babel (Sínear) Eerste gevestig deur Kus, die seun van Gam, en deur Nimrod. Area van oorsprong van Jerediete in die tyd van die Toring van Babel in die vlakte van Sínear. Later die provinsiale hoofstad van Babilonië en tuiste van Babiloniese konings, insluitend Nebukadnésar wat baie Jode in slawerny weggevoer het na sy stad na die vernietiging van Jerusalem (587 v.C.). Die Jode het vir 70 jaar in slawerny gebly in Babilon tot die tyd van Koning Kores, wat toegelaat het dat die Jode terugkeer na Jerusalem om die tempel te herbou. Daniël die profeet het ook hier gewoon onder Nebukadnésar, Bélsasar, en Daríus Ⅰ (Gén. 10:10; 11:1–9; 2 Kon. 24–25; Jer. 27:1–29:10; Eség. 1:1; Dan. 1–12; Omni 1:22; Ether 1:33–43).

  4. Susan (Susa) Hoofstad van die Persiese Ryk onder die bewind van Daríus Ⅰ (Darius die Grote), Xerxes (Ahasvéros), en Artasásta. Woonplek van Koningin Ester, wie se moed en geloof die Jode gered het. Daniël en later Nehemía het hier gedien (Neh. 1:1; 2:1; Ester 1:1; Dan. 8:2).

  5. Vlakte van Dura Sadrag, Mesag en Abednégo word in ’n brandende vuuroond gegooi toe hulle weier om ’n goue beeld wat deur Nebukadnésar geskep is te aanbid; die Seun van God behoed hulle, en hulle verlaat die vuuroond ongedeerd (Dan. 3).

  6. Assirië Assur was Assirië se eerste hoofstad, gevolg deur Ninevé. Assiriese heersers Salmanéser Ⅴ en Sargon Ⅱ neem die Noordelike Koninkryk van Israel in en voer die tien stamme weg in ballingskap in 721 v.C. (2 Kon. 14–15; 17–19). Assirië was ’n bedreiging vir Juda tot 612 v.C., toe Assirië deur Babilon ingeneem was.

  7. Ninevé Die hoofstad van Assirië. Assirië het die land Juda aangeval gedurende die heerskappy van Hiskía en die bediening van die profeet Jesaja. Jerusalem, die hoofstad van Juda was wonderbaarlik gespaar toe ’n engel 185,000 Assiriese soldate verslaan het (2 Kon. 19:32–37). Die Here het vir die profeet Jona aangesê om hierdie stad tot bekering te roep (Jona 1:2; 3:1–4).

  8. Haran Abraham het hom vir ’n tydperk hier gevestig voor hy na Kanaän gegaan het. Abraham se vader en broer het hier agtergebly. Rebekka (Isak se vrou), en Ragel, Lea, Bilha en Silpa (Jakob se vrouens), het van hierdie area gekom (Gén. 11:31–32; 24:10; 29:4–6; Abr. 2:4–5).

  9. Kárkemis Farao Nego is hier deur Nebukadnésar verslaan, wat die Egiptiese mag in Kanaän beeïndig het (2 Kron. 35:20–36:6).

  10. Sidon Hierdie stad is gestig deur Sidon, kleinseun van Gam, en is die noordelikste Kanaänitiese stad (Gén. 10:15–20). Dit was die woonplek van Jesebel wat die aanbidding van Baäl aan die Israeliete bekendgestel het (1 Kon. 16:30–33).

  11. Tirus Hierdie was ’n belangrike kommersiële en hawestad in Aram. Hiram van Tirus het sederhout en goud gestuur om Salomo te help met die bou van sy tempel (1 Kon. 5:1–10, 18; 9:11).

  12. Damaskus Abraham het Lot hier naby gered. Dit was die hoofstad van Aram. Gedurende Koning Dawid se heerskappy het die Israeliete die stad ingeneem. Elía het Hásael gesalf tot koning van Damaskus (Gén. 14:14–15; 2 Sam. 8:5–6; 1 Kon. 19:15).

  13. Kanaän Abraham, Isak, Jakob en hulle afstammelinge is hierdie land gegee as ’n ewigdurende besitting (Gén. 17:8; 28).

  14. Berg Sinai (Horeb) Die Here het met Moses gespreek vanuit ’n brandende doringbos (Ex. 3:1–2). Moses ontvang die Wet en Tien Gebooie (Ex. 19–20). Die Here het met Elía in ’n stil, klein stemmetjie gesspreek (1 Kon. 19:8–12).

  15. Éseon-Geber Koning Salomo het ’n “vloot van skepe” gebou in Éseon-Geber (1 Kon. 9:26). Die koningin van Skeba het moontlik by hierdie hawe geland nadat sy van Salomo se faam gehoor het (1 Kon. 10:1–13).

  16. Egipte Abraham het hierheen gereis as gevolg van ’n groot hongersnood in Ur (Abr. 2:1, 21). Die Here het Abraham aangesê om die Egiptenare te leer wat Hy aan hom geopenbaar het (Abr. 3:15). Nadat Josef se broers hom in slawerny verkoop het (Gén. 37:28), het Josef hier ’n heerser geword in Pótifar se huis. Hy was in die gevangenis gewerp. Hy het Farao se droom geïnterpreteer en is ’n gesagsposisie in Egipte gegee. Josef en sy broers is verenig. Jakob en sy familie het hierheen getrek (Gén. 39–46). Die kinders van Israel het in Gosen gebly tydens hulle vertoef in Egipte (Gén. 47:6).

    Die Israeliete het vermenigvuldig en buitengewoon magtig geword; hulle word in slawerny geplaas deur die Egiptenare (Ex. 1:7–14). Na ’n reeks plae het Farao Israel toegelaat om Egipte te verlaat (Ex. 12:31–41). Jeremia is na Egipte geneem (Jer. 43:4–7).

  17. Kaftor (Kreta) Die antieke land van die Minoërs.

Druk