Studiehulp
13. Die Sendingreise van die Apostel Paulus


13. Die Sendingreise van die Apostel Paulus

Beeld
Bybelkaart 13

N

Sleutel

Eerste Reis

Tweede Reis

Derde Reis

Reis na Rome

Italië

Swart See

Rome

Macedónië

Pontus

Drie Herberge

Bithínië

Áppius-markplein

Thessaloníka

Filíppi

Putéoli

Troas

Beréa

Galásië

Samotrake

Mísië

Asië

Pergamos

Kappadócië

Antiochíë

Lud

Frígië

Smirna

Ikónium

Tarsus

Chios

Éfese

Pisídië

Listre

Athene

Korinthe

Laodicéa

Régium

Acháje

Miléte

Pamfílië

Derbe

Licië

Perge

Antiochíë

Patmos

Cilícië

Sirakúse

Mira

Cnidus

Rhodus

Ciprus

Salamis

Melíte (Malta)

Kreta

Pafos

Sidon

Aram

Tirus

Mooi Hawens

Fenisië

Damaskus

Ptolemáis

Middellandse See

Cesaréa

Samaría

Joppe

Jerusalem

Gasa

Ciréne

Alexandríë

Egipte

Libië

Kilometer

0 100 200 300 400

A B C D E F G H

1 2 3 4

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

  1. Gasa Filippus predik van Christus en doop ’n Ethiopiese hofdienaar op pad na Gasa (Hand. 8:26–39).

  2. Jerusalem Sien kaart 12 vir gebeure in Jerusalem.

  3. Joppe Petrus ontvang ’n visioen dat God die geskenk van bekering aan die nie-Jode gee (Hand. 10; 11:5–18). Petrus wek Tabíta op uit die dood (Hand. 9:36–42).

  4. Samaría Filippus dien in Samaría (Hand. 8:5–13), en Petrus en Johannes het later hier onderrig (Hand. 8:14–25). Nadat hulle die gawe van die Heilige Gees geskenk het, wou Simon die towenaar hierdie gawe van hulle koop (Hand. 8:9–24).

  5. Cesaréa Nadat ’n engel die hoofman Cornelius hier gedien het, stem Petrus in dat hy gedoop word (Hand. 10). Hier het Paulus homself voor Agríppa verdedig (Hand. 25–26; sien ook JS—G 1:24–25).

  6. Damaskus Jesus verskyn aan Saulus (Hand. 9:1–7). Nadat Ananías Saulus se sig herstel het, is Saulus gedoop en hy begin sy bediening (Hand. 9:10–27).

  7. Antiochíë (in Aram) Hier is dissipels vir die eerste keer Christene genoem (Hand. 11:26). Ágabus voorspel hongersnood (Hand. 11:27–28). Groot onenigheid het in Antiochíë ontstaan aangaande besnydenis (Hand. 14:26–28; 15:1–9). Paulus begin sy tweede sendingreis in Antiochíë met Silas, Bárnabas en Judas Bársabas (Hand. 15:22, 30, 35).

  8. Tarsus Paulus se geboortestad; Paulus word deur die broeders hierheen gestuur om sy lewe te beveilig (Hand. 9:29–30).

  9. Ciprus Nadat hulle vervolg is, vlug ’n aantal heiliges na hierdie eiland (Hand. 11:19). Paulus reis deur Ciprus op sy eerste sendingreis (Hand. 13:4–5), so ook Bárnabas en later Markus (Hand. 15:39).

  10. Pafos Paulus het ’n towenaar hier vervloek (Hand. 13:6–11).

  11. Derbe Paulus en Bárnabas het die evangelie in hierdie stad gepredik (Hand. 14:6–7, 20–21).

  12. Listre Nadat Paulus ’n kreupel man genees het, is hy en Bárnabas as gode beskou. Paulus is gestenig en vir dood agtergelaat, maar hy het weer opgestaan en sy prediking voortgesit (Hand. 14:6–21). Timótheüs kom hiervandaan (Hand. 16:1–3).

  13. Ikónium Op hulle eerste sending het Paulus en Bárnabas hier gepredik en is met steniging gedreig (Hand. 13:51–14:7).

  14. Laodicéa en Kolosse Laodicéa is een van die gemeentes van die Kerk wat Paulus besoek het en van briewe ontvang het (Kol. 4:16). Dit is ook een van die sewe stede wat in Openbaring genoem word (die ander is Éfese, Smirna, Pérgamus, Thiatíre, Sardis en Filadelfía; sien Openb. 1:11). Kolosse is 18 kilometer oos van Laodicéa. Paulus het aan die Heiliges geskryf wat hier gewoon het.

