Kerkgeskiedenis
Die Boek van Mormon in Soweto


Die Boek van Mormon in Soweto

Piet Mafora het een dag in 1968 aflewerings in Johannesburg gedoen toe hy die eerste keer ʼn kapel van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae gesien het. Dit was ʼn welkome gesig; Piet het aan ʼn groep in Soweto behoort wie se lede aan die Boek van Mormon geglo het en dit bestudeer het, maar niemand in die groep het ooit ʼn Heilige van die Laaste Dae ontmoet nie. Die ligging het verduidelik hoekom: die Kerk was in ʼn blanke buurt maar al die lede van die studiegroep was swart, en dit was ʼn tyd toe Suid-Afrikaanse wet en kultuur interaksie tussen rasse beperk het.

Ten spyte van daardie hindernisse was ʼn lid van die groep, genaamd Moses Mahlangu, vasbeslote om kontak te maak. Die kerkgebou was leeg toe Mahlangu dit die eerste keer besoek het, maar toe hy weer kom het hy Maureen van Zyl, ʼn lid van die wyk ontmoet wat hom in kontak met die sendinghuis gebring het. Mahlangu het sommer gou die sendingpresident ontmoet en sy eie en sy groep se begeertes uitgespreek om by die Kerk aan te sluit en die gawe van die Heilige Gees te ontvang.

Sendingleiers het Mahlangu se oortuigings bewonder, maar was bekommerd oor hoe om voort te gaan. Lede van Mahlangu se groep was toegewyd, en leiers het geglo dat die Kerk vinnig in Soweto sou groei as dit eers daar gevestig is. Maar bykomend tot die hindernisse uniek tot Suid-Afrika, was daar ook ʼn beperking in die Kerk sedert die 1850s op die ordinering van swart mans tot die priesterskap. Onseker oor hoe om met die uitdagings van die beperking en druk van regeringsbeamptes om nie ras-geïntegreerde gemeentes te hê nie te hanteer, het sendingleiers vir Mahlangu gevra om te wag.

Mahlangu en ander groeplede het vir meer as ʼn dekade geduldig gewag. In 1978 het President Spencer W. Kimball aangekondig dat Heiliges tot die priesterskap geordineer kon word “sonder inagneming van ras of kleur,” maar in Suid-Afrika het hindernisse gebly. Sending- en penleiers het beraadslaag oor hoe om voort te gaan in die lig van die regering se waaksaamheid en die huiwerigheid onder sommige blanke lede, insluitend ʼn paar plaaslike leiers. “Ons het na die beginsels in die Boek van Mormon gekyk,” het penpresident Olev Taim gesê, en gemerk dat Nefiete en Lamaniete diep skeidings oorkom het om as broers en susters in die evangelie te lewe.

Beeld
Moses en Elizabeth Mahlangu

Moses en Elizabeth Mahlangu, ongeveer 1992

Teen 1980 was die lede in Suid-Afrika voorbereid om ʼn veelrassige Kerk te vestig. Dwarsoor die land was daar daardie jaar vir die eerste keer meer dope van swart en gemengde-ras bekeerlinge as van blanke bekeerlinge. In die Natal Provinsie het baie Indiër-bekeerlinge by die Kerk aangesluit. Mahlangu en lede van sy groep is in September gedoop.

Aan die begin het hulle die Johannesburg-wyk bygewoon. Hulle het 4:00 vm opgestaan om betyds by die kerk te wees. By tye het hulle rasse- of polities-onsensitiewe opmerkings in die Kerk gehoor. Ander kere het die lede se voorbeeld hulle aangemoedig, soos toe een moeder haar jong seun se onvanpaste opmerking aangemaan het deur hom dadelik te herinner: “Die Kerk is vir almal.”

In 1981 is ʼn tak in Soweto georganiseer, met blanke lede soos Maureen van Zyl wat in die township ingegaan het om saam met die Mahlangus en ander swart Heiliges by te woon. Soos hulle tyd saam deurgebring het en na mekaar geluister het, het hulle blywende vriendskappe ontwikkel, ten spyte van kulturele verskille wat hulle geskei het.