Skrifture
Idees om Jou Persoonlike Skriftuurstudie te Verbeter


“Idees om Jou Persoonlike Skriftuurstudie te Verbeter,” Skriftuurstudie Idees (2021)

“Idees om Jou Persoonlike Skriftuurstudie te Verbeter,” Skriftuurstudie Idees

Beeld
vrou wat die skrifture bestudeer

Idees om Jou Persoonlike Skriftuurstudie te Verbeter

Hier is ʼn paar eenvoudige maniere om jou studie van die woord van God in die skrifture te verbeter.

Bid vir Inspirasie

Die skrifture bevat die woord van God. Terwyl jy dit bestudeer, vra jou Hemelse Vader vir sy leiding en ontvang sy Gees om jou te help om dit te verstaan.

Soek vir Waarhede oor Jesus Christus

Die skrifture leer ons dat alle dinge van Christus getuig (sien 2 Nefi 11:4; Moses 6:63), soek dus vir Hom in die gebeure, verhale en leringe van die skrifture. Oorweeg dit om verse te noteer of te merk wat ons leer oor die Saligmaker en hoe om Hom te volg.

Soek vir Inspirerende Woorde en Frases

Jy mag vind dat sekere woorde en frases in die skrifture jou beïndruk, asof dit spesifiek vir jou geskryf is. Dit kan persoonlik relevant voel en jou inspireer en motiveer. Oorweeg om dit in jou skrifture te merk of daaroor in ʼn studiejoernaal te skryf.

Soek vir Evangeliese Waarhede

Evangeliese waarhede (dikwels leerstellings of beginsels genoem) word soms direk verklaar en soms word dit deur ʼn voorbeeld of verhaal geïmpliseer. Vra jouself: “Watter evangeliese waarhede word in hierdie verse geleer?”

Luister na die Gees

Slaan ag op jou gedagtes en gevoelens, selfs al blyk dit nie verband te hou met wat jy lees nie. Daardie indrukke mag dalk die spesifieke dinge wees wat jou Hemelse Vader wil hê jy moet leer en voel.

Beeld
vrou wat die skrifture bestudeer 2

Pas die Skrifture Toe in Jou Lewe

Dink aan hoe die verhale en leringe wat jy lees op jou lewe van toepassing is. Jy kan jouself byvoorbeeld vra: “Watter ervarings het ek gehad wat soortgelyk is aan wat ek lees?” of “Hoe kan ek die voorbeeld van die persoon in die skrifture volg?”

Vra Vrae

Om vrae te vra oor die evangelie kan jou help om te besluit wat om te bestudeer. Vrae mag ook in jou gedagtes opkom terwyl jy die skrifture bestudeer. Hierdie vrae het moontlik betrekking op wat jy lees of op jou lewe oor die algemeen. Dink na oor hierdie vrae en soek vir antwoorde soos jy voortgaan om die skrifture te bestudeer. Vra ná jou studie, wat wil God hê dat jy meer moet leer en kyk vir antwoorde gedurende die komende ure en dae.

Gebruik Skriftuurstudie Hulpmiddels

Om bykomende insig te verkry in die verse wat jy lees, gebruik die voetnote, die Topical Guide, die Bible Dictionary, die Gids tot die Skrifture (scriptures.ChurchofJesusChrist.org), en ander studiehulp.

Neem die Konteks van die Skrifture In Ag

Jy kan betekenisvolle insigte oor ʼn skriftuur kry as jy die konteks daarvan in ag neem—die omstandighede of die agtergrond van die skriftuur. As jy byvoorbeeld die agtergrond en oortuigings ken van die mense met wie ʼn profeet gepraat het, kan dit jou help om die bedoeling van sy boodskappe te verstaan.

Beeld
man wat die skrifture bestudeer

Skryf Jou Gedagtes en Gevoelens Neer

Daar is baie maniere om die indrukke van jou studies aan te teken. Jy kan byvoorbeeld ʼn betekenisvolle woord of frase merk en jou gedagtes as ʼn nota in jou skrifture neerskryf. Jy kan ook ʼn joernaal hou van die insigte, gevoelens en indrukke wat jy ontvang. Of jy kan die vraag wat jy gevra het voor jy met jou studie begin het neerskryf, gevolg deur die antwoorde waartoe jy gelei is.

Bestudeer die Woorde van Laaste-dae Profete en Apostels

Lees wat profete en apostels van die laaste dae geleer het oor die beginsels wat jy in die skrifture vind. Hulle boodskappe is beskikbaar in die “General Conference,” “Tydskrifte,” en ander versamelings in die Evangeliese Biblioteek.

Lees die Verhale

Lees die verhale in die skrifture om die konteks daarvan te verstaan (tyd, plek, spreker en gehoor). Die geïllustreerde skriftuurverhale is ʼn uitstekende bron hiervan, veral vir kinders en lede wat minder vertroud is met die skrifture.

Deel Insigte

Om insigte van jou persoonlike studie te bespreek, is ʼn goeie manier om ander te onderrig en help om jou begrip van wat jy gelees het, te versterk.

Leef Volgens Wat Jy Leer

Skriftuurstudie kan ons inspireer en ons lei om ons leefwyse te verander. Luister na wat die Gees jou aanspoor om te doen terwyl jy lees en verbind jou dan tot daardie ingewings.