Kerkgeskiedenis
Vertalings van die Boek van Mormon


Vertalings van die Boek van Mormon

Toe sendelinge die eerste keer suidelike Afrika in die 1850s bereik het, het hulle besef dat hulle meer taalvaardighede nodig gehad het. In 1854 het Jesse Haven ʼn paar vertaalde sendeling-traktaatjies gepubliseer en die Hollandse dialek wat besig was om in te Afrikaans ontwikkel, bestudeer. Maar meer as ʼn eeu het verbygegaan voor Johannes P. Brummer met Felix Mynhardt, ʼn geleerde wat die Kerk goedgesind was, saamgewerk het om ʼn vertaling van die Afrikaanse Boek van Mormon voor te berei vir Kerk-goedkeuring, wat in 1972 gepubliseer is.

Sendingleiers het begin om ander taalgroepe te oorweeg toe ʼn Zoeloe-lid hulle in 1908 aangemoedig het om sendingwerk onder die Zoeloes te doen. Geen sendingpogings is destyds begin nie, maar in 1987 was ʼn Zoeloe vertaling van seleksies van die Boek van Mormon uiteindelik gepubliseer. Mangosuthu G. Buthelezi, ʼn Zoeloe kulturele en politieke leier, het die poging geprys. “ʼn Grootse poging met gebede het die boek se vertaling en produksie tot stand gebring,” het hy gesê. “Dit is ʼn groot geskenk vir die Zoeloes.” ʼn Volledige Zoeloe Boek van Mormon-vertaling is in 2003 gepubliseer.

Judy Bester Brummer, wat grootgeword het met Engels as huistaal maar Xhosa met haar vriende gepraat het, het gehelp om die Boek van Mormon in Xhosa te vertaal. Dit is in 2000 gepubliseer. In 2003 is die Boek van Mormon ook in Tswana gepubliseer.

As gevolg van hierdie vertalings, kan ongeveer 70 persent van Suid-Afrikaners nou die Boek van Mormon in hulle moedertaal lees.