Skrifture
Ether 2


Hoofstuk 2

Die Jerediete berei voor vir hulle reis na ’n beloofde land—Dit is ’n uitverkore land waarop die mens Christus moet dien of weggevee word—Die Here spreek met die broer van Jered vir drie ure—Die Jerediete bou bote—Die Here vra vir die broer van Jered om voor te stel hoe die bote verlig sal word.

1 En dit het gebeur dat Jered en sy broer, en hulle gesinne, en ook die vriende van Jered en sy broer en hulle gesinne, afgegaan het in die vallei wat noordwaarts was, (en die naam van die vallei was aNimrod, omdat dit genoem is na die magtige jagter) met hul kuddes wat hulle bymekaargemaak het, mannetjie en wyfie, van elke soort.

2 En hulle het ook valstrikke gestel en voëls van die lug gevang; en hulle het ook ’n houer berei, waarin hulle saam met hulle die visse van die waters gedra het.

3 En hulle het ook saamgedra met hulle, deseret, wat, as dit vertaal word, ’n heuningby is; en so het hulle met hulle saamgedra swerms bye, en allerlei soorte van dít wat op die aangesig van die land was, sade van elke soort.

4 En dit het gebeur dat toe hulle afgekom het in die vallei van Nimrod, het die Here neergedaal en met die broer van Jered gespreek; en Hy was in ’n awolk, en die broer van Jered het Hom nie gesien nie.

5 En dit het gebeur dat die Here hulle gebied het dat hulle moes uitgaan in die wildernis, ja, na daardie gebied waar ’n mens nog nooit was nie. En dit het gebeur dat die Here voor hulle uitgegaan het en met hulle gespreek het terwyl Hy gestaan het in ’n awolk, en aanwysings gegee het waarheen hulle moes reis.

6 En dit het gebeur dat hulle gereis het in die wildernis, en bote gebou het, waarin hulle baie waters oorgesteek het, en hulle was gedurig gelei deur die hand van die Here.

7 En die Here wou nie toelaat dat hulle moes stop anderkant die see in die wildernis nie; maar Hy wou hê dat hulle verder moes gaan na die aland van belofte, wat uitverkore was bo alle ander lande, wat die Here God bewaar het vir ’n regverdige volk.

8 En Hy het gesweer in sy toorn vir die broer van Jered, dat wie ook al hierdie land van belofte sou besit, van daardie tyd af en vir ewig, Hom moes adien, die ware en enigste God, of hulle sou bweggevee word wanneer die volheid van sy toorn oor hulle sou kom.

9 En nou, ons kan die bevele van God sien aangaande hierdie land, dat dit ’n land van belofte is; en watter nasie ook al dit sal besit, God sal dien, of hulle sal weggevee word wanneer die volheid van sy toorn oor hulle sal kom. En die volheid van sy toorn kom oor hulle wanneer hulle ryp is in ongeregtigheid.

10 Want kyk, dit is ’n land wat uitverkore is bo alle ander lande; daarom, hy wat dit besit, sal God dien, of sal weggevee word; want dit is die ewigdurende bevel van God. En dit is nie tot die avolheid van ongeregtigheid onder die kinders van die land, dat hulle bweggevee word nie.

11 En dit kom na julle, o julle anie-Jode, sodat julle die bevele van God mag ken—sodat julle mag bekeer en nie voortgaan in julle ongeregtighede totdat die volheid kom nie, sodat julle nie oor julle die volheid van die toorn van God mag afbring soos die inwoners van die land tot dusver gedoen het nie.

12 Kyk, hierdie is ’n uitverkore land, en watter nasie dit ook al besit, sal avry wees van gebondenheid en van slawerny, en van alle ander nasies onder die hemel, as hulle maar net die God van die land sal bdien wat Jesus Christus is, wat geopenbaar is deur die dinge wat ons geskryf het.

13 En nou gaan ek voort met my kroniek; want kyk, dit het gebeur dat die Here vir Jered en sy broers uitgebring het tot by daardie groot see wat die lande skei. En toe hulle by die see gekom het, het hulle hul tente opgeslaan; en het die naam van die plek Moriancumer genoem; en hulle het in tente gewoon, en het in tente gewoon op die strand vir ’n tydperk van vier jaar.

