Studiehulp
JSV, Johannes 4


JSV, Johannes 4:1–4. Vergelyk Johannes 4:1–2

Die Fariseërs wil Jesus om die lewe bring. Hy voer sommige dope uit, maar sy dissipels voer meer uit.

Dus, toe die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels gehad en gedoop het as Johannes,

Het hulle meer ywerig gesoek na ’n wyse dat hulle hom mag doodmaak; want baie het Johannes as ’n profeet aanvaar, maar húlle het nie in Jesus geglo nie.

Nou het die Here dit geweet, alhoewel Hy nie soveel soos sy dissipels gedoop het nie;

Want Hy het hulle toegelaat vir ’n voorbeeld, hoe die een die ander moet voorgaan.

JSV, Johannes 4:26. Vergelyk Johannes 4:24

God belowe sy Gees aan die ware gelowiges.

26 Want aan diesulkes het God sy Gees belowe. En hulle wat Hom aanbid, moet in gees en in waarheid aanbid.