Kerkgeskiedenis
Suid-Afrika: Oorsig


ʼn Kort Geskiedenis van die Kerk in

Suid-Afrika

Beeld
Kaart van Suid-Afrika

Oorsig

In 1852 het Brigham Young drie sendelinge geroep om in die Kaap die Goeie Hoop te verkondig. Oor die volgende drie jaar het hulle ses takke in en om Kaapstad gevestig waar lede getrou gebly het ten spyte van intense plaaslike opposisie. Die meeste vroeë lede het uiteindelik geëmigreer, maar ʼn paar was nog steeds in Suid-Afrika toe sendelinge terugkeer in 1903 na ʼn lang afwesigheid. Oor die volgende drie dekades het lede Kerkprogramme gevestig in hulle takke en die evangelie gedeel in hulle gemeenskappe en in ander dele van suidelike Afrika.

In die 1850s en die vroeë 1900s was daar ʼn handjievol lede van die Kerk in Suid-Afrika wat van ʼn gemengde ras was ten spyte van die Kerk se beperking op priesterskap-ordinering van swart mans, maar nadat apartheid in 1948 begin het, het Kerk-kontak met nie-blanke Suid-Afrikaners toenemend skaars geword. In die 1960s, terwyl lede in Johannesburg die fondasie vir die land se eerste pen gelê het, het ʼn groep swartes wat in die Boek van Mormon geglo het maar nog nie gedoop is nie, op hulle eie in Soweto vergader. Rasse integrasie van gemeentes en amptelike Kerk-aktiwiteit in swart woonbuurte het eers begin ná die 1978 openbaring wat die priesterskap en tempelseëninge sonder inagneming van ras vir almal toeganklik gemaak het.

Swart, blanke, gemengde ras en Indiërlede het saam die toewyding van die Johannesburg Suid-Afrika-tempel in 1985 gevier. Lede het die unieke sterk punte van hulle diverse lewenservaring na die Kerk gebring, “en ernstig gestrewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede” (Efésiërs 4:3). In 2016, terwyl die Kerk voortgegaan het om te groei, is grond gebreek vir die land se tweede tempel.

Vinnige Feite

  • Amptelike Naam: Republiek van Suid-Afrika

  • Hoofstad: Pretoria (uitvoerend), Kaapstad (wetgewend), Bloemfontein (geregtelik)

  • Grootste Stad: Johannesburg

  • Tale: Zoeloe, Xhosa, Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Tswana, Sesotho, Tsonga, Swati, Venda, Ndebele

  • Landsoppervlak: 1,220,813 km2 (471,359 mi2)

  • Kerk Area: Suid-Oos Afrika

  • Sendings: 4 (Kaapstad, Durban, Johannesburg en deel van die Botswana Namibië Sending)

  • Gemeentes: 183

  • Tempels: 2 (Durban [onder konstruksie] en Johannesburg)