Skrifture
2 Nefi 22


Hoofstuk 22

In die millenniale dag sal alle mense die Here loof—Hy sal onder hulle woon—Vergelyk Jesaja 12. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En in dié dag sal jy sê: O Here, ek sal U loof; alhoewel U toornig was op my, is u toorn afgewend, en U vertroos my.

2 Kyk, God is my heil; ek sal avertrou, en nie bevrees wees nie; want die Here bJehova is my krag en my lied; Hy het ook my heil geword.

3 Daarom, met vreugde sal julle awater skep uit die fonteine van heil.

4 En in daardie dag sal julle sê: aLoof die Here, roep sy Naam aan, verklaar sy dade onder die volke, vermeld dat sy Naam verhewe is.

5 aSing tot die Here; want Hy het uitstekende dinge gedoen; dit is bekend op die hele aarde.

6 aJuig en jubel, julle inwoners van Sion; want groot is die Heilige Een van Israel in julle midde.