Kerkgeskiedenis
Suid-Afrika: Kronologie


Suid-Afrika: Kronologie

1852 • Kaapstad, Kaapkolonie, Suid-AfrikaJoseph Richards het in Kaapstad gepreek terwyl hy op pad was na sy sending in Brits-Indië.

28 Augustus 1852 • Salt Lake City, UtahBrigham Young roep Ouderlinge Jesse C. Haven, Leonard I. Smith en William H. Walker om ʼn sending in Suid-Afrika te open.

23 Mei 1853 • KaapstadOngeveer een maand na hulle aankoms in Kaapstad het Haven, Smith en Walker Leeukop geklim om die land vir sendingwerk toe te wy.

26 Mei 1853 • Mowbray, KaapstadJoseph Patterson en John Dodel, die eerste bekeerlinge in Suid-Afrika, word gedoop.

5 Julie 1853 • KaapkolonieJohanna Langeveld Provis word gedoop. Sy was die eerste van ʼn paar vroeë bekeerlinge van gemengde ras asook die eerste van ʼn paar vroeë Hollandse of Afrikaans-sprekende bekeerlinge in die Kaapkolonie.

16 Augustus 1853 • MowbrayDie Mowbray-tak, die eerste tak in Afrika, is georganiseer.

3 Augustus 1854 • KaapkolonieJesse Haven, in sy rol as sendingpresident, het ʼn Hollandse vertaling van sy traktaatjie A Warning to All gepubliseer in ʼn poging om Afrikaners te bereik.

November 1854 • KaapstadHaven het die Perpetual Emigration Fund by die Kaap die Goeie Hoop georganiseer. Binne twee jaar het ongeveer 200 Suid-Afrikaanse bekeerlinge na Utah geëmigreer.

15 Desember 1855 • KaapkolonieToe die eerste groep sendinge wat in Suid-Afrika gedien het, die land verlaat het, het hulle ses funksionerende takke agtergelaat.

1857–73 • KaapkolonieBykomende groepe sendelinge het voortgegaan om in die Kaapkolonie te preek. Eli Wiggill, die laaste sendeling wat in die Kaap gedien het in die 19e eeu, het in Maart 1873 vertrek.

1903 • Kaap, Natal, Transvaal en Oranjerivier-koloniesSendelinge keer terug. Binne drie jaar het hulle in al vier die kolonies gepreek wat binnekort in die Unie van Suid-Afrika sou saamsmelt.

17 Augustus 1908 • KaapstadOp aandrang van ʼn Zoeloe bekeerling, skryf die Suid-Afrikaanse Sendingpresident Ralph Badger ʼn brief om toestemming te vra om sendingwerk onder swart Suid-Afrikaners te begin. Kerkleiers het gereageer dat swart bekeerlinge in die Kerk verwelkom moet word maar het nie aktiewe sendingpogings begin nie.

1916–17 • MowbrayDie eerste kerkgebou in Suid-Afrika is opgerig as ʼn byvoeging tot die sendinghuis, ʼn gebou wat lede “Cumorah” genoem het.

1918 • KaapstadTydens ʼn griepepidemie het sendingpresident Nicholas G. Smith en ʼn sendeling genaamd Aaron U. Merrill deur die stad gegaan en lede geseën en hulle gedien.

22 Desember 1921 • Suid-AfrikaDie Verligtingsvereniging is in Suid-Afrika bekendgestel onder leiding van Annie M. Funk Sessions.

19 Julie 1930–7 November 1932 • Suid-Afrika en RhodesiëWilliam en Janetta Brummer van Johannesburg het as die eerste sending-egpaar uit Suid-Afrika gedien.

Beeld
William Daniels

14 Desember 1931 • Kaapstad

Sendingpresident Don Mack Dalton het William Daniels, wat nie tot die priesterskap geordineer was nie, afgesonder om oor ʼn klein takkie swart lede wat in Daniels se huis ontmoet het, te presideer. Clara Daniels is afgesonder as president van die Verligtingsvereniging.

11 Augustus 1932 • KaapstadJohanna Fourie, toe ongedoop maar geïnteresseerd in die Kerk, het ʼn roeping aanvaar om die eerste Primêre Organisasie te organiseer. Fourie is bykans twee jaar later gedoop en is afgesonder om oor Primêre Organisasies dwarsoor die sending te presideer.

1940–46 • Suid-AfrikaSendingpresident Richard E. Folland het alle sendinge onthef as gevolg van oorlogstoestande in Europa en elders. In hulle afwesigheid het Suid-Afrikaanse Heiliges ʼn groter rol gespeel in die bestuur van die Kerk en sendingwerk. Gedurende die oorlogsjare het vasofferandes en tiende bydraes meer as verdubbel.

