Studiehulp
JSV, Markus 16


JSV, Markus 16:3–6. Vergelyk Markus 16:4–7; Lukas 24:2–4

Twee engele groet die vroue by die graf van die Saligmaker.

Maar toe hulle gekyk het, het hulle gesien dat die klip weggerol was, (want dit was baie groot,) en twee engele het daarop gesit, geklee in lang wit kleding; en hulle was bevrees.

Maar die engele sê vir hulle, Wees nie bevrees nie; julle soek Jesus van Násaret, wat gekruisig is; Hy het opgestaan; Hy is nie hier nie; aanskou die plek waar hulle Hom neergelê het;

En gaan op julle weg, vertel sy dissipels en Petrus dat Hy julle vooruitgaan na Galiléa; daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.

En hulle, toe hulle die grafkelder binnegaan, het die plek gesien waar hulle Jesus neergelê het.