14 En dit het gebeur aan die einde van vier jaar dat die Here weer gekom het na die broer van Jered, en in ’n wolk gestaan het en met hom gespreek het. En vir ’n tydperk van drie ure het die Here met die broer van Jered gespreek en hom agekasty omdat hy nie onthou het om die Naam van die Here baan te roep nie.

15 En die broer van Jered het bekeer van die boosheid wat hy gedoen het, en het die Naam van die Here aangeroep namens sy broers wat by hom was. En die Here het aan hom gesê: Ek sal jou en jou broers vergewe van hulle sondes; maar jy sal nie meer sondig nie, want julle sal onthou dat my aGees nie altyd met die mens sal bwerk nie; daarom, as julle sal sondig totdat julle heeltemal ryp is, sal julle afgesny word van die teenwoordigheid van die Here. En dit is my gedagtes oor die land wat Ek julle as julle erfenis sal gee; want dit sal ’n cuitverkore land wees bo alle ander lande.

16 En die Here het gesê: Gaan te werk en bou, volgens die wyse van bote, wat julle tot hiertoe gebou het. En dit het gebeur dat die broer van Jered begin het om te werk, en ook sy broers, en het bote gebou volgens die wyse wat hulle gebou het, volgens die aaanwysings van die Here. En hulle was klein, en hulle was lig op die water, net soos die ligtheid van ’n voël op die water.

17 En hulle is gebou op so ’n wyse dat hulle uitermate adig was, sodat hulle water kon hou soos ’n skottel; en die bodem daarvan was dig soos ’n skottel; en die kante daarvan was dig soos ’n skottel; en die kante daarvan was gepunt; en die bokant daarvan was dig soos ’n skottel; en die lengte daarvan was die lengte van ’n boom; en die deur daarvan, wanneer dit toegemaak was, was dig soos ’n skottel.

18 En dit het gebeur dat die broer van Jered tot die Here geroep het, en gesê het: O Here, ek het die werk afgehandel wat U my gebied het, en ek het die bote gemaak soos U my gewys het.

19 En kyk, o Here, in hulle is daar geen lig nie; waarheen sal ons stuur? En ons sal ook omkom, want in hulle kan ons nie asemhaal nie, behalwe vir die lug wat in hulle is; daarom sal ons omkom.

20 En die Here het aan die broer van Jered gesê: Kyk, jy sal ’n gat bo-in maak, en ook in die bodem; en wanneer jy lug sal kortkom, sal jy die gat oopmaak en lug ontvang. En as dit so is dat die water inkom op jou, kyk, jy sal die opening toemaak, sodat jy nie omkom in die vloed nie.

21 En dit het gebeur dat die broer van Jered so gedoen het, volgens wat die Here hom gebied het.

22 En hy het weer tot die Here geroep, en gesê: O Here, kyk, ek het gedoen net soos U my gebied het; en ek het die vaartuie voorberei vir my volk, en kyk, daar is geen lig in hulle nie. Kyk, o Here, sal U toelaat dat ons hierdie groot water sal oorsteek in die donker?

23 En die Here het aan die broer van Jered gesê: Wat wil julle hê moet Ek doen dat julle lig mag hê in julle vaartuie? Want kyk, julle kan nie vensters hê nie, want hulle sal in stukke geslaan word; nóg sal julle vuur saam met julle neem, want julle sal nie reis met die lig van vuur nie.

24 Want kyk, julle sal wees soos ’n walvis in die middel van die see; want die bergagtige golwe sal teen julle slaan. Nogtans, Ek sal julle weer bring uit die dieptes van die see; want die awinde het uitgegaan uit my mond, en ook die breëns en die vloede het Ek gestuur.

25 En kyk, Ek berei julle voor teen hierdie dinge; want julle kan nie hierdie groot diepte oorsteek tensy Ek julle voorberei teen die golwe van die see, en die winde wat uitgegaan het, en die vloede wat sal kom nie. Daarom, wat wil julle hê dat Ek vir julle moet berei sodat julle lig mag hê wanneer julle verswelg word in die dieptes van die see?