Kerkgeskiedenis
Die Tak-familie


Die Tak-familie

Op 23 Desember 1917 het George Smith, ʼn 21-jarige wat in die Kerk belang gestel het, na Johannes en Elizabeth Brummer se plaas gegaan om ʼn doopdiens by te woon. Baie van die Brummers se familielede en bure het by lede van die tak aangesluit vir hierdie spesiale gebeurtenis. Johannes, wat twee jaar vantevore by die Kerk aangesluit het, het nou sy broer Andries en sy familie in die Kerk verwelkom, en die uitgebreide familie in ʼn nuwe geloof verenig.

Alhoewel George graag by die Kerk wou aansluit, was sy omstandighede anders. Sy pa, wat gekant was teen sy belangstelling in die Kerk, het lede van die wyk en sendelinge deur die venster gekoggel toe George vertrek het na die doop toe. Gou daarna het hy selfs vir vriende in die polisie gevra om die saal waar die tak byeengekom het te monitor om George te ontmoedig om by te woon.

Om konflik tuis te vermy het George gekies om nie Kerkvergaderings by te woon nie, maar hy het geweier om sy verbintenis met die Kerk prys te gee. Oor die volgende maand het lede van die tak van Afrikaanse, Britse sowel as gemengde-ras agtergrond hulle besighede en huise vir George geopen sodat hy kon voortgaan om die sendelinge te ontmoet. Hy het van die evangelie geleer gedurende aandetes by ʼn restaurant wat deur Paul Harris, ʼn lid van die Kerk, bedryf is, of terwyl hy by ʼn motorhawe gestop het wat deur ʼn lid genaamd Judge Ward bedryf is. Hy het gou vir die sendelinge gesê dat hy nie sy doop wou uitstel vanweë sy familie se vooroordeel nie en op 31 Januarie 1918 is George gedoop in die skadu van ʼn wilgerboom by die Brummers in die handgemaakte doopvont wat met bakstene afgewerk was.

Na George se doop het sy ouers se teenkanting toegeneem. Hulle het die sendelinge met geweld gedreig. Gefrustreerd, het George vertroulik aan Paul Harris en die sendelinge vertel dat hy beplan het “om die huis te verlaat sodat hy kan aanbid soos hy goedgedink het.” Die sendelinge het egter ingestem om George se ouers en die familie se dominees te ontmoet. Gedurende die bespreking het die Here die Smiths se harte versag. Na daardie ervaring was George vry gewees om sonder inmenging Kerk by te woon en het selfs die sendelinge in sy huis onthaal. Alhoewel George se ouers nooit by die Kerk aangesluit het nie, het hy aktief gebly in die tak wat hom so vriendelik ontvang het. Hy het met ʼn mede-bekeerling, Kate Baker, getrou en hulle het twee kinders in die Kerk grootgemaak.