Studiehulp
JSV, Markus 16


JSV, Markus 16:3–6. Vergelyk Markus 16:4–7; Lukas 24:2–4

Twee engele groet die vroue by die graf van die Saligmaker.

3 Maar toe hulle gekyk het, het hulle gesien dat die klip weggerol was, (want dit was baie groot,) en twee engele het daarop gesit, geklee in lang wit kleding; en hulle was bevrees.

4 Maar die engele sê vir hulle, Wees nie bevrees nie; julle soek Jesus van Násaret, wat gekruisig is; Hy het opgestaan; Hy is nie hier nie; aanskou die plek waar hulle Hom neergelê het;

5 En gaan op julle weg, vertel sy dissipels en Petrus dat Hy julle vooruitgaan na Galiléa; daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.

6 En hulle, toe hulle die grafkelder binnegaan, het die plek gesien waar hulle Jesus neergelê het.