Studiehulp
12. Jerusalem in Jesus se Tyd


12. Jerusalem in Jesus se Tyd

Beeld
Bybelkaart 12

N

Sleutel

Stad in die tyd van Jesus

Areas wat later ommuur is

Pad na Samaría

Beseta (Nuwe Stad)

Gólgota

Tuingraf

Bad van Betésda

Vispoort

Antonia-fort

Bad van Israel

Tuin van Getsémané

Susa-poort

Skaappoort

Salomo se Pilaargang

Tempel

Olyfberg

Brug

Skone Poort

Pad na Émmaüs en Joppe

Toringbad

Pad na Betánië en Jérigo

Bo-punt van die Tempel

Hasmoniese Paleis

Koninklike Pilaargang

Waterleiding

Herodes se Paleis

Trappe na die Tempel

Gihon-fontein

Slangbad

Bo-stad

Waterleiding

Huis van Kájafas

Hiskía se Tonnel

Hinnom-vallei

Bo-kamer

Kidron-vallei

Benede Stad

Bad van Silóam

Waterpoort

Pad na Betlehem en Hebron

Rogel-fontein

Pad na die Dooie See

Meter

0 100 200 300 400

A B C D

1 2 3 4 5 6 7 8

1

2

3

4

5

6

7

8

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

  1. Gólgota ’n Moontlike terrein vir Jesus se kruisiging (Matt. 27:33–37).

  2. Tuingraf ’n Moontlike terrein vir die graf waarin Jesus se liggaam geplaas is (Joh. 19:38–42). Die herrese Christus het aan Maria Magdaléna verskyn in die tuin buite sy graf (Joh. 20:1–17).

  3. Antonia-fort Jesus is moontlik by hierdie plek aangekla, veroordeel, bespot en gegésel (Joh. 18:28–19:16). Paulus is gevange geneem en vertel die verhaal van sy bekering (Hand. 21:31–22:21).

  4. Bad van Betésda Jesus genees ’n verlamde op die Sabbat (Joh. 5:2–9).

  5. Tempel Gabriël belowe Sagaría dat Elisabet ’n seun sou baar (Lk. 1:5–25). Die voorhangsel van die tempel skeur met die dood van die Saligmaker (Matt. 27:51).

  6. Salomo se Pilaargang Jesus verklaar dat Hy die Seun van God is. Die Jode probeer Hom stenig (Joh. 10:22–39). Petrus predik bekering nadat ’n verlamde man genees is (Hand. 3:11–26).

  7. Skone Poort Petrus en Johannes genees ’n verlamde man (Hand. 3:1–10).

  8. Bo-punt van die Tempel Jesus word deur Satan versoek (Matt. 4:5–7). (Waarskynlike ligging van hierdie gebeurtenis.)

  9. Heilige Berg (ongespesifiseerde liggings)

    1. Volgens oorlewering het Abraham ’n altaar gebou om Isak te offer (Gén. 22:9–14).

    2. Salomo het die tempel gebou (1 Kon. 6:1–10; 2 Kron. 3:1).

    3. Die Babiloniërs het die tempel in ongeveer 587 v.C. vernietig (2 Kon. 25:8–9).

    4. Serubbábel het die tempel in ongeveer 515 v.C. herbou (Esra 3:8–10; 5:2; 6:14–16).

    5. Herodes het die tempelvoorhof uitgebrei en die tempel herbou beginnende 17 v.C. Jesus is as ’n baba voorgestel (Lk. 2:22–39).

    6. Op die ouderdom van 12 het Jesus in die tempel onderrig (Lukas 2:41–50).

    7. Jesus het die tempel gereinig (Matt. 21:12–16; Joh. 2:13–17).

    8. Jesus het by verskeie geleenthede in die tempel onderrig (Matt. 21:23–23:39; Joh. 7:14–8:59).

    9. Die Romeine onder Titus het die tempel in 70 n.C. vernietig.

  10. Tuin van Getsémané Jesus het gely, is veraai en is gearresteer (Matt. 26:36–46; Lk. 22:39–54).

  11. Olyfberg

    1. Jesus het die vernietiging van Jerusalem en die tempel voorspel. Hy het ook gepraat van die Tweede Koms (Matt. 24:3–25:46; sien ook JS—M).

    2. Van hier het Jesus opgevaar na die hemel (Hand. 1:9–12).

    3. Op 24 Oktober 1841 het Ouderling Orson Hyde die Heilige Land toegewy vir die terugkeer van die kinders van Abraham.

  12. Gihon-fontein Salomo is as koning gesalf (1 Kon. 1:38–39). Hiskía het ’n tonnel laat grawe om water van die fontein na die stad te bring (2 Kron. 32:30).

  13. Waterpoort Esra het die wet van Moses vir die volk gelees en geïnterpreteer (Neh. 8:1–8).

  14. Hinnom-vallei Die vals god Molog is aanbid, wat kinderoffers ingesluit het (2 Kon. 23:10; 2 Kron. 28:3).

  15. Huis van Kájafas Jesus is na Kájafas geneem (Matt. 26:57–68). Petrus het ontken dat hy Jesus geken het (Matt. 26:69–75).

  16. Bo-kamer Die tradisionele plek waar Jesus die Pasga geëet en die nagmaal ingestel het (Matt. 26:20–30). Hy het die voete van die Apostels gewas (Joh. 13:4–17) en hulle onderrig (Joh. 13:18–17:26).

  17. Herodes se Paleis Christus is na Herodes geneem, moontlik op hierdie plek (Lk. 23:7–11).

  18. Jerusalem (ongespesifiseerde liggings)

    1. Melgisédek het as koning van Salem geheers (Gén. 14:18).

    2. Koning Dawid het die stad van die Jebusiete verower (2 Sam. 5:7; 1 Kron. 11:4–7).

    3. Die stad is deur die Babiloniërs in ongeveer 587 v.C. vernietig (2 Kon. 25:1–11).

    4. Die Heilige Gees het talle vervul op Pinksterdag (Hand. 2:1–4).

    5. Petrus en Johannes is gearresteer en voor die raad gebring (Hand. 4:1–23).

    6. Ananías en Saffira het vir die Here gelieg en gesterf (Hand. 5:1–10).

    7. Petrus en Johannes is gearresteer maar ’n engel het hulle van die gevangenis bevry (Hand. 5:17–20).

    8. Die Apostels het sewe mans gekies om hulle by te staan (Hand. 6:1–6).

    9. Stéfanus se getuienis aan die Jode is verwerp en hy is tot die dood gestenig (Hand. 6:8–7:60).

    10. Jakobus is gemartel (Hand. 12:1–2).

    11. ’n Engel het Petrus uit die gevangenis bevry (Hand. 12:5–11).

    12. Die Apostels het die probleem van die besnydenis opgelos (Hand. 15:5–29).

    13. Die Romeine onder Titus het die stad in 70 n.C. vernietig.

Druk