Studiehulp
JSV, Openbaring 2


JSV, Openbaring 2:22. Vergelyk Openbaring 2:22

Die bose word in die hel gewerp.

22 Kyk, Ek sal haar in die hel werp en hulle wat egbreuk pleeg saam met haar in groot beproewing, tensy hulle bekeer van hul dade.

JSV, Openbaring 2:26–27. Vergelyk Openbaring 2:26–27

Diegene wat die wêreld oorwin deur gehoorsaamheid aan Christus se gebooie sal koninkryke regeer in die toekomstige wêreld met geloof, billikheid en geregtigheid.

26 En aan hom wat oorwin, en my gebooie onderhou tot die einde, sal Ek mag gee oor baie koninkryke;

27 En hy sal hulle regeer met die woord van God; en hulle sal in sy hande wees soos die potte van klei in die hande van ’n pottebakker; en hy sal hulle regeer deur geloof, billikheid en geregtigheid, net soos Ek van my Vader ontvang het.