26 Mei 1948 • Suid-AfrikaDie Nasionale Party, wat die verkiesing op grond van die beginsel van apartheid beveg het, het die algemene parlementêre verkiesing gewen. Vier en ʼn half dekades van rasseskeiding en beperkte regte vir nie-blanke Suid-Afrikaners het gevolg.

1948–54 • Suid-AfrikaDie Kerk het vereis dat alle manlike lede moes sertifiseer dat hulle voorouers heeltemal van buite Afrika was voor hulle tot die priesterskap geordineer is. President David O. McKay het hierdie vereiste opgehef toe hy Suid-Afrika in 1954 besoek het.

Januarie 1954 • Suid-AfrikaDavid O. McKay het Suid-Afrika besoek—die eerste besoek deur ʼn Algemene Gesagsdraer in die land.

7 Februarie 1966 • Suid-Afrika Die eerste jong sendelinge uit Suid-Afrika—Alexander Comrie van Pretoria, Gerald de Wet van Johannesburg, en Brian Miller van Durban—vertrek op hulle sendings.

1968 • SowetoMoses Mahlangu, die leier van ʼn klein groepie wat die Boek van Mormon in die vroeë 1960s gevind en aanvaar het, bewerkstellig kontak met Kerklede en sendingleiers in Johannesburg.

22 Maart 1970 • Johannesburg, Suid-AfrikaDie Transvaal-pen, die eerste pen in Suid-Afrika, is georganiseer met Louis P. Hefer as president.

1972 • Suid-AfrikaDie Boek van Mormon is in Afrikaans gepubliseer.

2 Desember 1973 • Suid-AfrikaDie Republiek van Suid-Afrika is her-toegewy vir die verkondiging van die evangelie. President Spencer W. Kimball van die Kworum van die Twaalf Apostels het die toewydingsgebed gelewer.

8 Junie 1978 • Salt Lake CityDie Eerste Presidensie het aangekondig dat alle waardige mans “geordineer kon word tot die priesterskap sonder inagneming van ras of kleur” (Amptelike Verklaring 2).

26 Oktober 1980 • Chatsworth, Natal ProvinsieDie eerste meerderheid Indiër-tak in Suid-Afrika is in Chatsworth georganiseer.

21 Februarie 1981 • KwaMashu, Suid-AfrikaDie eerste meerderheid swart tak in Suid-Afrika is in KwaMashu georganiseer.

1 April 1981 • Salt Lake CityPresident Spencer W. Kimball kondig planne aan vir ʼn tempel in Johannesburg.

24 Augustus 1985 • JohannesburgPresident Gordon B. Hinckley van die Eerste Presidensie het die Johannesburg Suid-Afrika-tempel toegewy. Tydens die toewyding het hy gebid dat “die regeringsamptenare geïnspireer sou word om ʼn basis vir versoening onder diegene wat nou in konflik verkeer, te vind.”

1987 • Suid-AfrikaDie Kerk publiseer seleksies uit die Boek van Mormon in Zoeloe. ʼn Volledige vertaling is in 2003 gepubliseer.

April 1994 • Suid-AfrikaAlgemene verkiesings wat alle burgers van alle rasse toelaat om te stem, is gehou. Nelson Mandela is verkies as die Republiek van Suid-Afrika se eerste swart president.

2000 • Suid-AfrikaDie Boek van Mormon is in Xhosa gepubliseer.

Beeld
Christoffel Golden portret

31 Maart 2001 • Salt Lake City

Christoffel Golden van Johannesburg word as ʼn Algemene Gesagsdraer Sewentig onderskraag.

2003 • Suid-AfrikaDie Boek van Mormon is in Tswana gepubliseer.

2009 • Suid-AfrikaKerklidmaatskap in Suid-Afrika bereik 50,000.

3 April 2010 • Salt Lake CityT. Jackson Mkhabela van Soweto word as ʼn Area Sewentig onderskraag.

1 Oktober 2011 • Salt Lake CityThomas S. Monson, President van die Kerk, kondig planne vir ʼn tempel in Durban aan.

27 Januarie 2012 • Suid-AfrikaOuderling Jeffrey R. Holland reik ʼn brief uit aan Kerkleiers en lede dwarsoor Afrika, wat aankondig dat die Kerk tradisionele monogame huwelike sou erken, wat mense in tradisionele huwelike toelaat om ordinansies te ontvang.

Februarie 2014 • Salt Lake City en SowetoDorah Mkhabela van Soweto is geroep tot die Kerk se nege-lid Jongdames Algemene Raad—in dieselfde maand wat haar dogter by die Jongdames organisasie aansluit.