Studiehulp
JSV, Exodus 34


JSV, Exodus 34:1–2, 14. Vergelyk Exodus 34:1–2, 14; L&V 84:21–26

God skryf weer die wet op tafels van klip voorberei deur Moses maar neem die Melgisédekse Priesterskap en die ordinansies daarvan weg van die kinders van Israel. Hy gee aan hulle die wet van vleeslike gebooie in plek daarvan.

1 En die Here het vir Moses gesê, Kap jy twee ander kliptafels, net soos die eerstes, en Ek sal ook op hulle skrywe, die woorde van die wet, net soos hulle aan die begin op die eerste tafels geskryf was wat jy gebreek het; maar dit sal nie soos die eerstes wees nie, want Ek sal die priesterskap wegneem uit hulle midde; daarom sal my heilige orde, en die ordinansies daarvan nie voor hulle gaan nie; want my teenwoordigheid sal nie opgaan na hulle midde nie, sodat Ek hulle nie vernietig nie.

2 Maar Ek sal aan hulle die wet gee soos aan die begin, maar dit sal volgens die wet van ’n vleeslike gebod wees; want Ek het in my toorn gesweer dat hulle nie my teenwoordigheid sal binnegaan nie, in my rus, in die dae van hulle omswerwinge. Daarom, doen soos Ek jou gebied het, en wees gereed in die oggend en kom in die oggend op na berg Sinai en meld jouself aan voor My, op die top van die berg.

Jehova is een naam waaronder die Ou Testamentiese volk die Here Jesus Christus ken.

14 Want jy sal geen ander god aanbid nie; want die Here, wie se naam Jehova is, is ’n jaloerse God.