  15. Antiochíë (in Pisídië) Op hulle eerste sendingreis het Paulus en Bárnabas die Jode geleer dat Christus van die geslag van Dawid is. Paulus het die evangelie aan Israel gebied, en daarna aan die ander volke. Paulus en Bárnabas is vervolg en uitgewerp (Hand. 13:14–50).

  16. Miléte Terwyl Paulus hier op sy derde sendingreis was, waarsku hy die ouderlinge van die Kerk dat “wrede wolwe” onder die kudde sou kom (Hand. 20:29–31).

  17. Patmos Johannes was ’n gevangene op die eiland toe hy die visioene ontvang het wat nou in die boek Openbaring vervat is (Openb. 1:9).

  18. Éfese Apollos het hier met mag gepreek (Hand. 18:24–28). Paulus het op sy derde sendingreis vir twee jaar in Éfese gebly waar hy baie mense onderrig en bekeer het (Hand. 19:10, 18). Hy ken die gawe van die Heilige Gees toe deur die oplegging van hande (Hand. 19:1–7) en verrig baie wonderwerke, onder andere die uitdrywing van bose geeste (Hand. 19:8–21). Aanbidders van Diana het ’n oproer teen Paulus veroorsaak (Hand. 19:22–41). Deel van Openbaring is aan die Kerk in Éfese gerig (Openb. 1:11).

  19. Troas Terwyl Paulus hier was op sy tweede sendingreis, het hy ’n visioen van ’n man in Macedónië wat om hulp vra, gesien (Hand. 16:9–12). Terwyl hy hier was op sy derde sendingreis, wek hy Eútichus op uit die dood (Hand. 20:6–12).

  20. Filíppi Paulus, Silas en Timótheüs bekeer ’n vrou genaamd Lídia, dryf ’n bose gees uit, en word geslaan (Hand. 16:11–23). Hulle ontvang Goddelike hulp om uit die gevangenis te ontsnap (Hand. 16:23–26).

  21. Athene Terwyl Paulus op sy tweede sendingreis in Athene was, predik hy by Areópagus aangaande ’n “onbekende God” (Hand. 17:22–34).

  22. Korinthe Paulus het na Korinthe gegaan op sy tweede sendingreis, waar hy by Áquila en Priscílla tuisgegaan het. Hy het hier gepredik en baie mense gedoop (Hand. 18:1–18). Uit Korinthe het Paulus sy sendbrief aan die Romeine geskryf.

  23. Thessaloníka Paulus het hier gepredik tydens sy tweede sendingreis. Sy sendinggroep vertrek na Beréa ná die Jode hulle veiligheid bedreig het (Hand. 17:1–10).

  24. Beréa Paulus, Silas en Timótheüs vind opregte siele om te onderrig tydens Paulus se tweede sendingreis. Die Jode van Thessaloníka agtervolg en vervolg hulle (Hand. 17:10–13).

  25. Macedónië Paulus het hier tydens sy tweede en derde sendingreise onderrig (Hand. 16:9–40; 19:21). Paulus prys die vrygewigheid van die Macedóniese Heiliges wat hom en die arm Heiliges in Jerusalem ondersteun het (Rom. 15:26; 2 Kor. 8:1–5; 11:9).

  26. Melíte Paulus het op hierdie eiland skipbreuk gelei onderweg na Rome (Hand. 26:32; 27:1, 41–44). Hy is ongedeerd ná ’n slangbyt en genees baie siekes op Melíte (Hand. 28:1–9).

  27. Rome Paulus predik hier vir twee jaar terwyl hy onder huisarres verkeer (Hand. 28:16–31). Tydens sy slawerny in Rome skryf hy ook sendbriewe aan die Efésiërs, Filippense en Kolossense en aan Timótheüs en Filémon. Petrus skryf sy eerste sendbrief vanuit “Babilon” wat vermoedelik Rome was, kort ná Nero die Christene vervolg het in 64 n.C. Dit word algemeen aangeneem dat Petrus en Paulus hier ’n marteldood gesterf het.