Studiehulp
JSV, Markus 9


JSV, Markus 9:3. Vergelyk Markus 9:4

Johannes die Doper is op die Berg van Transfigurasie.

3 En daar het aan hulle verskyn Elías met Moses, of met ander woorde, Johannes die Doper en Moses; en hulle het met Jesus gespreek.

JSV, Markus 9:40–48. Vergelyk Markus 9:43–48

Jesus vergelyk die afsny van ’n hand of voet met die beëindiging van verbintenisse wat ’n mens kan bedrieg.

40 Daarom, as jou hand jou aanstoot gee, sny dit af; of indien jou broer jou aanstoot gee en nie bely nie en nie versaak nie, sal hy afgesny word. Dit is beter vir jou om vermink die lewe binne te gaan, as om twee hande te hê, om na die hel te gaan.

41 Want dit is beter vir jou om die lewe binne te gaan sonder jou broer, as jy en jou broer in die hel gewerp word; in die vuur wat nooit geblus sal word nie, waar hulle wurm nie sterf nie, en die vuur nie geblus word nie.

42 En verder, indien jou voet jou aanstoot gee, sny dit af; want hy wat jou voorbeeld is waarvolgens jy wandel, indien hy ’n oortreder word, sal hy afgesny word.

43 Dit is beter vir jou om kreupel die lewe binne te gaan as om twee voete te hê om in die hel gewerp te word; in die vuur wat nooit geblus sal word nie.

44 Daarom, laat elke mens self staan of val, nie vir ’n ander; of nie op ’n ander staatmaak nie.

45 Raadpleeg my Vader en dit wat jy sal vra, sal op daardie presiese oomblik gedoen word, indien jy in geloof vra, en glo dat jy sal ontvang.

46 En indien jou oog wat vir jou sien, hy wat aangestel is om oor jou te waak om jou die lig te wys ’n oortreder word en jou aanstoot gee, pluk hom uit.

47 Dit is beter vir jou om die koninkryk van God binne te gaan met een oog, as om twee oë te hê om in die helse vuur gewerp te word.

48 Want dit is beter dat jy gered sou word as om in die hel gewerp te word met jou broer, waar hulle wurm nie sterf nie, en waar die vuur nie geblus word nie.